Boishaaier 2025
Rozenfontein
Rozenfontein
Pieter van Zyl
Rozenfontein se tweede jaar was ’n tyd van groei en versterkte samehorigheid. Te midde van uitdagings het ons ’n gesonde balans tussen akademiese dissipline en welstand nagestreef – iets wat sigbaar word in daaglikse roetines. Ons het ook hartseer beleef. Die skielike afsterwe van mnr Erwee in Junie het ’n diep leemte gelaat. Hy was ’n gerespekteerde rolmodel: ferm, regverdig en opreg. Sy nalatenskap van integriteit en menswaardigheid rig steeds ons optrede en die gees van die koshuis. Ons het die jaar netjies geklee afgesluit met ’n ete by die Cattle Baron vol warm gasvryheid en heerlike kos. Dit was ’n geleentheid om terug te kyk, stories te deel en opreg dankie te sê vir die jaar wat verby is.
Erkenning word met waardering gegee aan mnr Van Zyl, mnr Marais, mnr Giliomee en ons nuutste hulp, mnr Van Schoor, vir volgehoue ondersteuning en leiding. Ons bedank ook ons leiers wie se voorbeeld sigbaar is – van konsekwente bywoning van Bybelstudie tot die stille, vormende invloed van alledaagse gesprekke met seuns om ware here te word. Op hierdie grondslag stap Rozenfontein Jaar 3 met hoop en vasberadenheid tegemoet: om respek, toewyding en goeie gedrag nog beter uit te leef sodat elke seun die beste kan vorder én in karakter groei.
BOISHAAI 157 YEARS 29
Made with FlippingBook - Share PDF online