Boishaaier 2025

Marketing

Jagpakketveiling

2025 HJS Wynveiling

Richard Visagie

Richard Visagie

Vanjaar se Wynveiling op Woensdag 3 September in Paarl Stadsaal was weer eens ’n reusesukses. Dit het die gootste bruto-inkomste van al die Wynveilings tot op hede opgelewer. Die uitstekende gasspreker, Beyers Truter, beter bekend as die Pinotage-koning van Beyerskloof, het die basis gelê vir die aand se suksesvolle verloop. Die afslaer, Carl Malherbe, het veiling van die 63 lotte puik afgehandel. Graag bedank ons ook die volgende mense: · Die tafelgashere met hul 271 gaste (’n rekordgetal) wat bygedra het tot die finansiële sukses van die Wynveiling · Die wyngashere vir wyn op die tafels en die spesiale manier waarop hulle hul gaste getrakteer het · Al ons skenkers van wyn, wynproeë en verblyfpakkette · Dave Rawlings van Top Sound en sy helper vir die klank en videoskerm · Brittle Williams en sy spysenieringspan vir wonderlike dekor en smaaklike ete · Fritz Kuiper Smit vir die skenk van die wynvat vir die gelukstrekking · Die hele Boishaai-span vir hul professionele samewerking om hierdie 2025 HJS Wynveiling ’n onvergeetlike en suksesvolle HJS-produk te gemaak het

Vanjaar se HJS Jagpakketveiling op Donderdag 27 Februarie te Kuehne+Nagel Brugstraat was die suksesvolste ene ooit. Die gasspreker, Stefan Fouché, het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Hy het saam met Corné Krige ’n baie interessante vraag-en-antwoord-gesprek gehad oor die jagbedryf en jag-ervarings wat oorgespoel het na die jagters onder die gaste. Die afslaer, Appie Maritz, was absoluut briljant en het die Jagpakketveiling baie goed gelees en beheer. Wyle Willem Erwee, as seremoniemeester, het gesorg dat die veiling glad verloop het met sy gebruiklike spitsvondigheid. Graag wil ons almal betrokke van harte bedank vir die merkwaardige rol wat hulle hierin gespeel het: · Die skenkers van die uitsonderlike jagpakkette vir julle jarelange ondersteuning en goedgesindheid · Elke tafelgasheer wat gesorg het dat ons ’n rekordgetal gaste van 320 gehad het wat bygedra het tot die finansiële sukses van die Jagpakketveiling · Barry de Vries van Michaelangelo vir die wonderlike skenking van wyn aan elke tafel · Dave Rawlings van Top Sound en sy span vir die klank en die videoskerm · Johan Fourie en sy koshuispersoneel vir die smaaklike ete · Die hele Boishaai-span vir hul uitstekende en profes sionele samewerking om ’n onvergeetlike en suksesvolle HJS-produk te verseker.

182 BOISHAAI 157 YEARS

Made with FlippingBook - Share PDF online