Boishaaier 2025

Bois Shoppe

Bois Shoppe

Anna-Marie Schoeman

Wanneer ’n ideale geleentheid hom voordoen, moet jy dit met albei hande aangryp. Toe ons dus die geleentheid kry om ’n vraghouer gratis te bekom, was die resultaat voor die hand liggend: ’n ondersteunerswinkel by Brugstraat genaamd B’Shop@Brug . Die winkel is opgedra aan mnr Willem Erwee wat al ’n jaar gelede die saadjie vir ’n permanente winkel by Kuehne+Nagel Brugstraat geplant het. Jaarlikse syfers bevestig die groeiende belangstelling in Boishaai-ondersteunersklere en artikels. Alle vorige rekords is vanjaar weer oorskry. “ It is because Boishaai is a brand , ma’am,” het ’n kliënt gesê. Dit is die waarheid; die gemeenskap is trots op ons skool en skroom nie om te wys waar hulle lojaliteit lê nie. Wat produkte betref het ons vanjaar die volgende nuwe items bekendgestel: · Die tweede van ons #BoishaaiBokke Nr. 2 minirugbyballe is bekend gestel en word opgedra aan Salmaan Moerat. · Vir die eerste keer ooit het daar vanjaar ’n ondersteunerstop verskyn met ’n Boishaai- en ’n Girls’ High-logo op, spesiaal vir die ouers wat kinders in beide skole het. · Nog ’n gewilde item op die ondersteunersrak was die warm Boishaai Lifestyle wintertop. · Ons eie Boishaai Lifestyle denimhemp het groot byval by kopers gevind. · Op versoek van die ouers het ons vanjaar ’n warm reënbaadjie vir pappas uitgebring, maar net so baie mammas het so ’n baadjie gekoop. · Wanneer ons manne gaan toer, kan hulle voortaan trots met ’n Boishaai-kussing uit die bus klim. · Ons seuns geniet ook die reeks sporthanddoekies wat in voorraad is. Ons het van heinde en verre navrae gekry oor ons Boishaai Brew, HJS se eie koffiekapitaal!

BOISHAAI 157 YEARS 13

Made with FlippingBook - Share PDF online