Boishaaier 2025
Tennis
Tennis
Erik Bester
2025 was ’n baie suksesvolle jaar by HJS Tennis. Ons is baie trots dat 75 seuns tydens 2025 aan wedstryde deelgeneem het. Daar is nie enige skool wat dit kan sê nie. Ons spanne het ook meer as 90% van alle wedstryde gewen. Hoogtepunte · David Samaai-toernooi: o. 15A-span eindig 2e en o. 15-uitnodigingspan eindig 6e. · Boland Landbou o. 15-toernooi: o. 15A-span wen die toernooi en klop Paul Roos. · Grey Kollege-toernooi: eerste span haal die eerste keer die finaal en eindig in 2e plek. · Gerrie Berner-toernooi: eerste span verloor in die finaal; 2e plek uit 12 skole. · CR van der Merwe-toernooi: HJS-uitnodigingspan klop baie eerste spanne en eindig in ’n baie goeie 2e plek. · Marili Moolman-toernooi: HJS-uitnodigingspan speel teen ander skole se eerste spanne en behaal ’n uitstekende 2e plek. Individuele prestasies · Luhan van Niekerk het tydens die twee Growthpoint toernooie in Desember die 2e en 3e plek behaal en is
gekies vir die SA Skole-span. Tydens die SA Skole-toer verloor hy slegs een wedstryd. Luhan het tydens die nasionale toernooi 7e plek behaal en daarna in verskeie TSA-toernooie onder die topdrie geëindig. · Dawid Scholtz was nommer 1 in die Cavaliers-span en ook nommer 1 van die SA Skole-span. Dawid het die finaal van twee ITF-toernooie gehaal en ook twee dubbels in die ITF-toernooie gewen. · Zak Oosthuizen het sy eerste Growthpoint-finaal in Durban gehaal en daarna ook vier TSA-toernooie na mekaar gewen. · Quinn Smith het by verskeie TSA-toernooie goed presteer. Hy behaal een 3e plek, twee 4e plekke en een 5e plek. · Luka van Niekerk het ook aan verskeie TSA-toernooie deelgeneem en behaal twee baie goeie 2e plekke en twee 3e plekke. · De Witt Bergh het twee TSA-toernooie in die goue afdeling gewen. · Nicholas Kruger was die wenner by die junior nasionale toernooi. Hy wen ook die Suidelike Afrika-kampioenskap se enkels asook die dubbels. In die Afrika-kampioenskap haal Nicholas die semifinaal.
Tennis o. 19A Agter: Luhan van Niekerk, Jean Mostert, Zak Oosthuizen Voor: Reuben Lerm, mnr E Samaai (afrigter), Toit Malan, Dawid Scholtz, me L Visser (bestuurder), Reinhardt Mostert
140 BOISHAAI 157 YEARS
Made with FlippingBook - Share PDF online