Boishaaier 2025

The Boys' High School Annual 2025

2025 Boishaaier

2025

HOËR JONGENSKOOL PAARL SE MISSIE As ’n sentrum van uitnemendheid is dit ons missie om ’n klimaat te skep waarin elke seun sy volle potensiaal op akademiese, kulturele en sportgebied kan verwesenlik. Daarbenewens wil ons getrou bly aan ons drie tradisies van goeie gedrag, goeie leerlingskap en goeie sportmanskap.

PAARL BOYS’ HIGH’S MISSION As a centre of excellence it is our mission to create an environment in which every boy can reach his full potential in the academic, cultural and sporting sphere. We also want to remain loyal to our three traditions of good conduct, good scholarship and good sportsmanship.

Tandem Fit Arbor Surculus

BOISHAAI 157 YEARS 1

Contents / Inhoud

2 0 2 5

I n h o u d

Headmaster’s Message _____________________________4 Tribute to Willem Erwee ____________________________6 Totsiens Johann Obermeyer ________________________7 Totsiens Nolene de Jongh _ _________________________8 Totsiens Elmarie Götze _____________________________9 Staff / Personeel _________________________________ 10 Beheerliggaam ___________________________________ 11 Bois Shoppe _____________________________________ 13 Uittreeboodskap – Hoofseun 2025 _ ______________ 16 Intreeboodskap – Hoofseun 2026 _________________ 20 Skoolprefekte _ __________________________________ 21 RCL / VRL _______________________________________ 21 Gym Prefects ____________________________________ 21 Hostel Prefects __________________________________ 22 Grade 1-12 ______________________________________ 30 Matrieks & Personeel ____________________________ 31 Matric Class Photos ______________________________ 35 Class Photos _ ___________________________________ 44 3e, 4e, 5e Geslag ________________________________ 58 Klankspan _______________________________________ 58 Prize-Giving _____________________________________ 63 Kultuurverslag_ __________________________________ 68 CSV _____________________________________________ 69 Debat & Redenaars ______________________________ 70 English Debating _________________________________ 71 English Olympiad ________________________________ 71 The Blueprint ____________________________________ 72 Wiskundeolimpiade ______________________________ 73 Programming Olympiad___________________________ 73 Paarl-Vallei Eisteddfod ___________________________ 74 Drama and Film Society __________________________ 76 Cantare _________________________________________ 82

Drumline ________________________________________ 83 Musiekleerders __________________________________ 83 Suonare _________________________________________ 85 Style Event ______________________________________ 86 Kreatiewe Skryfstukke ___________________________ 88 Creative Writing _________________________________ 94 Esports Club ____________________________________ 100 IT Expo _ _______________________________________ 101 Robotics________________________________________ 101 Skaak __________________________________________ 102 Geeskomitee ___________________________________ 107 First Aid ________________________________________ 108 PBHS Sports Awards ____________________________ 108 Swimming ______________________________________ 110 Water Polo _____________________________________ 114 Gholf _ _________________________________________ 119 Krieket _________________________________________ 122 Atletiek ________________________________________ 128 Tennis __________________________________________ 140 Muurbal ________________________________________ 144 Landloop _______________________________________ 146 Hockey _________________________________________ 147 Rugby __________________________________________ 152 Winter Interskole ________________________________ 162 Outside Sports__________________________________ 172 Founders’ Day___________________________________ 178 Gemeenskap____________________________________ 180 Bemarking_ _____________________________________ 181 OSU____________________________________________ 183

EDITORIAL TEAM

Buiteblad foto’s: EJ Langner Photographers: Digital Image Warehouse, EJ Langner, Natali Varney-Schutte and various contributors Grafiese ontwerp en versorging: Avant Garde SA (021) 863 3165 Drukkers: Tandym Print

Natali Varney-Schutte EDITOR

Kayleigh Droomer EDITORIAL SUPPORT

Madré Mostert EDITORIAL SUPPORT

Elette de Wet EDITORIAL SUPPORT

Minette Visagie PROOFING

2 BOISHAAI 157 YEARS

School Song

Die HJS-skoollied word in 1913 deur A de V Esterhuyzen gekomponeer met slegs Engelse lirieke. In die 1941-jaarblad verskyn die Afrikaanse vertaling deur matriekleerling Mauritz Uys wat vandag nog onveranderd gesing word.

BOISHAAI 157 YEARS 3

Headmaster’s Message

message Headmaster’s

2025

What an incredible honour and privilege it has been for me to serve as the Acting Principal of Paarl Boys’ High School in 2025. At the beginning of the year, I knew there were only two choices: merely keep the ship afloat, or steer the Boys’ High ship forward – even if it meant in a slightly new direction. I deliberately chose the latter, for in my 29 years at Paarl Boys’ High, mediocrity has never been an option. As

exhibitions and sporting events that reflected the spirit of excellence he inspired. Central to the occasion was the timeless value of gentlemanship, which Mr Engela instilled to remind every boy that true success is measured not only by achievement, but by character, respect and integrity. Akademie bly die hoogste prioriteit by ons skool, en ek is trots om te sê dat die Akademiese Verbeteringsplan, wat reeds in Januarie geïmplementeer is, vrugte begin afwerp het. ’n Visuele hoogtepunt van die jaar was beslis die pragtige banier op die Faurestraat-pawiljoen, waar die “Lion Mode”-gees vir almal duidelik sigbaar geword het. Ons seuns het weer eens op al drie terreine – akademie, kultuur en sport – uitgestaan. Die blad wat u in die hand hou getuig van hul harde werk, toewyding en trots. Boishaai Bied Balans! A special word of thanks must go to our head boy, Brent Goosen, the prefects and the matric class of 2025. Through their example, leadership and pride in the blue, white and blue, they have

former headmaster Mr Knoetze often reminded us with the Latin phrase Primus inter pares – we must always strive to be first among equals. The theme of the year, “Boys’ High in Lion Mode”, has guided and inspired us throughout. It is a concept that emphasises the importance of being process-driven; to value not only the end result but also the pride, discipline and character found in every step of the journey. To make this a reality, our staff, boys, parents and the wider Boys’ High community had to learn to trust and embrace the processes we put in place.

The school proudly celebrated a Golden Anniversary, marking 50 years of the three

traditions (good conduct, good scholarship and good sportsmanship) established in 1975 by the legendary headmaster, Mr Tom Engela. The celebrations honoured these enduring values with assemblies,

4 BOISHAAI 157 YEARS

Voorwoord van die Skoolhoof

Nollies de Vries

I also want to express my deepest gratitude to my incredible staff, who have held my hands high, supported one another, and always placed the school first. Your loyalty, professionalism and genuine love for our boys form the very foundation on which this school’s success is built. Vir my persoonlik was een van die grootste doelwitte van 2025 om die skool se verhoudings met ons ouers, die Beheerliggaam, die Oudstudente-unie, HJS-stigting, Hoër Meisieskool Paarl en Primêre Seunskool verder te versterk. Ek is dankbaar om te kan sê dat hierdie verhoudings tans kerngesond is en dat die HJS-gemeenskap doelgerig saamwerk om ons geliefde skool na nuwe hoogtes te neem. Shakespeare once said: “The lion’s courage shines in the heart of those who dare.” May that courage live in every Boys’ High boy – the courage to lead, to serve and to live with conviction. Ten slotte erken ek met nederigheid dat al hierdie sukses slegs moontlik is deur die genade van ons Skepper. Ons oë bly altyd gerig op Hom wat ons krag gee. Per aspera ad astra – through hardship to the stars. May Boys’ High always remain in Lion Mode.

left an indelible mark on this year and on Boishaai’s proud history. They did not merely understand the spirit of “Lion Mode” – they lived it. The standard they have set will remain a benchmark for future leaders to aspire to. I also want to express my deepest gratitude to my incredible staff, who have held my hands high, supported one another, and always placed the school first. Your loyalty, professionalism and genuine love for our boys form the very foundation on which this school’s success is built. Vir my persoonlik was een van die grootste doelwitte van 2025 om die skool se verhoudings met ons ouers, die Beheerliggaam, die Oudstudente-unie, HJS stigting, Hoër Meisieskool Paarl en Primêre Seunskool verder te versterk. Ek is dankbaar om te kan sê dat hierdie verhoudings tans kerngesond is en dat die HJS-gemeenskap doelgerig saamwerk om ons geliefde skool na nuwe hoogtes te neem.

Nollies de Vries

BOISHAAI 157 YEARS 5

Tribute to Willem Erwee

Willem E r w e e

Marissa von Mollendorf

By die 1982-prysuitdeling lewer skoolhoof, mnr Tom Engela, soos gebruiklik sy jaarverslag. In die saal luister die matriekklas aandagtig. Onder hulle, ene Willem Erwee. Mnr Engela droom oor klasreünies in die een-en-twintigste eeu, en hoe die manne van regoor die land weer bymekaar sal kom om oor die jaar se prestasies te gesels. En, sê hy, meer nog as die prestasies: dat hulle sal gesels oor die “menswees van die Klas van ’82 … die beskaafdheid, die verfyndheid, die manlikheid, die lojaliteit, die voorbeeld en bowenal die manmoedige veggees van hierdie matriekklas”. Willem was die absolute beliggaming van daardie woorde. As leerder, oudstudent, onderwyser en uiteindelik as hoof van bemarking het hy nooit sy metaforiese blou baadjie uitgetrek nie. Hy was ’n toonbeeld van nederigheid, toewyding en stille krag, en sy onwrikbare waardes en opregte belangstelling in elke mens met wie hy paaie gekruis het is maar net ’n klein deel van die onuitwisbare nalatenskap wat hy agterlaat. Ons sal vir Willem onthou vir sy sagmoedigheid, sy humor, sy wyse raad, en vir die stille sekerheid waarmee hy die lewe aangepak het. Vir elke keer

as hy homself voorgestel het as deel van die “mees suksesvolle klas van 1982”, en vir sy onwrikbare geloof in en ondersteuning aan sy huis – Berlyn (ironies genoeg het Berlyn in 1982 die huisbeker gewen … en weer vanjaar, in 2025). Maar bowenal sal ons onthou hoe hy, in PJ du Pré le Roux se beroemde woorde, “die HJS ’n beter plek gemaak het, deurdat hy daaraan behoort het”. Die volgende herinneringe van Rossouw, sy seun, voltooi die prentjie en bevestig bogenoemde indrukke: Uit die talle mooi getuienisse wat ek bly ontvang oor my pa is daar een getuienis wat gemeenskaplik is. My pa het die vermoë gehad om die waarde in enigiemand te sien en na vore te roep, ongeag sogenaamde status. ’n Woord van motivering was nooit vir hom moeilik om oor te dra nie. Hy kon maklik lewe spreek en iemand herinner dat hulle belangrik is en baie beteken. Ek kan altyd met hierdie getuienis vereenselwig omdat my pa ook gereeld oor my, as sy enigste seun, lewe gespreek het en my herinner het dat ek waardevol is. Mag ons elkeen by hom iets leer in dié verband.

6 BOISHAAI 157 YEARS

Totsiens Johann Obermeyer

Johann Obermeyer

Minette Visagie & Daniel Warren

Mnr Johann Obermeyer se verbintenis met Hoër Jongenskool Paarl het in die derde kwartaal van 2014 begin. Die skool was in ’n moeilike posisie om daardie tyd van die jaar sonder ’n Geskiedenisonderwyser te sit. Hulle het die universiteit genader en is sodoende verwys na mnr Obermeyer wat uiteindelik tot nou toe “uitgehelp” het.

that I disliked the most. Those who are perceptive will realise that this probably wasn’t the best thing to say to the head of the History department. Once he had told me this fact, I instantly changed my tune and told him that I mispronounced the word Geography, and that he had merely misheard me. This was the start of my relationship with Mr Obermeyer. Mr Obermeyer has an incredibly unique teaching style. His approach was always to treat his students

Mnr Obermeyer het beide sy laer- en hoërskoolloopbaan net soos sy familie aan sy pa se kant by De Kuilen in Kuilsrivier voltooi. Sy vrou, Yolandi, was ook saam met hom in matriek. Sy oorspronklike plan was om Sielkunde te studeer, maar Geskiedenis, wat eintlik vir hom bloot ’n stopvak was, prikkel hom toe meer om in ’n akademiese rigting te gaan en uiteindelik aan ’n universiteit te doseer. Die ervaring van skoolgee was vir hom ‘n stappie in daardie rigting. Ironies genoeg beslaan die grootste deel van die modules wat hy by Akademia gaan aanbied Sielkunde: professionele onderwys, Sosiopedagogie, en Opvoedkunde met ‘n klein mate van Geskiedenis en Geografie. Die sirkel word dus inderwaarheid voltooi. Mnr Obermeyer het ook vroeër die geleentheid gehad om vir ’n jaar lank in Gwangju in Suid-Korea skool te gee. Sy leerders praat met groot waardering van hom. Hulle verwys na sy unieke onderrigstyl en die feit dat hy hulle binne perke soos volwassenes benader het en hulle professioneel dog vriendelik hanteer het. Hulle het ook sy opregte belangstelling in hulle ervaar tydens die buitemuurse aktiwiteite waarby hy betrokke was, veral English Debating. Sy aanmoediging, inspanning en ondersteuning was opreg en daarom oortuigend. Hulle onthou hom vir die ernstige gesprekke, maar ook vir die vele ligter oomblikke in en buite sy klas. My journey at Paarl Boys’ started by meeting the legend himself, Mr Obermeyer. He was the man responsible for interviewing me and would thus play a large part in determining whether I made the cut. One of the first questions asked to me was, “So, Daniel, what is your least favourite subject at the moment?” My immediate reply was something along the lines of, “I like most of my subjects, except History.” I then went on a short ramble about how History was unequivocally the subject

as adults (unless we decided that we weren’t worthy of that treatment). This taught me that there was a possibility of having a professional yet friendly relationship with teachers. To tell you the truth, Mr Obermeyer taught me that, well, teachers are people, too. I have had the privilege of taking up Mr Obermeyer’s time after school hours too as he was the manager for English Debating. From day one, he showed his passion for the sport and has never failed to cheer the boys on. Even after I had become the debating coach, Mr Obermeyer ensured that I was comfortable within the position and that the boys were receiving the best experience possible. I would always look forward to the debating camps on the field, and after having had the pleasure of tasting Mr Obermeyer’s potjie in 2020, I knew that I had to stick with the sport for the rest of my high school career. With Mr Obermeyer, one could always expect the perfect balance between deep-topic conversation, laughs and unforgettable teaching moments. It is for this fact that he will go down as one of the greatest teachers of all time. The legacy of Mr J Obermeyer will be one that sticks around for many years to come. I was not the only lucky soul to spend time with this incredible man though; the qualities pointed out here, as well as countless stories, will be shared and cherished amongst the crowd of students and Old Boys who had the pleasure of interacting with the legend himself. You are leaving behind an incredible legacy, Sir, I am proud to have called you my teacher. And though we will miss you deeply, I can’t help but feel excited (and maybe slightly jealous) for the students who will have the privilege of learning from you next year. Best of luck on your journey.

BOISHAAI 157 YEARS 7

Farewell Nolene de Jongh

Nolene de Jongh

Wena Louw en Ian Uys

laat ander goed voel oor hulleself, en maak elke oomblik ligter net deur daar te wees. Vir haar 10 jaar lange kollega Ian Uys was Nolene nooit net ’n kollega nie – sy was ’n verbindingspunt, ’n ondersteuner en een wat belê in mense en moeite doen met vriendskappe. Sy staan mense by en ondersteun hulle. Ian beskryf haar met ’n paar Biologie vergelykings:

Nolene (geb. 1964 op Riversdal) matrikuleer in 1981 aan die Hoërskool Heidelberg en verkry haar BSc graad (1984, hoofvakke Botanie en Soölogie), haar HOD (1985), haar BSc Hons (Plantfisiologie, 1986) asook haar MPhil (Omgewingsbestuur, 2006) aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen 1987 en 1990 hou sy skool by die Rundu Senior Sekondêre Skool

in die ou Suidwes-Afrika, by Kaffra rian Girls’ High School en Kaffrarian Museum in King William’s Town en los af by Hoërskool Mil nerton en Hoërskool Brackenfell. Daarna gee sy Lewenswetenskappe en Natuurwetenskappe by Hoërskool Labori, Paarl (1991–2004) en by Hoër Jongenskool Paarl (2008–2025). As Lewenswetenskappe-onderwyseres was sy meer as iemand wat lesse aanbied – sy het lewens aangeraak. Sy het vir die seuns gewys dat leer nie net oor boeke gaan nie maar om die wêreld ondersoekend en met verwondering te bekyk. Sy het hul geleer om vrae te vra, om te dink en om te waardeer. Sy het dit alles gedoen met soveel warmte, humor en menslikheid dat geen leerder sal vergeet hoe besonders sy is nie. Nolene was ook ’n bekende gesig by swemgalas en atletiekbyeenkomste, waar sy met groot geesdrif tydhouer was. Ons onthou Nolene egter nie net as ’n onderwyseres nie. Ons onthou die lewenslustige Nolene, die sosiale persoon wat altyd ’n ete of uitstappie beplan, die een wat restaurante ontdek nog voor iemand anders daarvan hoor, die reisiger met ’n plan vir die volgende avontuur, die vriendin wat altyd tyd maak vir ’n geselsie en ’n koppie koffie en ’n lekker stukkie koek daarby. Nolene is iemand wat voluit leef maar steeds ge grond en nederig bly. Sy bring mense bymekaar,

“She’s like a social mitochondrion – always powering up friendships and sparking new adventures wherever she goes.” “Like a curious enzyme, she speeds up friendships, breaking down barriers and helping connections grow across every continent.” “She’s a cell membrane of kindness – always open, welcoming new friends and letting good vibes flow freely.” “She cultivates friendships like a master gardener – planting seeds of trust, watering them with time, and watching them bloom into lifelong bonds.” “Like a travel-loving ribosome, she assembles strong friendships one laugh and story at a time, building a world of connection.” Vir 17 jaar was Nolene deel van die hartklop van Hoër Jongenskool Paarl. Ons gun haar hierdie nuwe hoofstuk in haar lewe vol avonture, nuwe plekke om te ontdek en nuwe herinneringe om te skep. Ons is dankbaar vir alles wat sy vir ons skool beteken het: vir haar geduld, haar passie, haar vrolike geaardheid en haar groot hart. Ons groet haar met diepe waardering.

8 BOISHAAI 157 YEARS

Totsiens Elmarié Götze

Elmarié Götze (née Dippenaar) is op 9 April 1960 in die Wynberg Hospitaal gebore aangesien haar pa in die Lugmag in Langebaan Weg was. Sy voltooi haar laerskoolloopbaan in 1972 by Laerskool Dirkie Uys in Moorreesburg waar sy haar musiektalent ontwikkel, koor sing en aan atletiek deelneem. In 1973 skuif sy oor na Hoërskool Dirkie Uys en matrikuleer in 1977. Tydens haar hoërskoolloopbaan ontdek sy haar liefde vir Afrikaans en Wiskunde, doen steeds musiek, sing koor en neem deel aan debat en redenaars. Hoewel sy ’n passie vir diere gehad het en ’n veearts wou word, maak die Here vir haar in haar matriekjaar die onderwysdeur in die vorm van ’n onderwysbeurs oop. Sy gryp die geleentheid aan. Na skool gaan studeer sy aan die Universiteit van Stellen bosch. In 1980 voltooi sy ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Xhosa as hoofvakke. Ná haar voorgraadse kursus voltooi sy ’n Hoër Onderwysdiploma. Tydens haar studentejare speel sy hokkie vir Monica-dameskoshuis en word ’n CSV-kringleier. Sy voltooi ook later ’n Diploma in Remediërende Onderwys om leerders met lees- en skryfprobleme te help. Sy begin in 1982 haar onderwysloopbaan by Hoërskool Carnavron waar sy onder andere Afrikaans vir graad 8 tot 12 gee en Volkspele afrig. In 1983 trou sy met Heinrich Götze en skuif sodoende na ’n tydelike pos by Hoërskool Tygerberg. Sy los ook af by Oude Molen en Eben Dönges. Sy aanvaar uiteindelik ’n permanente pos by Hoërskool Tygerberg en later Hoërskool Monument Park. Op grond van die feit dat haar seun, Hein Götze, in 2007 as graad 8-leerder by die Hoër Jongenskool aansluit, oorweeg sy dit om self Paarl toe te skuif en aanvaar, toe die geleentheid realiseer, ’n Afrikaanse pos by HJS in die Afrikaanse Department onder leiding van Johan Strauss. Hier voer sy die debat en redenaars tot hoë hoogtes en blaas ook nuwe lewe in die English D ebating . Sy is verder verantwoordelik vir die skoolrooster en die ontwikkeling van die toesigrooster, en tree op as vakhoof en graadhoof. Sy is gedurende haar onderwysloopbaan vanaf 1995 betrokke by die nasien van matrikulante se eksamenantwoordstelle. Sy merk vraestel 1 (taal), 2 (letterkunde) en 3 (stelwerk), maar ontwikkel ’n passie vir die nasien van vraestel 3 en beweeg uiteindelik op in die rangstrukture na Senior Merker, Adjunkmerker, Hoofnasiener en Interne Moderator van die nasienproses. In 2013 word sy deur die Departmente Basies Onderwys aangestel as lid van Afrikaans Eerste Addisionele Taal se eksamenpaneel. In 2018 skuif sy oor na Afrikaans Huistaal se eksamenpaneel en word uiteindelik bevorder tot Hoofeksaminator in 2021 en Interne Moderator in 2023. Haar verantwoordelikhede in hierdie hoedanigheid sluit in: die opleiding Elmarié G ö t z e

Kristian Bezuidenhout en Derek Swart

van provinsiale nasienverteenwoordigers, die samestelling van diagnostiese verslae en terugvoer oor die Nasionale Senior Ser tifikaat-eksamen se nasien- en standaardiseringsproses. Juffrou Götze se benadering tot die onderwys behels interaksie met, en die ontwikkeling van jongmense se denke en vaardighede, hulle menswees en selfverwesenliking. Dit is wat die onderwys vir haar die moeite werd gemaak het: om te sien hoe jongmense deur middel van die nodige leiding ontwikkel en groei as mens. Juffrou Götze se menswees word waarskynlik die beste opgesom in die woorde van meneer Derek Swart, jarelange kollega en voormalige HJS-skoolhoof. “Ek het Elmarié Götze die eerste maal ontmoet toe ek destyds as hoof aangestel is by die Hoërskool Monument Park. Sy het my onmiddellik beïndruk met haar professionaliteit en haar vakkennis. Wat my egter veel meer beïndruk gelaat het, was die leiersrol wat sy in haar gemeenskap ingeneem het as eggenote van die plaaslike predikant, Heinrich, sowel as die leierskapsrolle wat sy op verskeie gebiede binne die personeel vertolk het. Sy was werklik iemand wat vir geen uitdaging teruggedeins het nie en vir wie niks te veel was nie. Met haar besondere kreatiewe probleemoplossingsvermoë het sy ’n groot rol gespeel, nie net as mentor en ondersteuner vir ander personeel nie, maar ook in my eie uiteindelike sukses as beginner-skoolhoof. Dit was dus vir my ’n doodlogiese stap toe ek verskuif het na die HJS om haar so gou as moontlik deel van die personeel by die skool te probeer maak. Dit het natuurlik geblyk absoluut die regte besluit te wees: Sy het ook hier haarself laat geld op verskeie gebiede, deur onder andere as nasionale eksaminator in haar vakgebied aangestel te word – voorwaar ’n besonderse prestasie. Hierdie ondervinding is natuurlik mildelik teruggeploeg tot voordeel van die HJS. Soos die spreekwoord egter sê: Aan alle goeie dinge kom ’n einde. Ek gun Elmarié natuurlik haar aftrede, maar haar aangename persoonlikheid en vermoë om vir almal om haar ’n rustige, warm omgewing te skep, sowel as haar unieke vermoë om haar standpunte te stel sonder om dominerend te wees, sal erg gemis word. Ek kan dus slegs my hoed afhaal en my dankbetuiging aan Elmarié aanbied vir die onuitwisbare spoor wat sy laat op die Suid-Afrikaanse onderwyslandskap, maar ook op die lewensbaan van menige jongeling in sy lewenstaak om ’n positiewe verskil in ‘n baie negatiewe wêreld te maak.” Die HJS-personeel en -seuns sal Juffrou Götze werklik mis. Die nalatenskap wat sy los, is nastrewenswaardig. Ons wens vir haar baie goeie jare toe!

BOISHAAI 157 YEARS 9

Personeel

Personeel

Personeel Agter: Mnre N de Bruin, M Smith, J Obermeyer, F Marais, P van Huyssteen, G Earle, D Hanekom, R Wasserman, P van Zyl, PJ Vermeulen 2e ry: Mnr C van Tonder; me M Mostert; mnre DC Giliomee; L Halgryn; D Kotzé, R Kühn, D van Wyk, C Loubser, J de Beer, D Sadie; mee D Redelinghuys, M Carroll, C Jansen van Rensburg; mnr J Genis 1e ry: Mnr M Theron; me W Ras-Pretorius; mnre D Dennis, I van Rooyen, R Rust; me A Fourie; mnre C Grain, R McLachlan; mee A Jacobs, K Droomer, T Greyling, N Varney-Schutte; mnr C van Aswegen; mee L Visser; E de Wet, B Goldstone. R Röhrs, A Louw, D Fontini, J Bosch; mnr S Erasmus Voor: Me M von Mollendorf, mnre W Erwee, I Uys, R Janse van Rensburg, J Mostert; me E Götze; mnre K Bezuidenhout, T van Zyl; me P Terblanche; mnre N de Vries (skoolhoof); E Cronjé (onderhoof), F Cloete, A Blom, J Nortjé; me S Droomer; mnr W Nel; mee P Sadie, C Kotzé

Sarah Ontong 30 Jaar diens

Farewell

Anzél Brink

David Sadie

Dawid Kotzé

Michele Carroll

Nuwe personeel

Driaan van Wyk

Kayleigh Droomer

Franco Marais

Anuschka Jacobs

Jana Bosch

Wena Louw

Jessica van der Merwe

Liron Halgryn

Nico Grobler

Ross van Schoor

Ruan Wasserman

Theresa Greyling

10 BOISHAAI 157 YEARS

Staff

Senior Management Team

Mr Arno Blom

Mr Ettienne Cronjé

Mr Frans Cloete

Mr Hendrik Carstens

Mr Kristian Bezuidenhout

Mr Nollies de Vries

Mrs Poppie Terblance

Mr Tertius van Zyl

Bemarking

Beheerliggaam

Mnr Ettienne Cronjé (Opvoeder)

Mr Nollies de Vries (Skoolhoof)

Mrs Poppie Terblance (Opvoeder)

Mr Hendrik Carstens (Nie KS-Opvoeder)

Mr James Genis (Nie KS Opvoeder)

Willem Erwee

Jacques Grobbelaar

Mnr Johan de Beer ( Sekretaris )

Mnr Corné Krige (Onder voorsitter)

Mr Henk van Zuydam (Voorsitter)

Mnr Andrew Fulton (Koshuise)

Mnr Chris Meintjes (Tesourier)

Johnny van Niekerk

PJ Vermeulen

Mnr Brent Goosen (Hoofseun)

Mnr Bernhard du Toit (Onderhoofseun)

Mnr Tommy Muller (Fasiliteite)

Mnr Leon van der Merwe (Regsaangeleentheid)

Willem van der Merwe

Nico Grobler

Admin Personeel

Assistente

Jasmine Windvogel

Alison Turner

Mari Nel

Melani Rheeder

Assistente Roshirle Goetham, Ingvar van Rooyen, Angela Visser

Shane Benade

Ursula Windt

Uschi Ruthard

BOISHAAI 157 YEARS 11

Personeel

Terreinpersoneel Ry 4 (agter): John Jonkers Ry 3: Stephen Salies, Cheslan Lamberts Ry 2: Greg Jardine, Jafta Tieras, Hermanus Pietersen, Abie Steyn Ry 1 (voor): Marius Gertse, Shaleen Oranje, Sarah Ontong, Buyile Shibile

Koshuispersoneel Voor: Beverly Jordaan, Roslin Moses, Ingrid Moses, Renciah Petersen, Tesley Geduld, Dina Botha, Maria Matthews, Speseline Salies Middel: Rozelda September, Jennifer Toppies, Laetitia Hendriks, Lizelle Cupido, Magrietha Marthinus Agter: Duwayne Ockhuys, Jacobus Opperman, Johann Fourie, Eric Barnes, Ricardo van den Heever

Brugstraat personeel Agter: Johan Swart Middel: Marno Pietersen, Lesley Baadjie Voor: Dylan Franck, Jupie Gertse

12 BOISHAAI 157 YEARS

Bois Shoppe

Bois Shoppe

Anna-Marie Schoeman

Wanneer ’n ideale geleentheid hom voordoen, moet jy dit met albei hande aangryp. Toe ons dus die geleentheid kry om ’n vraghouer gratis te bekom, was die resultaat voor die hand liggend: ’n ondersteunerswinkel by Brugstraat genaamd B’Shop@Brug . Die winkel is opgedra aan mnr Willem Erwee wat al ’n jaar gelede die saadjie vir ’n permanente winkel by Kuehne+Nagel Brugstraat geplant het. Jaarlikse syfers bevestig die groeiende belangstelling in Boishaai-ondersteunersklere en artikels. Alle vorige rekords is vanjaar weer oorskry. “ It is because Boishaai is a brand , ma’am,” het ’n kliënt gesê. Dit is die waarheid; die gemeenskap is trots op ons skool en skroom nie om te wys waar hulle lojaliteit lê nie. Wat produkte betref het ons vanjaar die volgende nuwe items bekendgestel: · Die tweede van ons #BoishaaiBokke Nr. 2 minirugbyballe is bekend gestel en word opgedra aan Salmaan Moerat. · Vir die eerste keer ooit het daar vanjaar ’n ondersteunerstop verskyn met ’n Boishaai- en ’n Girls’ High-logo op, spesiaal vir die ouers wat kinders in beide skole het. · Nog ’n gewilde item op die ondersteunersrak was die warm Boishaai Lifestyle wintertop. · Ons eie Boishaai Lifestyle denimhemp het groot byval by kopers gevind. · Op versoek van die ouers het ons vanjaar ’n warm reënbaadjie vir pappas uitgebring, maar net so baie mammas het so ’n baadjie gekoop. · Wanneer ons manne gaan toer, kan hulle voortaan trots met ’n Boishaai-kussing uit die bus klim. · Ons seuns geniet ook die reeks sporthanddoekies wat in voorraad is. Ons het van heinde en verre navrae gekry oor ons Boishaai Brew, HJS se eie koffiekapitaal!

BOISHAAI 157 YEARS 13

Personeel Jaareindfunksie

Personeel Jaareindfunksie

14 BOISHAAI 157 YEARS

Personeel Jaareindfunksie

Personeel Jaareindfunksie

BOISHAAI 157 YEARS 15

Uittreeboodskap – Hoofseun 2025

Brent Goosen

Brent Goosen 2025 H o o f s e u n Uittreeboodskap

Ek wil begin deur glorie en eer te gee aan ons Skepper en Hemelse Vader. Die ontelbare seëninge wat nie net óns ontvang nie, maar wat hierdie skool en die Boishaai-gemeenskap ontvang het en nog sal ontvang is ons die Here ewig dankbaar voor.

Today we stand in a space that is both familiar and profoundly foreign. We are at the final frontier of a great journey, poised between the certainty of what was and the vast, beautiful uncertainty of what awaits. The atmosphere in this hall, usually a simple mixture of reverence and anticipation, is today thick with the collective weight of five years lived and loved. Today is a day filled with tears most would expect to be of happiness, but leaving an institution like this is nothing but heartbreaking. Take a moment to acknowledge the sheer, quiet grace of the embodiment that holds us, and realise how privileged we were to inhabit a school whose history is so deeply rooted at the feet of Paarl Mountain. The architecture that surrounds us, with its stories and elegance, stands not as buildings but as monuments to the idea that young men, given the right guidance, can rise to extraordinary heights. Paarl Boys’ High

has always been more than just an institution of education; it is an institution of development. The hardest acceptance is perhaps leaving behind the prosperous moments that we took for granted; never getting to return to school on a Monday morning after the holidays and hearing the roar of excitement to see one another; never getting another opportunity to play beside your best mates, achieve goals together, create everlasting memories during break, share thoughts and laughs in class, or share the privilege of a school tour. We’ve celebrated victories that will live in our hearts forever, and we’ve shared defeats that taught us the true value that lies within unity. We were raw material, taught that the school’s honour is not a plaque on the wall but a golden thread woven through every action we take, every challenge we face, every quiet integrity we maintain. We owe an unpayable debt to the

16 BOISHAAI 157 YEARS

Message from the Headboy 2025

“So when you walk through a storm, hold your head up high and don’t be afraid of the dark – at the end of the storm there’s a golden sky and a sweet silver song of the lark.”

alumni on whose shoulders we now stand, who built this establishment of learning so that we might, in turn, become pillars ourselves. For we are all temporary stewards of this profound establishment. Dankie aan die onder wysers en afrigters – die onderlangse argitekte van ons ontvanklike lewens. Dankie

head up high and don’t be afraid of the dark – at the end of the storm there’s a golden sky and a sweet silver song of the lark. Walk on through the rain, walk on through the rain may your dreams be tossed and blown, walk on walk on with hopes in your hearts and you’ll never walk alone you’ll never walk alone walk on walk on.”

vir julle lesse, insig, geduld en moeite; julle opofferings, motivering gedurende tye van angs, liefde en toewyding, en al julle harde werk wat ongesiens gaan. You were truly the blacksmiths that forged us to become better versions of ourselves. Then to every parent, thank you for your sacrifices, encouragement, early mornings and late evenings, last minute plans and arrangements, long trips, and relentless commitment to provide us with the best possible op portunities. Dankie vir die harde werk wat julle insit om ’n breë glimlag op ons gesigte te hou. You truly are the pillars in our lives. Aan my geliefde broers: Manne, dis dit. Elke kers, ongeag hoe helder die vlam dalk mag brand, ontmoet die asem wat dit uiteindlik uitdoof. Our time here was not a sequence of isolated events but the forging of an unbreakable chain. Remember the quiet courage of the man who pushed you further, the empathy of the friend who saw your struggle before you spoke a word, and the patience of those who saw potential where others saw only fatigue. Although today is a day of celebration, it will remain a day of misery to many. “So when you walk through a storm, hold your

For every chapter that finishes, another lies ahead, yet every book comes to an end, so may you therefore write something remarkable and unforgettable. As you walk through that black gate for one final time in the distinguished striped blue and white blazer, may you vividly remember the anxiousness you felt the first day you stepped foot on these esteemed grounds with its rich oak trees, and be reminded of the beauty of the past 5 years. May we uphold the standards we have been taught by this very institution and may we carry the legacy of the badge we so lovingly represent. May you leave a trace of blue wherever you wish to go and uphold the standards by which this institution has raised you. Dankie aan een en elkeen van julle vir die beste vyf jaar van my lewe. Woorde kan nie beskryf hoe baie elke individu in hierdie gesogte saal vir my beteken nie. So for one last time, I say it with honour, gratitude and pride. This is the mighty Boys’ High. Now and forevermore Tandem Fit Arbor Surculus

BOISHAAI 157 YEARS 17

Top Achievers 2024

Thomas Dunkley DUX 2024

18 BOISHAAI 157 YEARS

Matric Results

BOISHAAI 157 YEARS 19

Intreeboodskap – Hoofseun 2026

De Wet Nel 2026 H o o f s e u n Intreeboodskap

As ’n jong seuntjie was die begeerte om hoofseun van Hoër Jongenskool Paarl te wees reeds ’n droom wat ek gekoester het en ’n doel waarna ek gestrewe het – ’n droom geskape deur 157 jaar van mans in gestreepte blou baadjies en ’n droom gewortel in tradisie en trots. ’n Droom wat miljoen keer in my kop afgespeel het. ’n Droom wat uiteindelik waargeword het. Ek is my ma, pa en broer ewig dankbaar vir elke les, elke glimlag en elke skouer om op te huil, wat my gevorm het tot die persoon wat ek vandag is. Hulle was nog altyd my rots en steunpilaar, en het my geleer om om te gee, lief te hê, en om die lig in elke donker tonnel te wees. My vriende: Agter elke hartseer hart is daar ’n oor wat luister, agter elke blydskap iemand wat saam lag en agter elke man vind jy sy vriende – vriende wat nie net in sy vreugdes deel nie, maar ook sy stiltes verstaan; vriende wat sy wonde ken, maar hom steeds as heel sien. Julle leer my hoe om te val en wys my hoe om op te staan; julle hou my voete op die grond. Julle sal nooit julle impak in my lewe kan begryp nie. Julle is familie. My laaste woord van dank wil ek rig aan ons Hemelse Vader, die anker in my bestaan. Sonder Hom was, en is, niks moontlik nie. Four years ago we first walked through the black gates to enter the unknown, but from the first handshake, the first call of parade, and the first words of Ernst Kirsten on the mountain, the unknown was never a place of uncertainty or vulnerability but a place that turned into a home – a place of family. Dit is ’n plek gekenmerk deur duisend broers, saamgebind deur drie pilare en ’n enkele embleem wat met trots op hul bors pronk; ’n plek in die hartjie van die Paarl, aan die voet van die berg, waar die eikebome verouder maar nooit sal ophou blom nie. Hierdie plek is die Hoër Jongenskool Paarl. It’s a place we love, a place we cherish, and a place where boys get sculpted into men who are able to go against the grain to stand up for what’s right; men of compassion and empathy; men of character. For the year of 2026 we have a set vision that will be achieved, a vision deeply needed to uphold the rich tradition of the 157 years of generations that came before us, and to set the norm for the 157 years of generations that will follow. Our vision is to build a culture and environment of love and empathy towards one another; an environment where men can talk, men can listen, and men can grow; an environment where intentions are pure and responsibilities are accepted with gratitude; an environment in which the burning flame of passion and pride that silently faded into

darkness will be lit up again in the hearts of many. Matteus 5:14 stel dit so mooi: “Julle is die lig wat die wêreld moet verlig.” Mag ons in hierdie omgewing groei tot mans wat hul kruis opneem. Mag ons gebede elke oggend teen die granietklip weergalm en hoop in die harte van miljoene kweek. En mag ons, as aanstekers van geloof, die brandende vuur wees wat ’n wêreld vol duisdernis verlig. To the class of 2026: standards have been set, expectations have

been launched, but we’ve never been destined to settle only for the norm; we have been given a chance to write our final chapter with blue, white and blue; an opportunity few will ever have the privilege to experience; an opportunity to tip the scale and be the change everyone wishes to see; an opportunity to lead an institution that stands as an eminent beacon of excellence, and to write our names alongside the legends of yesterday; an opportunity to create our own legacy that will forever be known, and felt, in the oak of the trees, and the granite in the mountain. Boishaai: Mag ons in 2026 saam lag, saam huil en saam trek om ’n stem te vorm wat vir ewig in die gange van die Hoër Jongenskool sal aanklank vind; ’n stem om oor die vallei van die Paarl te weergalm en duisende harte te lei om blou te raak in Auretstraat. En mag ons in hierdie jaar die vlag van ons geliefde skool omhoog laat wapper in die winde van die Paarl. I leave you with the following: as we pick up our pen to write a new chapter and guard a legacy that has been passed down over centuries, fear will be irrelevant, for each morning we bow our heads in prayer and look up to the mountain, knowing that we find our strength in Christ. We will watch our words turn into actions and our actions making the change, for we have something they don’t; something they will never have. We have the sacred fellowship of men bound by honour, a silent covenant of hearts beating with the same purpose, the unbroken thread that ties souls through trial and triumph alike. We have the living testament of unity.

We have brotherhood. Now and forever, oh mighty Boishaai. Tandem Fit Arbor Surculus.

20 BOISHAAI 157 YEARS

Leiers

Skoolprefekte Agter: Abelines Schoeman, Kobus Wilken, Tristan Joubert, Jayden Joubert, Gideon du Toit, Tommy Muller Middel: Henré du Plessis. Christiaan Hattingh, Luan Bosman, Ryan Bouwer, Gavie Kok, Matthew Erasmus, Steph van der Merwe, Francois van der Merwe, Marno van der Merwe Voor: AJ Mostert, Wilbur Nieuwoudt, Bernhard du Toit, me E Götze, Brent Goosen, me P Terblanche, Joel Martini, Joshua le Roux, Dieter du Toit

VRL Agter: Fourie Nel, Christopher Tait, Travis Eberhardt, Washe Gowero, Liam Smith, Bruwer Bornman, JC van Tonder, Herman Engelbrecht, Likhona Mlabateki Voor: Max Malan, Henré du Plessis, Brent Goosen, me D Redelinghuys, Bernhard du Toit, Trichardt van Tonder, De Wet Nel

Gym prefects 2025 Back: Christiaan Jonck,

Armand Lombard, Christiaan de Bod, Wian la Cock, Stefan Nel, Ludwig Swart, Juan van der Merwe Front: George Perikleous, Mark Grindlay, Mr R Rust, Jeneall Davids, Mr I van Rooyen, Alessandro Tasso, Francois Joubert

BOISHAAI 157 YEARS 21

Hostel Prefects

Monte Bello-prefekte Agter: Cole Moultrie, Ruan Moelich, Leighton Brinkhuis Voor: Francois Bester, mnr D Hanekom, Philip de Bruyn, mnr C Loubser, Nicholas Swanepoel, mnr K Bezuidenhout, Ryan Swanepoel, mnr D van Wyk, Etienne Terblanche

Bellevue-prefekte Agter: Kobus Wilken, Tommy Muller, Gideon du Toit, Henko Reyneke, Daniël van der Westhuizen Voor: Toit Malan, mnr C van Tonder, Iwan Jordaan, mnr C van Aswegen, Bernhard du Toit, mnr F Cloete, Francois van der Merwe, mnr J Nortjé, Abelines Schoeman

22 BOISHAAI 157 YEARS

Koshuisprefekte

Ou Imhoff-prefekte Agter: Owen Botha, Tristan Joubert, Jayden Joubert Middel: Wilbur Nieuwoudt, Keanu Goss, FJ Maritz, Dian Havenga, mnr G Earle, Wian la Cock, Gavie Kok, Christian van Zuydam, JP Norton Voor: Mnr P van Huyssteen, mnr W Nel, Brent Goosen, mnr M Theron, Marno van der Merwe, mnr N de Vries, Dieter du Toit, mnr PJ Vermeulen, mnr J Grobbelaar

Nuwe Imhoff-prefekte Agter: Gavie Kok, Owen Botha, Jayden Joubert, Tristan Joubert Voor: Wilbur Nieuwoudt, Brent Goosen, Marno van der Merwe, mnr M Theron, Dieter du Toit, Christian van Zuydam, Dian Havenga

BOISHAAI 157 YEARS 23

Hostel Prefects

Werda-prefekte Agter: Rial de Wet, Christopher Carstens Voor: William Graham, mnr D Sadie, Matt Gordon, mnr I Uys, Sebastian Heyns, mnr R Janse van Rensburg, Caden Paul

Rozenfontein-prefekte Mnr DC Giliomee, Ruben Cilliers, mnr W Erwee, Adam Jacobs, mnr P van Zyl, Naudé Collins, mnr F Marais

24 BOISHAAI 157 YEARS

Monte Bello

MONTE BELLO

BOISHAAI 157 YEARS 25

Bellevue

BELLEVUE

26 BOISHAAI 157 YEARS

Imhoff

IMHOFF

BOISHAAI 157 YEARS 27

Werda

WERDA

28 BOISHAAI 157 YEARS

Rozenfontein

Rozenfontein

Pieter van Zyl

Rozenfontein se tweede jaar was ’n tyd van groei en versterkte samehorigheid. Te midde van uitdagings het ons ’n gesonde balans tussen akademiese dissipline en welstand nagestreef – iets wat sigbaar word in daaglikse roetines. Ons het ook hartseer beleef. Die skielike afsterwe van mnr Erwee in Junie het ’n diep leemte gelaat. Hy was ’n gerespekteerde rolmodel: ferm, regverdig en opreg. Sy nalatenskap van integriteit en menswaardigheid rig steeds ons optrede en die gees van die koshuis. Ons het die jaar netjies geklee afgesluit met ’n ete by die Cattle Baron vol warm gasvryheid en heerlike kos. Dit was ’n geleentheid om terug te kyk, stories te deel en opreg dankie te sê vir die jaar wat verby is.

Erkenning word met waardering gegee aan mnr Van Zyl, mnr Marais, mnr Giliomee en ons nuutste hulp, mnr Van Schoor, vir volgehoue ondersteuning en leiding. Ons bedank ook ons leiers wie se voorbeeld sigbaar is – van konsekwente bywoning van Bybelstudie tot die stille, vormende invloed van alledaagse gesprekke met seuns om ware here te word. Op hierdie grondslag stap Rozenfontein Jaar 3 met hoop en vasberadenheid tegemoet: om respek, toewyding en goeie gedrag nog beter uit te leef sodat elke seun die beste kan vorder én in karakter groei.

BOISHAAI 157 YEARS 29

Boishaai Graad 1-12

Boishaai Graad 1 - 12

Agter: Tiaan Liebenberg, Timothy Kotzé, Ruan van der Merwe, Wege van Zyl

Voor: Ryan Bouwer, Jacques van Rooijen, Hugo Smit, Gershom Pieters, Tristan Martin, Reinhardt Mostert, AJ Fourie

Middel: A-Jay Snyman, Alec Sacks, Aaron Benson, Oliver Sales, Joel Martini, Sebastian Ramsden, Joshua le Roux, Christiaan Jonck

30 BOISHAAI 157 YEARS

Matrics & Staff

Caleb Titus

Absent: Kaleb Holmes, Esa Niklaus, Hyden Samuels, Keanu Adrian

Rohan Rautenbach, Stefan Nel, Alessandro Tasso, Dieter du Toit, Malan Viljoen, Jody Jacobs

Julius Strydom, Bosman de Villiers, Janu van der Linde, Jack Barnard, Avin Trytsman, Michael Semer

Matthew Morkel, Rayen Makovere, Christiaan Jonck, A-Jay Snyman, Warnich Frey; Messrs D Hanekom, S Erasmus Luan Bornman, Luan Stander, Nicholas Swanepoel, Murcal Francke, Kyle Soobramoney, Tyrees Petersen; mnr P van Zyl

Front: Mr M Theron; Ms M von Mollendorf; Messrs W Erwee, I Uys, R Janse van Rensburg, J Mostert; Ms E Götze, Messrs K Bezuidenhout, T van Zyl; Ms P Terblanche; Brent Goosen (head boy); Mr N de Vries (headmaster); Bernhard du Toit (deputy head boy); Messrs E Cronjé (deputy head), F Cloete, A Blom, W Nel; Ms C Kotzé; Mr J Nortjé; Mmes S Droomer, P Sadie, D Redelinghuys; Mr J Genis 1st row: Ms A Fourie; Mr R Rust; Mss R Röhrs, W Ras-Pretorius, M Mostert, E de Wet, B Goldstone, T Greyling, K Droomer, N Varney-Schutte; Messrs C Grain, R McLachlan, D van Wyk, C Loubser, D Kotzé, C van Tonder, N de Bruin, M Smith, PJ Vermeulen, J de Beer, R Kühn, L Halgryn, D Sadie, C van Aswegen, DC Giliomee; Mmes M Carroll, C Jansen van Rensburg, L Visser, A Louw, D Fontini, J Bosch, A Jacobs 2nd row: Messrs I van Rooyen, J Obermeyer, P van Huyssteen; Ashton-Cade Johnson, George Pericleous, Aychen Raubenheimer, Leighton Brinkhuis, Latham Hendricks, Connor Hayes, Pierre Grobbelaar, Jared Bronkhorst, Joshua le Roux, Ruan van der Merwe, Ryan Swanepoel, Timothy Kotzé, Jethro Deacon, Keagan Lombard, Michael Pearce, Oliver Sales, Matthew Hudson, Matthew Franklin, Liam Matthee, Owen Coetzee, Dylan Welcome, Marco-Junior Cato, Jordan Jooste, Laureeq Davids, D’venerio White, Ethan Michael, Leighton Carelse, Tyrique Adonis, Alec Sacks, Logan Boonzaaier, Mr G Earle 3rd row: Messrs D Dennis, F Marais; Theuns Mocke, Henré du Plessis, Cole Moultrie, Henrico Kirsten, Deneel Kruger, Henco Pretorius, Sebastian Ramsden, Noam Smuts, AJ Mostert, Jyuval Smuts, Marno van der Merwe, Tyresse Abrahams, Stephan Badenhorst, Christian van Zuydam, Francois Joubert, Daniël de Beer, Rossouw Cilliers, Krige Kemp, Luka Malan, Raely Makovere, Gerrard Smith, Brentlee Damon, 4th row: Curtley Abrahams, José Masipa, Connor Bingham, Lourens van der Walt, Etienne Terblanche, Wian Welgemoed, Luke Meder, Ross Kruis, AJ Fourie, Joshua Woof, Willem Joubert, Vincent Rabie, Joel Martini, Christiaan Grundling, Christiaan Hattingh. Jannu Burger, JG Fouché, Ludwig Swart, Juan van der Merwe, Francois van der Merwe, Julian Weber, Matthew Dreyer, Tiaan Liebenberg, 5th row: Tristan Raaths, Philip Strauss, Aaron Benson, Daniel Fulton, Helgard Nolte, Janro Oeschger, Jan-Albert Botha, Philip de Bruyn, Ruan Moelich, Tom Vosloo, Finn Harris, Sebastian Joubert, Dewald Wentzel, Armand Lombard, Timothy Salt, De Wet Kotzé, Jaco van Zyl, Pieter Engelbrecht, Daniel Scholtz, Steph van der Merwe, Wege van Zyl, Reinhardt Mostert, Tristan Rodger, Adriaan du Plessis, 6th row: Hugo Smit, Adrian Scherman, Wynand van Wyk, Jan-Linde du Toit, Jordan Bridger, Matthew Erasmus, Bjorn Berry, Francois Marais, Bertus van Rensburg, Abelines Schoeman, Dawid Scholtz, Mark Grindlay, Christiaan de Bod, Alwyn van Jaarsveld, Henko Reyneke, Gavie Kok, Kobus Wilken, Tommy Muller, Ryan Bouwer, Francois Bester, Daniël Nolte, Sean van Schalkwyk, Pieter Gildenhuys, 7th row: Mr R Wasserman; John Krige, Hans Viljoen, Gideon du Toit, Toit Malan, Iwan Jordaan, Philip Malherbe, Thomas Hickman, Dylan Vorster, Samuel Cleary, Juanro Hawley, Matthew Cairncross, Dian Havenga, Kyle Corbellari, Matthew Fisher, Christie Engelbrecht, Tian Barnard, Philip Venter, Daniël van der Westhuizen, Dawie-Louw Breet, Ruan de Jager, Jacques van Rooijen, Wilbur Nieuwoudt 8th row: William van Zyl, Ruan Warries, Tristan Martin, Jayden Bester, Owen Botha, Gershom Pieters, Matthys Laubscher, Floyd Fox, Tristan Joubert, Jandré Broodryk, Jayden Joubert, Jano Gildenhuys,

BOISHAAI 157 YEARS 31

Matric Farewell

32 BOISHAAI 157 YEARS

Matriekafskeid

BOISHAAI 157 YEARS 33

Matric Farewell

34 BOISHAAI 157 YEARS

Grade 12A

12A Grade

Jack Barnard

Jayden Bester

Ryan Bouwer

Jordan Bridger

Owen Coetzee

Kyle Corbellari

Matthew Erasmus

Murcal Francke

Warnich Frey

Daniel Fulton

Finn Harris

Connor Hayes

Kaleb Holmes

Matthew Hudson

Jordan Jooste

Matthys Laubscher

Raely Makovere

Rayen Makovere

Luka Malan

Tristan Martin

Cole Moultrie

Michael Pearce

Gershom Pieters

Sebastian Ramsden

Daniel Scholtz

Michael Semer

Gerrard Smith

Philip Strauss

Alessandro Tasso

Caleb Titus

Avin Trytsman Ruan van der Merwe

William van Zyl

Tom Vosloo

Mrs S Droomer

BOISHAAI 157 YEARS 35

Grade 12B

12B Grade

Keanu Adrain

Aaron Benson

Connor Bingham Logan Boonzaaier

Jared Bronkhorst

Brentlee Damon

Laureeq Davids

Christiaan de Bod

Jethro Deacon

AJ Fourie

Pierre Grobbelaar

Thomas Hickman

Ashton Johnson

Willem Joubert

Timothy Kotzé

Ross Kruis

Josh le Roux

Keagan Lombaard

Joel Martini

José Masipa

Luke Meder

Ethan Michael

Esa Niklaus

George Pericleous

Vincent Rabie

Alec Sacks

Olivier Sales

Timothy Salt

A-Jay Snyman

Kyle Soobramoney

Nicholas Swanepoel

Ryan Swanepoel

Wynand van Wyk

Dylan Voster

Joshua Woof

Mr C Grain

36 BOISHAAI 157 YEARS

Made with FlippingBook - Share PDF online