Boishaaier 2025

Kultuur

Debat en Redenaars ATKV Redenaarskompetisie Christopher Tait het deurgedring na die halfeindronde van hierdie kompetisie wat op 14 Mei plaasgevind het. Hy eindig in die 5de plek. Oppie Tong Af R edenaarskompetisie Rynard de Beer en Christopher Tait het aan hierdie kompetisie deelgeneem, en Christopher kwalifiseer om in die Nasionale Ronde te gaan deelneem. Radikale Redenaars Christopher Tait en Rynard de Beer neem ook aan hierdie kompetisie deel waar Christopher deurdring na die Nasionale Ronde. ATKV-debat Op 16 en 17 Mei 2025 het 2 junior en 2 senior debatspanne by Hoërskool Durbanville aan dié kompetisie deelgeneem.

Theresa Greyling

Nicolaas Barnard, Stiaan du Toit en Justin Moodie was in die top-10, maar het ongelukkig nie deurgedring na die tweede ronde nie. Al 4 hierdie spanne het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Dink of Sink

Op 23 Mei het Rynard de Beer, Stiaan du Toit en Robbert Har ris as ’n seniorspan aan die Dink of Sink Debatkompetisie deelgeneem by die Hoërskool DF Malan. Hulle wen die eerste debat, maar verloor die tweede een.

Oppie Tong Af Christopher Tait is die Nasionale wenner van Oppie Tong Af se Motiveringstoespraak (graad 10-12). Hy is ook die Nasionale wenner van Radikale Redenaars se Gr. 10 Oorredingstoespraak, Lees Prosa en Reading Prose. Louwrens Smith behaal 2de plek in die Nasionale Voorbereide Motiveringstoesspraak (graad 8-9).

ATKV-Debat Agter: Nicolaas Barnard, Justin Moodie, Stiaan du Toit, Corné Uys, Daniel Moelich, Rainer Mellet Voor: Robert Harris, Rynard de Beer, me E Götze, mnr E Brink, me T Greyling, William Graham, Marnus Visagie

ATKV-Redenaars Agter: Caiden Vorster, Luke Versfeld, Corné Uys, Nicolaas Barnard Voor: Justin Moodie, Rynard de Beer, me T Greyling, De Wet Nel, Daniel van der Merwe

Historium-Debat Agter: Robert Harris, William Graham, Stiaan du Toit, Justin Modie Voor: Rynard de Beer, me E Götze, mnr E Brink, me T Greyling, Rainer Mellet

70 BOISHAAI 157 YEARS

Made with FlippingBook - Share PDF online