Boishaaier 2025
Winter Interschools
Winter Interskole
Jacques Grobbelaar
Ons 108ste Paarl Interskole het vanjaar weer eens nie ’n tree teruggestaan vir enige van die vorige Interskole-weke nie. Die hoof-aktiwiteite is afgeskop met die tradisionele Sop-en-sopie-aand saam met Hoër Meisieskool en Klein Boishaai se personeel. Die gewilde binnenshuise netbal- en aksiekrieketweds tryde tussen die oudleerders, twee weke voor Interskole, het weer as die afskop vir die week se kragmetings gedien. Dit is gevolg deur die bekende Blou aand op die Maandagaand, waar die HJS-personeel saam met die oudleerders op Maties by Brauhaus in Stellenbosch gekuier het. Interskole-skaak is Dinsdagoggend by Paarl Gimnasium gespeel en al vier spanne van Hoër Jongenskool is as wenners van die skaakborde gekroon: • Eerste span: 5 – 3 • Tweede span: 6,5 – 1.5 Teen die tyd dat die oudleerderhokkiewedstryde plaasgevind het, was die Interskole-aktiwiteite reeds in volle gang. HJS Old Boys het 2 – 1 gewen, en Paarl Gim se Golden Oldies het met 2 – 0 geseëvier. Vanjaar het daar ook ’n junior en senior span aan die landloop in die Paarl Arboretum deelgeneem, waar HJS albei kategorieë gewen het — die juniors met 6 – 15 en die seniors met 13 – 23 (laagste telling wen). Teen Woensdag was dit die beurt van ons oudleerder rugbyspanne, en Hoër Jongenskool Paarl het al drie wedstryde gewen: • Derde span: 8 – 0 • Vierde span: 7 – 1
• 5-jaargroep: 15 – 12 • Old Boys: 18 – 10 • Golden Oldies: 26 – 17 Drie van HJS se gholfspanne het ook hul wedstryde gewen:
• Eerste span: 5 – 1 • Tweede span: 5 – 1 • Derde span: 3 – 3 • Vierde span: 4 – 2
Vrydagoggend is die naweek met groot geesdrif afgeskop met die Groot Brag in die skoolsaal, waar al die A-spanne hul pette ontvang het. Ons gasspreker, Rayno Nel (World’s Strongest Man), het almal se geesdrif verder aangevuur met sy passievolle praatjie. Die middag het al ons rugbyspanne kragte gemeet op Gimnasium se velde, gevolg deur die tradisionele oudstudente- Groot Brag in die stadsaal. Saterdagoggend was dit die beurt van die hokkiespanne: • o. 16A verloor 6 – 2 • o. 19B wen 2 – 0 • o. 19A wen 2 – 1 in die laaste minute van die wedstryd Die rugby by Faurestraat het weer voor ’n volgepakte stadion afgespeel: • o. 15A verloor 17 – 16 • o. 16A wen 37 – 21 • Tweede span verloor 26 – 25 • Eerste span wen 35 – 33 Ons sluit die Paarl Interskole 2025-week af met die tradisionele Krymekaar in die skoolsaal. In die woorde van mnr. Tom Engela: “A good time was had by all!”
162 BOISHAAI 157 YEARS
Made with FlippingBook - Share PDF online