Boishaaier 2025
Chess
Skaak
Dawid Kotzé
HJS Skaak het vanjaar ’n sterk seisoen beleef met ’n jong, talentvolle eerste span. Al die spanne het oor die goed gevaar by verskeie kompetisies, en die eerste span het veral by groot toernooie hul stempel afgedruk. HJS lewer ook een SA speler, drie Wes-Kaapspelers en ywaalf Kaapse Wynlandspelers. ’n Paar hoogtepunte van die afgelope jaar sluit in: • 1e span – Verower silwer by die aanlyn Nasionale BattleBoards kampioenskap – Klop Paarl Gimnasium en Grey Kollege Interskole – Wen Kaapse Wynland Topskole o. 19-afdeling – Naaswenner van die Wes-Kaap Topskole – Eindig 4e in die HJS Skaakfees – Eindig 7e in die Grey Kollege-kampioenskap • Ander prestasies – o. 15 eindig 2e by Kaapse Wynland Topskole en 3e by die Wes-Kaap Topskole – Bekendstelling van die skaakkampioen-erebord HJS Skaak het vanjaar ses spanne gelewer met indrukwekkende diepte en uiters toegewyde spelers. Ek wil graag opregte dank uitspreek teenoor al ons spelers, ouers en die skoolgemeenskap vir julle ondersteuning en vir die manier waarop julle help bou en groei aan skaak by Boishaai. ’n Spesiale woord van dank aan ons kaptein, Conlinn Coetzee, wat vanjaar met voorbeeldige leierskap die pad aangedui en sy mede-Boishaaiers met waardigheid en karakter gelei het. Ek wil ook graag dank betuig aan ons afrigter Jan-Meyer Verhoef,vir sy ongelooflike impak en investering in die seuns se ontwikkeling, asook aan me Cecilia Kotzé vir haar toegewyde ondersteuning met spanbestuur en toernooireëlings deur die jaar. Laastens wil ek die geleentheid gebruik om dankie te sê én waardig te groet. My tyd by Boishaai en HJS Skaak was vir my ’n groot voorreg en ’n besondere seisoen in my lewe. Ek vertrou dat skaak by Boishaai sal voortbou, aanhou groei en altyd ’n sport van genot en trots sal wees vir die seuns in die blou baadjie. AlexForbes BattleBoards Tournament HJS het met uitstekende spel tot in die eindstryd van die aanlyn BattleBoards-toernooi gevorder. Die seuns het dapper en vasberade gespeel en het uiteindelik as trotse naaswenners van hierdie nasionale toernooi geëindig waaraan 220 skole deelgeneem het. Paarl Interskole Vier van ons spanne het teen Paarl Gimnasium kragte gemeet. Die 1e span se wedstryde is via digitale borde regstreeks uitgesaai. Uiteindelik het al vier spanne oortuigend gewen, met ’n totaal van 26,5 – 5,5 in ons guns. Skaakkampioen-erebord Vanjaar het ons die skaakkampioen-erebord bekendgestel. Skaak by Boishaai het amptelik in 1968, ons 100-jarige bestaansjaar, begin toe Dirk Terblanche as die eerste
skaakkampioen gekroon is. Sedertdien word die titel jaarliks toegeken; die wenner ontvang die Stein-trofee. Grey Kollege en Wynberg BHS Darbies Drie spanne het die kragmeting teen Grey Kollege aangedurf. Al drie spanne het gewen, met ’n totaal van 26½ – 9½ in ons guns. Teen Wynberg BHS het ses spanne aan die aksie deelgeneem. Ongelukkig moes die 1e span tevrede wees met ’n noue verloor, maar HJS het steeds met ’n totaal van 22½ – 11½ weggestap. Grey College Chess Championship Three Boys’ High teams participated in the Grey College Chess Championships 21–22 February. A total of 67 teams from across the country participated. The A-team finished 7th in the Prestige division. MJ Strydom was named the best board-3 player of the tournament. The B-team finished 5th in the 2nd league as the 3rd best B-team in the tournament. The C-team finished 9th in the 3rd league as the 4th best C-team in the tournament. Kaapse-Wynland Topskole Die o. 19A- , o. 15A- en o. 15B-spanne het op 23 Augustus in Worcester aan die Kaapse-Wynlands Topskole deelgeneem. Die o. 19A-span het goud gewen en o. 15A het 2e geëindig in hul afdeling. Beide kwalifiseer vir die Wes-Kaap Topskole. Wes-Kaap Topskole Die o. 19A- en o. 15A-spanne het op die naweek van 6–7 Sep aan die Wes-Kaap Topskole in Hermanus deelgeneem. Beide spanne het briljant gespeel. Die o. 19A-span het 2e in die Wes-Kaap gekom en die o. 15A’s het die 3e plek in die provinsie behaal. Erik de Waal(bord 5) en Zandre Calitz(bord 6) het albei ’n bordprys gewen. Paarl Boys’ High Chess Festival The festival was hosted on 17–18 October in the Paarl Town Hall. This prestigious festival grew to 52 teams from 30 schools and included a new primary school division. Die A- en B-spanne het onderskeidelik 4e en 6e in die Elite-afdeling gekom. The C and D teams finished 4th and 9th respectively in the 2nd division against other B-teams. The E- and F- teams finished 13th and 5th respectively in the 3rd division, mostly against other C-teams. National Colours Ethan Oosthuizen represented the South Africa U16 team at the FIDE World Youth Rapid & Blitz Championships in Greece in April. He was then selected to represent South Africa at the Commonwealth Chess Championship in Kuala Lumpur, Malaysia, in November 2025. Ethan also finished 6th in the South African Open U16 division and 13th in the SAJCCC U16 division.
102 BOISHAAI 157 YEARS
Made with FlippingBook - Share PDF online