Boishaaier 2025
Cricket
Krieket
Johann Louw
Krieketfees · o. 19A: Michaelmas-toernooi en DHS-krieketfees Boonop het Hoër Jongenskool ook die grootste krieketfees in die land aangebied, met 54 spanne, waarin ons o. 19A- en o. 15A-spanne deelgeneem het. Tans het al ons spanne 153 wedstryde gespeel, waarvan 116 gewen is, wat ’n wenkoers van 75% verteenwoordig – ’n indrukwekkende prestasie wat die toewyding van spelers en afrigters weerspieël. Ons het ook die jaar die Boland been van die SA20 gewen en in die finaal vir Paarl Gimnasium met ’n indrukwekkende 10 paaltjies gewen. Voorwaar ’n goeie eerstespan vertoning. Daar is ook 7 seuns die jaar in die onderskeie Boland krieketspanne ingesluit. In die Boland o. 16-span gaan Abriam Jacobs, Neil Louw, Daniel Francke en Ra-eez Isaacs deelneem met Raèd Fredericks op bystand as iemand beseer word. In die Boland o. 19-span is Gideon du Toit, Marco Cato en Aden Batt. Reese Petersen is op bystand. Christiaan Wege is aangewys as Boland o. 19 se Speler van die Jaar. Die skool wil sy opregte dank uitspreek aan elke afrigter vir hul harde werk en lang ure in die son, aan mnr Carstens, mnr Johan Swart en hul span vir die voorbereiding van velde, kolfblaaie en grasnette, en aan die koshuispersoneel vir die voorsiening van etes en drinkgoed. ’n Spesiale woord van dank gaan ook aan die ouers vir hul volgehoue ondersteuning.
Die 2025-krieketseisoen by Hoër Jongenskool was weer ’n jaar van prestasie, toewyding en samehorigheid. Die skool is uiters trots op die afrigterspan, die spelers en die toewyding van elkeen wat bydra tot die krieketprogram. Die kombinasie van uitstekende fasiliteite, ’n sterk krieketkultuur en die ondersteuning van ouers en die Beheerliggaam het dit moontlik gemaak om ’n uitgebreide en suksesvolle seisoen te behaal. Die oprigting van ’n nuwe stel krieketnetwerke by Brugstraat, wat verdere ontwikkeling en kwaliteit oefening vir ’n groter groep seuns moontlik maak, het ’n betekenisvolle bydrae tot die sukses van hierdie program gemaak. Ons is baie trots op die feit dat die Hoër Jongenskool meer krieketspanne elke naweek in die veld het as enige ander skool in Suid-Afrika. Die program word verder versterk deur die bydraes van afrigters soos Eric Simons en Martin van Jaarsveld wat waardevolle kennis en ervaring bring. Die blootstelling van seuns aan verskillende speelomstan dighede en wedstrydomgewings word bevorder deur talle toere deur die jaar: · o. 14A: Charl van Rooyen-toernooi, Johannesburg · o. 15B: Somerset College Festival · o. 15A: Grey High School Festival, Port Elizabeth · o. 19C: Punt Krieketfees, Mosselbaai · o. 19B: Diamantveld Krieketfees en Paarl Gimnasium
U16 Daniel Francke
U16 Ra-eez Isaacs
U16 Abriam Jacobs
U16 Neil Louw
Krieket o. 19A Agter: Ra-eez Isaacs, Daniel Francke, Christian van Zuydam, Ullrich Drotschie, Christo Muller, Francois Marais, Abriam Jacobs, Neil Louw, Reese Petersen Voor: Pieter Gildenhuys, Bjorn Berry, mnr M Walters (afrigter), Gideon du Toit (k), mnr N de Vries (skoolhoof), Brent Goosen, mnr J Louw (afrigter), Marco‑Junior Cato, Aden Batt
U19 Aden Batt
U19 Marco-Junior Cato
U19 Gideon du Toit
122 BOISHAAI 157 YEARS
Made with FlippingBook - Share PDF online