Boishaaier 2025

Kultuur

Style Event

Lize Visser

Die PBHS Style Event het hierdie jaar op 24 April 2025 plaasgevind. Tydens die byeenkoms verskyn nege finaliste op die verhoog, waar hul die Boishaai-waardes prakties uitbeeld. Daar was vyf tonele. Die eerste toneel is slegs ’n bekendstelling van die finaliste aan die gehoor en beoordelaars met die tema Outer Banks . Met die tweede toneel het die seuns hulself in ’n stemopname voorgestel; hulle moes ook ’n vraag oor styl beantwoord. Tydens die derde toneel het die seuns hul metgeselle saam met hulle op die verhoog genooi. Elke paartjie het ’n era gekry om voor te stel. Die vierde toneel was ’n swembroektema waarvoor die Boishaai ‘lifestyle’-reeks ons geborg het. Vir die laaste toneel het die seuns die verhoog netjies geklee in formele drag saam met hul metgeselle betree. Mack Rapapali was seremonie meester en het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Hy het die gehoor heel aand met sy humorsin vermaak. Die drie beoordelaars was Mienke Ehlers, Anri Powell en Neethling Fouché. Die wenners was Jan-Albert Botha (Mr Style), Abelines Schoeman (1e Prins) en Marno van der Merwe (2e Prins). Jan Albert Botha was ook mnr Fotogenies en Alwyn van Jaarsveld mnr Persoonlikheid.

86 BOISHAAI 157 YEARS

Made with FlippingBook - Share PDF online