Boishaaier 2025
Gholf
Gholf
Willie Nel
Die 2025-gholfseisoen by Hoër Jongenskool het groter uitdagings ingehou as die voorafgaande jaar. Die standaarde wat deur vorige spanne gestel is was hoog, maar deur toewyding, harde werk en uitnemende leierskap is hierdie uitdagings met sukses oorkom. Aan die begin van die jaar het 105 seuns aangemeld vir proewe met die doel om vir een van HJS se vier spanne te kwalifiseer. Die Eerstespan het die skool se gholfprogram op die hoogste vlak verteenwoordig en elke kompetisie met oorgawe benader. Hulle het konsekwent binne die top vyf van elke kompetisie geëindig. Bosman de Villiers het op stil en doelgerigte wyse sy span saamgebind en gemotiveer, wat ’n merkwaardige invloed op hul prestasie gehad het. Die 2025-seisoen was ’n jaar van “eerstes” vir HJS-gholf:
· Afrikaans Seuns Hoër Uitnodigingstoernooi – naas wenners · Sun City Internasionale Kompetisie – 3de plek · Justin Harding Kompetisie – wenners (drie jaar in ’n ry) · Grey Kompetisie – al vier spanne wenners · Boland Liga – naaswenners · SA Skole Kampioenskappe – 5de plek · Interskole wenners – al vier spanne · HJS Gholfkampioen 2025 – Ghery Rabie ’n Verdere hoogtepunt was die seleksie van drie spelers vir die 2025 Interprovinsiale Toernooi (IPT) in Desember. Die program is goed op die regte pad, en alhoewel die helfte van die Eerstespan in matriek is en die skool aan die einde van die jaar verlaat, is daar groot vertroue in die nuwe generasie spelers om voort te bou op die sukses van 2025. Vir 2026 sal die fokus op die ontwikkeling van Junior Gholf val, met groot planne en toerbeplanning reeds in plek. Hoër Jongenskool is gereed vir die volgende fase van uitnemende gholfspelers en geleenthede, en nooi alle leerders om deel te wees van hierdie kompeterende sportfamilie.
· Oakdale Interne Kompetisie · Grey PE Junior Kompetisie · Pa en Seun Gholfdag Hoogtepunte van die seisoen sluit in: · Somerliga – naaswenners · Winterseisoen – naaswenners
BOISHAAI 157 YEARS 119
Made with FlippingBook - Share PDF online