Boishaaier 2025
Farewell Nolene de Jongh
Nolene de Jongh
Wena Louw en Ian Uys
laat ander goed voel oor hulleself, en maak elke oomblik ligter net deur daar te wees. Vir haar 10 jaar lange kollega Ian Uys was Nolene nooit net ’n kollega nie – sy was ’n verbindingspunt, ’n ondersteuner en een wat belê in mense en moeite doen met vriendskappe. Sy staan mense by en ondersteun hulle. Ian beskryf haar met ’n paar Biologie vergelykings:
Nolene (geb. 1964 op Riversdal) matrikuleer in 1981 aan die Hoërskool Heidelberg en verkry haar BSc graad (1984, hoofvakke Botanie en Soölogie), haar HOD (1985), haar BSc Hons (Plantfisiologie, 1986) asook haar MPhil (Omgewingsbestuur, 2006) aan die Universiteit van Stellenbosch. Tussen 1987 en 1990 hou sy skool by die Rundu Senior Sekondêre Skool
in die ou Suidwes-Afrika, by Kaffra rian Girls’ High School en Kaffrarian Museum in King William’s Town en los af by Hoërskool Mil nerton en Hoërskool Brackenfell. Daarna gee sy Lewenswetenskappe en Natuurwetenskappe by Hoërskool Labori, Paarl (1991–2004) en by Hoër Jongenskool Paarl (2008–2025). As Lewenswetenskappe-onderwyseres was sy meer as iemand wat lesse aanbied – sy het lewens aangeraak. Sy het vir die seuns gewys dat leer nie net oor boeke gaan nie maar om die wêreld ondersoekend en met verwondering te bekyk. Sy het hul geleer om vrae te vra, om te dink en om te waardeer. Sy het dit alles gedoen met soveel warmte, humor en menslikheid dat geen leerder sal vergeet hoe besonders sy is nie. Nolene was ook ’n bekende gesig by swemgalas en atletiekbyeenkomste, waar sy met groot geesdrif tydhouer was. Ons onthou Nolene egter nie net as ’n onderwyseres nie. Ons onthou die lewenslustige Nolene, die sosiale persoon wat altyd ’n ete of uitstappie beplan, die een wat restaurante ontdek nog voor iemand anders daarvan hoor, die reisiger met ’n plan vir die volgende avontuur, die vriendin wat altyd tyd maak vir ’n geselsie en ’n koppie koffie en ’n lekker stukkie koek daarby. Nolene is iemand wat voluit leef maar steeds ge grond en nederig bly. Sy bring mense bymekaar,
“She’s like a social mitochondrion – always powering up friendships and sparking new adventures wherever she goes.” “Like a curious enzyme, she speeds up friendships, breaking down barriers and helping connections grow across every continent.” “She’s a cell membrane of kindness – always open, welcoming new friends and letting good vibes flow freely.” “She cultivates friendships like a master gardener – planting seeds of trust, watering them with time, and watching them bloom into lifelong bonds.” “Like a travel-loving ribosome, she assembles strong friendships one laugh and story at a time, building a world of connection.” Vir 17 jaar was Nolene deel van die hartklop van Hoër Jongenskool Paarl. Ons gun haar hierdie nuwe hoofstuk in haar lewe vol avonture, nuwe plekke om te ontdek en nuwe herinneringe om te skep. Ons is dankbaar vir alles wat sy vir ons skool beteken het: vir haar geduld, haar passie, haar vrolike geaardheid en haar groot hart. Ons groet haar met diepe waardering.
8 BOISHAAI 157 YEARS
Made with FlippingBook - Share PDF online