Boishaaier 2025

Culture

Kultuurverslag

Marissa von Mollendorf

Paarl Boys’ High Annual Culture Dinner It was with immense pride and joy that we gathered once again for Paarl Boys’ High’s annual Culture Dinner. This evening is dedicated to recognising the outstanding contributions of our cultural achievers; young men whose passion and dedication have enriched our school environ ment beyond measure. To give a complete overview of everything that happened on the cultural front would keep us busy for quite some time. So instead, we’ll highlight a few key moments that stood out in the various disciplines we offer. Musiekdepartement Soos altyd het die musiekdepartement ’n bedrywige jaar agter die rug, met groot produksies, kompetisies, meestersklasse, eisteddfods, eksamens en nog baie meer. Altesaam nege leerders is deur die Paarl-Vallei Eisteddfod vereer vir hul prestasies op musiek- en dramagebied. Verskeie manne is ook tans besig met hul finale voorbereidings vir die Trinity- internasionale musiekeksamens. Ons konserte hou ons lekker besig, en dit is heerlik om te sien hoe die manne op die verhoog floreer en groei. Die laaste optredes was tydens die Galakonsertreeks , waar elke leerder die geleentheid kry om te wys wat hy vanjaar vermag het. Cantare en Suonare het vanjaar vir die eerste keer aan die Montagu Kunswedstryd deelgeneem en onderskeidelik 85% en 95% behaal. Verder het die groepe ook aan die Choral Celebration Network se konserte in die Kaapstadse Stadsaal deelgeneem. Suonare het ook oudergewoonte aan die Stellenbosch Extravaganza en Windworx Fanfare deelgeneem, en by laasgenoemde weer eens met dubbelgoud weggestap. Ons het ook ’n splinternuwe Jazz Ensemble begin, met Stuart Martin , ons nuwe perkussie-onderwyser, as dirigent en afrigter. Hierdie ensemble het binne ’n kort tyd ’n ongelooflike indruk gemaak en het die eerste Battle of the Bands , wat in Junie by Kuehne+Nagel Brugstraat gehou is, oortuigend gewen . As deel van hul prys het hulle een dag by ’n studio deurgebring waar hulle besig was met opnames. Ons kan nie wag om dit te hoor nie! Several of our students participated in the prestigious Stellenbosch Chamber Festival , and we are proud to have seven learners forming part of the Stellenbosch Youth Orchestra , under the baton of our very own Mr Reghardt Kühn . Mr Kühn also conducts the Winelands Philharmonic Community Orchestra , in which two of our teachers and several Old Boys perform. Ons is besonder trots op Matthew Lamprecht en Andro Louw , wat uitgenooi is na die UNISA Beurs wennerskompetisie . Matthew het die Suid-Afrikaanse komposisieprys asook ’n beurstoekenning ontvang. Our drumline was invited to perform at the International Firefighters’ Day Parade held in May. Cantare also reached out to the community by serving and singing at a worship service at NG Kerk Wellington-Noord. These performances are so valuable to the boys and a reminder of how powerful music can be in serving one’s community.

Dramatic Arts In the Dramatic Arts , Mrs Ras Pretorius reports that we received four nominations for our film submissions to Paul Roos’s Filmit Competition . All the films were written, filmed and edited by the boys themselves. Congratulations to Maxwell van der Walt, Jayden Pekeur and Bruwer Bornman who won first place for the best Clemengold advertisement. We are also extremely proud of Jayden Pekeur , who starred in Kelders van Geheime , which was filmed at our school during the holidays. Jayden has also been invited to play a leading role in a KKNK production next year – a remarkable achievement that promises an exciting future. Debate / Redenaars Ons het vanjaar vyf spanne gehad wat aan die ATKV Debatkompetisie deelgeneem het; Hoër Jongenskool is ook by die Afrikaanse Taalmuseum se Historiumdebat verteenwoordig, waartydens spanne van al die Paarlskole teen mekaar meegeding het. The English debaters had a busy year. They took part in the Boland League hosted by Paul Roos Gymnasium in Stellenbosch and in the provincial debates held at UCT in Rondebosch. These learners gain invaluable experience in creativity and quick thinking, and their passion for debate is truly inspiring. Op redenaarsgebied het ons manne ook uitstekend presteer. Nege leerders het aan die ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem en Christopher Tait het uiteindelik nasionaal onder die top-10 sprekers geëindig. Christopher en Louwrens Smith het ook by die Oppie Tong Af -redenaarskomtetisie nasionaal presteer, en Christopher en Rynard de Beer het ook aan die Radikale Redenaarskompetisie deelgeneem, waar Christopher gekwalifiseer het om in die nasionale ronde deel te neem. The Blueprint Ons skoolkoerant, The Blueprint , vaar puik. Ons is aan die einde van 2024 deur Netwerk24 aangewys as een van die land se topskoolkoerante; onder leiding van ons redakteur, Matthew Lamprecht , gaan die span van krag tot krag. Style Event Nege van ons manne het vanjaar aan die jaarlikse Style Event deelgeneem – ’n hoogtepunt op ons kultuurkalender waar ons wys hoe ’n ware, stylvolle Boishaaier lyk, optree, voorkom en met dames omgaan. Vanjaar se Mr Style was Jan-Albert Botha . Dit was ’n besondere aand, en ons sien met opgewondenheid uit na wat 2026 inhou. Closing In closing, it has been wonderful to reflect on some of the incredible achievements that shaped our cultural landscape at Paarl Boys’ High this year. Congratulations to every participant on his commitment and excellence. We encourage all participants to keep raising the bar. They are truly the reason we can proudly say Boishaai bied balans . It is also your responsibility to keep us on our toes, ensuring that we continue to provide opportunities that allow them to grow and experience the very best cultural environments possible.

68 BOISHAAI 157 YEARS

Made with FlippingBook - Share PDF online