Boishaaier 2025

Cross Country

Landloop

Annette Fourie

Verskeie skole in die Weskus-Wynlandstreek neem Woensdae aan vriendskaplike landloopbyeenkomste deel. Die atlete hardloop ongeveer 4 km en neem in ’n senior en junior afdeling deel. Elke skool kry ’n beurt om ’n byeenkoms aan te bied. Daar was ag byeenkomste op Woensdae – vyf in kwartaal 2 en drie byeenkomste in kwartaal 3. Sommige van die HJS-seuns is ook by ander sportsoorte betrokke en kan dus nie aan elke wedloop deelneem nie. Ons afrigter, mnr Francois van Rensburg, stuur elke Sondag ’n oefenprogram en oefentye vir die seuns vir die komende week. Hulle oefen getrou drie maal per week en die middelafstandatlete gebruik die landloop as hul voorbereiding vir die atletiekseisoen. Baie dankie vir sy entoesiasme en opoffering. Ons atlete se prestasies spreek van sy toewyding. Op Vrydagoggend 9 Mei het ons landloopatlete by die Paarl Arboretum in ’n spankompetisie teen Grey Kollege kragte gemeet. Die tye van die eerste vier junior atlete en die eerste ses senior atlete, per skool en per ouderdomsgroep is gebruik om die uitslag te bepaal. HJS het ongelukkig albei wedlope verloor. Interskole-landloop het op Dinsdag, 29J ulie plaasgevind. Hoërskool Gimnasium het die byeenkoms gereël en atlete van HJS, HMS en Gimnasium het deelgeneem. Daar is vooraf deur die betrokke skole besluit om geen beperking op die

aantal deelnemers te plaas nie maar om die byeenkoms te beskou as ’n geesbou aktiwiteit vir alle sportsoorte. HJS wen die junior en senior Interskole-landloop 2025 vir seuns oortuigend. Baie geluk aan al ons atlete en deelnemers. Daar het 132 HJS-atlete het aan die Interhuis-byeenkoms deelgeneem. Baie dankie aan die personeel wat beamptes was. Die finale uitslag was soos volg:

Posisie 1

Bellevue

2 3 4 5 6

Monte Bello

Imhoff Berlyn

Zeederberg

Villieria Ryan Swanepoel won the Interschools senior race in 12:56 and took part in the Xterra Trail Run held in Llanberis, North Wales over 21km during the June holidays. He came 1 st in the U19 age group. He is our best senior athlete for 2025. Congratulations, Ryan. Dankie aan elke atleet wat gereëld oefen en met entoesiasme tyd vir landloop inruim. Ons sien uit na ’n besige 2026 seisoen.

Landloop Agter: Dewald Wentzel, Andro Louw, Matthew Hudson, Krige Kemp, Henry Chamberlain Middel: Joshua Paulse, Stephan Venter, Schalk Meiring, Lunden Kitching, Liam Gabriels, Le Roux Terblanche, Francois Koch, Ronan Macey, Lukas Schepers, Stephanus Naudé, Inganathi Kwela, Joshua Steenkamp Voor: Daniel Scholtz, Heini Smit, mnr D Hanekom, Ryan Swanepoel (kaptein), me A Fourie, Liam Erasmus, me R Röhrs, Zach de Kock, Vincent Rabie

146 BOISHAAI 157 YEARS

Made with FlippingBook - Share PDF online