Boishaaier 2025

Kreatiewe Skryfstukke

Die geheim agter die donker natuur

Visvang en die lewe

Max Malan (11E)

Jayden Pekeur (11E)

Henré du Plessis (12C) My hart klop in my keel, my palms sweet. Ek voel hoe die bloed na my kop begin vloei soos my wange rou raak en toe word ek koud. “Ek weet, Pa.” mompel hy terwyl sy wysvinger stadig die sneller trek. Rustig staan hy op. Sy voetstappe op die krakende hout verbreek die stilte toe hy doelgerig na die studeerkamer loop. Hy maak die laai oop en haal die kluis se sleutel onder die Bybel uit. Vir ’n oomblik raak dit weer stil voordat hy met die bruin tassie na die voordeur begin beweeg. As hy my net ’n kans gegee het om te verduidelik sou hy weet dat die antwoorde nie alles in die tassie lê nie. Skielik kom hy tot stilstand by die deur. Hy draai om en loop tot langs my bewende liggaam. Weereens ontmoet ons oë, maar dié keer, weet ek, sal die laaste maal wees. Hy tel my ysige hand op en soen dit. Sonder om weer terug te kyk, maak hy saggies die deur oop en fluister: “Tot siens, my pa.” As ek terugdink aan my eerste gedagtes is dit nogals dof om eerlik te wees. Al wat ek kan onthou, is herinneringe van visvang. Ek kan nog die euforiese gevoel onthou op die wit strand van Langebaan toe ek my speelgoedwaentjie agter my aansleep met my vangs van die dag. My pa wou gehad het dat ons die klein vissie moet teruggooi, maar in my oë was dit ’n monster! Beslis een vir die rekordboeke. As die lewe net so eenvoudig soos visvang kon wees ... Soos wat ek ouer geword het, het my passie vir visvang nooit getaan nie. Ek was altyd ywerig om met enige geleentheid wat ek kon, ’n lyn nat te maak. Vakansies, langnaweke en selfs verjaarsdae is langs die viswaters deurgebring. Dit het my altyd groot vreugde gebring om langs die water te sit, op die rand van my kampstoel, gereed om op te spring vir die gedreun van ’n katrol. Visvang was my veilige vesting en het my deur moeilike tye gedra. So, toe my ouers vir my vertel het dat hulle gaan skei, het ek meer op visvang gesteun as ooit tevore. Ek kon nie in daardie huis sit tussen al die herinneringe van my ouers se huwelik wat nou verbrokkel het nie. Ek het in hierdie mismoedige tye my goed gevat en gaan visvang. Ek weet dit klink soos ’n kinderagtige vloermoer, maar ek kon op daardie oomblik net nie verstaan hoekom my ouers dit aan my sou doen nie. Hoe kon hulle so selfsugtig wees? My ouers was altyd bereid om my nog steeds na die viswaters te neem, afsonderlik natuurlik, en sodra ek langs die water sit, vul daardie bekende vreugde my weer. Dit het my tyd gegee om te dink oor alles wat in my lewe aangaan en het vir my duidelikheid gebied oor die situasie. Ek kon toe uiteindelik agterkom dat alles nie oor my gaan nie. Toe my ouers oorspronklik vir my vertel het dat hulle gaan skei, het ek dadelik gedink dat ek iets verkeerds gedoen het, maar my tyd langs die viswaters het my kinderagtigheid laat wegval en my laat agterkom dat mense net partykeer uit mekaar uit groei. Ek was onlangs weer by Langebaan na al die jare en het ’n bietjie op daardie selfde strand gaan stap. Noudat ek kinders van my eie het en meer begrip het oor die lewe kan ek onomwonde sê: Visvang was nie net ’n stokperdjie nie; visvang het my laat grootword.

Hy weet! Ek maak my oë op skrefies oop en loer na die horlosie langs die bed. Vyf minute oor ses, nog ’n rustelose nag verby. Die skuldgevoelens vreet my van binne af op. Ek moet vir hom vertel, voor hy iewers anders daarvan uitvind. Hy sal tog verstaan, sal hy nie? Dit was byna ’n leeftyd gelede en dit is nie asof ek ’n ander keuse gehad het nie. Dit was die enigste manier. Kreunend lig ek myself van die bed af en begin stadig na die kombuis beweeg. Hy sit reeds en wag by die etenstafel. Sy swart gepoleerde skoene blink in die vroegoggendson, sy das is netjies gevou en soos altyd is daar nie ’n haar uit plek uit nie. Ek gaan sit en begin huiwerig na my woorde soek, maar voor die eerste woord my lippe verlaat, druk hy sy regterhand in sy baadjiesak. ’n Oorverdowende stilte oorval die kamer toe ek in die silwer Smit en Wesson rewolwer se loop vaskyk, mý silwer rewolwer. Vir ’n oomblik ontmoet ons oë. Hy bluf. Hy sal tog nie sy eie pa nie ... Die wind fluister sy ou lied wat niemand onthou nie deur die takke. Die son het reeds agter die bome verdwyn. ’n Donker wolk het bokant die woud kom hang. Ek trek my rugsak stywer vas en volg die grondpad wat tussen die bome verdwyn. Almal het mekaar gewaarsku: “Moenie die woud alleen binnegaan nie.” Maar ek moes weet. Ek moes dit self uitvind. Daar was stories. Oor mense wat verdwyn het. Oor ’n stem wat jou naam fluister. Ek het dit nooit ernstig opgeneem nie, tot die aand toe my broer, Varkie, nie van ’n gewone staproetine teruggekom het nie. Ons het net sy foon gevind, bevlek met iets wat lyk soos bloed en modder. Ek het my foon se flitslig aangeskakel en die woud binnegegaan. Ek het my asem opgehou en geluister. Niks. Geen voëls. Geen wind. Net die stilte. Toe hoor ek dit: ’n sagte gefluister. Ek het stadig vorentoe gestap, elke tree soos ’n handgeweer in die nag. ’n Lig, dof en groen, het tussen die bome geflits. Ek volg dit. My hart het teen my borskas soos ’n trom geklop. Die lig lei my na ’n oop kol, waar die grond sag en swart was, donkerder as enigiets wat ek al ooit gesien het. En toe het ek hom gesien. Varkie. Maar dit was nie regtig hy nie. Sy gesig was leeg, sy vel pers. Sy hand uitgesteek asof hy my wou waarsku. Agter hom het die donker begin beweeg. ’n Vorm sonder vorm. Dis toe dat ek verstaan het: Die donker natuur het ’n wil van sy eie. Dit roep jou. Neem jou. Verander jou. En hou nooit op nie. Ek het gehardloop tot my longe brand. Ek het die woud agtergelaat, maar iets het saamgekom. Iets wat ek voel, maar nie kan sien nie. Die geheim agter die donker natuur is nie die monster wat binne is nie. Dit is wat jy verloor van jouself wanneer jy instap.

BOISHAAI 157 YEARS 91

Made with FlippingBook - Share PDF online