Boishaaier 2025

Kreatiewe Skryfstukke

Toe ek haar weer vang

Die digitale brand

Zack van Jaarsveld (11E)

Die vlamme van vergetelheid Ek onthou die sirenes. Die rook wat my longe gevul het, die gille in die verte en die brandende skool in die agtergrond. Jou gesig in die oranje lig, jou hand wat myne gryp. “Ons kan dit nog stop,” het jy gesê, jou oë wyd van paniek en skuld. “Ons moes nooit ...”, maar toe het die polisie jou kom gryp. En ek het gehardloop voor hulle my kon sien. Hoekom het ek jou gelos? Hoekom? Jy het die skuld geneem, gesê dit was net jy. Ek het van ver af gesien hoe hulle jou wegneem. Nou, jare later, sit ek steeds in die skadu’s van daardie aand. Jy spook by my, nie net in drome nie, maar in alles. In die geknetter van ’n kaggelvuur. In die reuk van rook na ’n storm. In die vlam van ’n kers wat stadig doodgaan. Ek het jou nooit weer gesien nie. Nie in die hof nie, nie in die koerante nie. Dit is asof jy verdwyn het, saam met die rook daardie nag, maar ek weet jy is daar. Ek weet jy sien my. Ek weet jy weet. Ek wonder wat van jou geword het. Dit was vroegoggend by die dam. Alles was doodstil. Die water was blink en so glad soos ’n spieël. Ek het my visstok in my hande gehou, maar my gedagtes was elders. By haar. Sy was die meisie vir wie ek liefgehad het. Ek het haar laat wegglip – nie omdat ek wou nie, maar omdat ek nie geweet het hoe om haar vas te hou nie. Ek het dinge verkeerd hanteer. Ek het stilgebly toe ek moes praat en het weggestap toe ek moes bly. Dan ruk die lyn. My hart begin klop. Ek het gevoel dit was sy. Ek weet dis net ’n vis, maar vir my was dit meer. Ek het stadig begin inkatrol, want ek was te bang om te hard te trek, te bang om haar weer seer te maak, te bang om haar weer te verloor. Elke draai van die katrol het my laat dink aan haar lag, haar woorde, haar stilte toe ek haar seergemaak het. Maar ek het nie opgegee nie, want ek het geweet dat ek haar nie weer gaan laat wegglip nie. Toe sien ek haar. Die vis breek deur die water, silwer en sag. Ek onthou haar oë – sy is nie kwaad nie, net stil. Ek neem haar in my hande en weet: dis sy. Nie regtig nie, maar tog in my hart. “Ek is jammer,” sê ek vir haar. En ek wens ek kon dinge anders doen. Ver teen die grensdraad verskyn ’n silhoeët. Ek kyk af. Hierdie keer gaan ek haar nie laat wegkom nie; sy bly in my hande. Ek weet ek het haar teruggekry. Nie net vir haar nie, maar ook die hoop op nog ’n kans. Ek kan nie die verlede verander nie, maar ek het geleer dat, as jy net sag genoeg probeer en rêrig luister en leer, jy soms kan terugkry wat jy verbeur het. Ek gooi die silwer vis terug in die water. Dit was nie net ’n vis wat ek gevang het nie, ek het haar teruggekry. En hierdie keer hou ek háár vas. Wian Welgemoed (12E)

Kobus Wilken (12E)

Ek is alleen. Elke persoon wat agter my stap, voel soos ’n jagter. En ek is sy kos. Ek het my naam, my lewe en my vriend verloor. Maar een ding bly brand: Die waarheid. Die waarheid wat die wêreld aan die brand gesteek het. Die waarheid wat nie geblus kan word nie. Nie terwyl ek op die brandende planeet is nie. Een jaar gelede. Die huis was pikdonker, behalwe vir die rekenaarskerm se lig wat vaal op ons gesigte skyn. My vingers het oor die rekenaar se toetsbord gedans soos wat ek probeer het in om te kom. Liam het langs my gesit; sy oë ’n spieël van my eie opwinding en vrees. Dit was nie net ’n speletjie nie – dit was ’n stryd teen die onsigbare magte wat die wêreld beheer Wat ons gevind het, het my ’n koue rilling by my rug af gegeee. Pharmacore, die farmaseutiese reus van die meeste van die Covid-19 inentings, was nie so onskuldig nie. Ons het in hulle webwerf geheime data gevind. Daarvolgens blyk dit dat elke inspuiting nie net ’n entstof was nie, maar mikroskopiese tegnologie wat mense kon manipuleer. Dit het nie volle beheer oor mense geneem nie, maar net hulle manier van dink verander. Niemand het dit ooit agtergekom nie. Ons moes die waarheid bekend maak. Ons het ’n veldbrand begin wat nie geblus kon word nie. Ons het die inligting regoor die internet versprei, soos vonke in ’n droë woud. Die wêreld het vlamgevat. Chaos. ’n Maatskappy met kontakte regoor die wêreld het bankrot gespeel. Vir ’n oomblik het ons gedink alles het goed uitgewerk. Maar toe het die spoke van ons aksies na ons teruggegryp. Liam het verdwyn. Daar was geen waarskuwing, geen leidrade nie. Niks. Sy woonstel was leeg en sy digitale voetspore uitgewis soos spore in ’n woestyn. Ek het gesoek, gevra, geweet hulle het hom. Die magte het vir Liam uitgevee soos ’n fout in ’n kode. Nou is ek alleen. Elke persoon wat agter my stap, voel soos ’n jagter. En ek is sy kos. Ek het my naam, my lewe en my vriend verloor. Ek kan nie meer langer nie. Hoe lank is dit voor ek myself heeltemal verloor?Hoe lank is dit voor die vlam in my heeltemal geblus word? Die liedjie eggo in die agtergrond: “Ek wonder wat van jou geword het. Jy wat nog so by my spook. Ek weet net ons het die vuur gemaak. Die wêreld aan die brand gestook.” Dit was ’n somersaand soos enige ander. Die lug was dik van die hitte en die son het sos ’n bloedrooi oog oor die horison gehang. En en jy, net ons twee, op daardie oop stuk grond agter die ou skool. Ons wou net iets doms doen, iets wilds. Enige iets om te voel soos ons jonger self. Lewendig ... Jy het die vuurhoutjie uitgehaal en dit met ’n grynslag teen die klip gestreel. Die klein vlammetjie het die oneindigende donker verjaag. Ek het vir ’n oomblik getwyfel, maar jy het gelag, my op die rug geslaan. “Net ’n speletjie,” het jy gesê. “Net ’n bietjie lig in die donker.” Jou hare wat deur die wind waai, hoe kon ek ooit vir jou nee sê? Die vuur het vinniger as wat ons kon dink, versprei. Die vlam het gedans op die droë gras. Dit het begin as ’n fluistering, toe ’n sug en toe ’n brul. Ons het gehardloop, ons voete swaar en lomp van die stap. Ons het gelag, vir ’n oomblik, tot ons besef het die vuur gaan nie stop nie.

90 BOISHAAI 157 YEARS

Made with FlippingBook - Share PDF online