Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
'n Samevatting van 27 jaar se evaluering
TAFELDRUIF ONDERSTOKKE IN SUID-AFRIKA , N SAMEVATTING VAN 27 JAAR SE EVALUERING
J.H. Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika ’n Samevatting van 27 jaar se evaluering Kopiereg © 2021 Landbounavorsingsraad Parkstraat 1134, Hatfield Pretoria, 0028 Posbus 8783, Pretoria 0001 Tel: +27 (0) 12 427 9700 E-pos: enquiry@arc.agric.za Kopiereg © 2021 South African Table Grape Industry (SATI)
Hoofstraat 63, Paarl, 7646 Posbus 2932, Paarl, 7620 Tel: +27 (0) 21 863 0366 E-pos: info@satgi.co.za www.satgi.co.za
Geen dele van hierdie boek mag gereproduseer of oorgedra word in enige vorm of op enige elektroniese, fotografiese of meganiese manier nie. Dit sluit in fotokopiëring en opname op plaat, band of laserskyf, op mikrofilm, via die internet, per e-pos of enige ander inligtingstoor- en/of herwinningstelsel, sonder vooraf skriftelike toestemming deur die outeur nie.
Eerste uitgawe 2018 Tweede uitgawe 2021
Vrywaring: Terwyl redelike sorg getref is om die akkuraatheid van die inligting in hierdie boek te verseker, aanvaar die outeur en uitgewers geen verantwoordelikheid vir nagevolge wat mag voortspruit uit enige fout en/of weglating nie.
SAAMGESTEL VIR DIE SUID-AFRIKAANSE TAFELDRUIFBEDRYF Deur JH Avenant Oktober 2021
ONTWERP EN UITLEG deur Bespoke Media Digital
“Hierdie publikasie word opgedra aan elkeen wat oor die periode van 27 jaar betrokke was by die proewe en data-insameling.” – J.H. Avenant
Meer oor die publikasie Hierdie boek is moontlik gemaak met die steun van SATI. Die inhoud is grootliks gegrond op navorsingsbevindings van die Landbounavorsingsraad (LNR).
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 1
VOORWOORD
E k het Jan Avenant in 1989 ontmoet en ons het vir meer as ’n dekade saam gewerk in die Wingerdkunde afdeling van die LNR Infruitec Nietvoorbij. Sedert die begin van sy navorsings loopbaan in 1980, het hy verskeie betekenisvolle bydraes gelewer op die gebied van tafel- en droogdruifbedrywe van Suid-Afrika. Hy is steeds heeltyds betrokke by navorsing op hierdie terreine. In die tydperk 1980 tot 1993 was hy gestasioneer op die Roodeplaat proefplaas buite Pretoria en was hy verantwoordelik vir vestiging van basiese wingerdboubeginsels vir die noordelike provinsies, insluitend die aanplant van sy eerste tafeldruifonderstokproewe op verskeie persele in dié provinsies. Sedert 1994, is mnr. Avenant op Nietvoorbij buite Stellenbosch gestasioneer en is sy navorsing steeds gefokus op wingerdboukundige aspekte van tafeldruif- en droogdruifverbouing. Sedert die begin van sy navorsings loopbaan, is onderstok-evaluering een van sy hoofnavorsingsgebiede. Hy het oor ’n tydperk van 38 jaar onderstokproewe gedoen in al vyf tafeldruifproduksiestreke, asook in die twee belangrikste droofdruifproduksiestreke in die land. Hierdie boek bied ’n samevatting van sy navorsingsresultate, verkry uit evaluering van tafeldruifonderstokke. Die inhoud van die boek bevat grotendeels resultate van sy eie navorsing, maar dit sluit ook ander relevante Suid-Afrikaanse en internasionale werk in. Die gebruik van onderstokke by wingerd verbouing in Suid Afrika het reeds sowat 140 jaar gelede ’n praktyk geword, nadat filloksera vanuit Europa grootskaalse
terugsterwing onder aanplantings veroorsaak het. Vir baie jare was hierdie grondgedraagde insek beskou as die primêre oorsaak van gebrekkige groeikrag en swak druifgehalte. Vandag weet produsente dat die prestasie van hul wingerd deur ’n hele aantal faktore bepaal word. Wetenskaplikes het deur navorsing getoon dat verskeie grondgedraagde organismes die wingerdstok se groei benadeel, asook dat grondtoestande ’n groot rol speel. Indien hierby gevoeg word die inherente eienskappe van die bo- en onderstokkultivar, sowel as die wisselende mate van verenigbaarheid en affiniteit wat tussen bo- en onderstokke bestaan, besef ons dat die keuse van watter onderstok om vir ’n nuwe aanplanting te gebruik, ’n komplekse taak is. Navorsing wat oor baie jare in Suid-Afrika gedoen is, asook die ervaring en resultate van vele veldproewe, verskaf egter breedvoerige inligting wat produsente in staat stel om ’n ingeligte besluit te kan neem. In hierdie boek word aandag geskenk aan aspekte soos die huidige onderstokgebruik, wingerdboukundige aspekte en aanpasbaarheid by grondtoestande. Dit bevat waardevolle inligting wat tafeldruifprodusente in staat sal stel om ’n onderstokkeuse vir hul spesifieke kultivars, grondtoestande en klimaat te kan maak. Op ’n akademiese vlak sal dosente hierdie boek kan gebruik as studiemateriaal vir hul studente. Die outeur slaag daarin om ’n magdom navorsingresultate op ’n inligtingryke, visuele en toeganklike wyse aan te bied, asook om praktiese riglyne ten opsigte van besluitneming by onderstokkeuses te verskaf.
Dr Jan Loubser
2 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 3
4 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 5
RESEARCH & DEVELOPMENT FRAMEWORK
>>
>>
MISSION SATI delivers service excellence to create a progressive, equitable and sustainable South African table grape industry.
VISION South Africa is the preferred country of origin for table grapes and will provide every table grape producer with as wide a choice as possible of profitable markets.
TOOLS Market Access & Development Information, Systems & Communication Transformation & Training Research & Technical
VALUES Science-based Agility and Flexibility Transparency Outcome-driven
DRIVERS Market Access:
“Market Preparedness” “Market Accessibility”
<<
AVANT-GARDE_0218633165
<<
CREATING A PROGRESSIVE, EQUITABLE AND SUSTAINABLE TABLE GRAPE INDUSTRY
63 Main Street | Paarl 7646 Western Cape | South Africa
Tel: +27 21 863 0366 | Fax: + 27 21 863 0339 Email: info@satgi.co.za | Website: www.satgi.co.za
ERKENNINGS
Die volgende rolspelers word bedank: SATI, THRIP (Technology and Human Resources for Industry Programme of the Department of Trade and Industry - the dti) en die LNR vir hul steun aan en befondsing van tafeldruifonderstoknavorsing. Die plase van Karsten Boerdery (Rooiwal, Kromhout en Fulham) in die Benede-Oranjeriviergebied en die plaas Malanot (La Ferme Derik) in die Agter-Paarl, vir die beskikbaarstel en bestuur van die proefpersele. Personeel van die LNR Infruitec-Nietvoorbij in Stellenbosch, Hexriviervallei en Upington vir hul tegniese ondersteuning oor die 27 jaar periode. SATI vir inligting uit die Nasionale stoksensus en PlantSA vir onderstokdata. Abraham Vermeulen van LNR Infruitec-Nietvoorbij vir die diagnostiese data. Tarryn Wettergreen van SATI vir insette, organisasie en skakeling om publikasie van die boek moontlik te maak. Dr Jan Loubser en Eunice Avenant vir hul redigering van die publikasie, insluitende die vertaling daarvan.
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 7
INHOUD
Voorwoord Erkennings Inleiding
2 7
10 11 12 18 23 24 26 28 30 32 34 36 38 40 42
Meer oor die navorsing
1 Onderstokgebruik
2 Verenigbaarheid en affiniteit van bo-en-onderstokkombinasies 3 Wingerdboukundige eienskappe van die 10 belangrikste onderstokke vir tafeldruiwe in Suid-Afrika
• Ramsey
• Paulsen 1103 • Richter 110 • Richter 99 • Ruggeri 140 • Dog Ridge • US 8-7
• SO4
• Freedom • Harmony
4 Aanpasbaarheid van onderstokke by grondtoestande (fisiese, chemiese en biologiese toestande) soos waargeneem in proewe vanaf 1989-2016
46 57
5 Riglyne vir keuse van onderstokke
Verwysings
60
BYLAE Bylaag 1
61
Opsomming van vernaamste bevindings van onderstokproewe wat plaasgevind het vanaf 1989 tot 2016 1.1 Die status van verskillende tafeldruifonderstokproewe in Suid-Afrika vir die periode 1997-2016 1.2 Opbrengsdata van Suid-Afrikaanse tafeldruifonderstokproewe vir die periode 1997-2016 1.3 Lootmassadata van Suid-Afrikaanse tafeldruifonderstokproewe vir die periode 1997-2016 Plakkaat: The effect of grapevine rootstocks on the performance of Regal Seedless Lys van figure Bylaag 2
61
62
64
66
68
69 69
Lys van tabelle
8 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Foto: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 9
INLEIDING O nderstokke bied produsente ’n strategie om risiko’s wat betref wingerdprestasie te verminder. Alhoewel makstokke gewenste opbrengs druiwe van ’n hoë gehalte kan produseer, is die risiko hoog, omdat wortelstelsels van Vitis vinifera -wingerdstokke gevoelig is vir grondgedraagde plae soos filloksera en nematodes, siektes en ongunstige grondtoestande, soos swak voedingselementstatus of soutgehalte. Gebruik van onderstokke beperk talle van die probleme wat met die wortelsone verband hou. Om aanbevelings oor die mees geskikte onderstok vir ’n spesifieke situasie (’n bostok-grondtipe-klimaat scenario) te maak, is ingewikkeld. Navorsingsresultate van onderstokproewe wat uitgevoer is in verskillende gebiede en persele in Suid-Afrika, oor ’n tydperk van 27 jaar, toon prestasieverskille tussen verskillende bostokke wat geëvalueer is op dieselfde onderstokke op dieselfde perseel. Dit beteken dat een gegewe onderstok nie noodwendig die beste onderstok vir al die geëvalueerde bostokkultivars op die perseel is nie. Langtermynproefresultate toon dat die rangorde van onderstokprestasie verskil tussen seisoene. Gevolglik moet die kumulatiewe prestasie van elke bo-en onderstokkombinasie oor tyd geëvalueer word, ten einde betroubare aanbevelings te kan maak. ’n Minimum van agt jaar se kumulatiewe proefresultate is nodig. Dit bring dus mee dat behoorlike onderstokevaluering oor ’n lang termyn moet geskied. Probleme met oormatige opbrengste van swak gehalte druiwe kan in verband gebring word met uitermatige groei wat deur sekere onderstokkeuses en inherente sterk groeikrag van bostokkultivars veroorsaak word. Onderstokevaluering moet daarop gefokus wees om onderstokke te identifiseer of nuwe onderstokke te ontwikkel met groei wat toepaslik is vir die spesifieke bostokkultivar, met gekombineerde risikoverminderingsvoordele en eienskappe van uitstekende dravermoë om ekonomiese opbrengste van ’n optimale gehalte te lewer. Die LNR se Navorsingsinstituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn, naamlik die LNR Infruitec-Nietvoorbij, was betrokke by evaluering van onderstokke vir verskillende
tafeldruifkultivars in die Wes- en Noord-Kaap. Hierdie proewe is gebruik om ’n reeks onderstokke te sif vir aanpasbaarheid by ’n spesifieke kultivar, grond en terrein. Voor die begin van hierdie proewe was min of geen wetenskaplike resultate beskikbaar om geskikste onderstokke vir spesifieke bostokkultivars te kies nie, veral vir nuut geteelde kultivars en nuwe, ingevoerde kultivars. Die doelwitte van hierdie proewe was om: • die mees geskikte onderstokke vir tafeldruiwe te vind in terme van: - groei, opbrengs en gehalte, - lewering van hoër produksie sonder om gehalte te benadeel. • aanbevelings oor onderstokkeuse te maak vir: - verskillende grondsoorte, - spesifieke bostokkultivars, veral nuut geteelde kultivars. Al die proewe is uitgelê volgens standaard statistiese ontwerpe. In die proewe het behandelings (onderstokke) bestaan uit eksperimentele eenhede wat gewissel het van vier tot ses stokke per eenheid. Behandelings is ewekansig oor die proefperseel in blokke toegeken en vyf tot ses keer herhaal. Die proewe, wat nie op proefplase uitgevoer is nie, is deur die onderskeie deelnemende produsente bewerk en versorg. Wingerdboupraktyke is toegepas in proefblokke volgens standaard verbouingsriglyne vir die kultivar in die gebied. Om die uitkoms van proewe se resultate te kan verklaar en verduidelik is die volgende bepalings gedoen: grondmonsters is geneem om die pH- en plantvoedingstatus en chemiese eienskappe van die grond, asook om teenwoordigheid van grondplae en -siektes te bepaal. Die blaarsteelvoedingselement inhoud is by korrelset bepaal. Die virusstatus van die bo-en-onderstokkombinasies is ook bepaal. Die onderstokname wat gebruik word in die publikasie is volgens die Suid-Afrikaanse variëteitslys, soos in stand gehou deur die Registrateur van Plantverbeteringvrugtegewasse van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. (Anon, 2017).
10 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
I n 1982 is tafeldruifnavorsing oorgedra van NIVV (Infruitec) na NIWW (Nietvoorbij). Met die oorname van wingerdnavorsing was ’n aantal onderstokproewe in verskillende fases van ontwikkeling op Bellevue-proefplaas, Hexriviervallei proefplaas, asook op kommersiële plase. Hierdie proewe het hoofsaaklik bestaan uit onderstokkruisings van die Universiteit Stellenbosch (US-kruisings) wat op daardie tydstip vergelyk is met onderstokke wat in die tafeldruifbedryf gebruik was (Jacquez, Rupestris du Lot, Richter 110, Richter 99 en Ramsey). Die data en toestande van al hierdie proewe is geëvalueer en dié wat beëindig kon word of afgesluit moes word, is geïdentifiseer (Deist, 1997). Gedurende hierdie tydperk is die navorsing van tafeldruifonderstokke as ’n hoë prioriteit geïdentifiseer. ’n Nuwe generasie onderstokproewe is met ’n splitperseel ontwerp uitgelê. In hierdie proewe is “nuwe” onderstokke wat ingesluit was in wyndruifonderstokproewe, ’n aantal US-kruisings, asook onderstokke wat in die tafeldruifbedryf gebruik was, geëvalueer (Deist, 1997). Een van die beperkings van die “ou” konsepproewe was dat dit antwoorde vir slegs een bostokkultivar gegee het. Met die “nuwe” onderstokproewe is verskeie bostokkultivars gebruik in splitpersele, waar antwoorde rakende meer as een bostokkultivar op die verskillende onderstokke van dieselfde proefblok verkry kon word. ’n Baie suksesvolle proef van hierdie aard is deur die LNR Infruitec-Nietvoorbij op die Roodeplaat navorsingstasie van die LNR Groente en Sierplante buite Pretoria geplant en uitgevoer. Vier bostokkultivars is op agt verskillende onderstokke geënt. Hierdie 32 bo-en-onderstokkombinasies was deel van die eerste onderstokproef in die Noordelike Somerreënvalstreek (Deist, 1997). Nog twee sulke proewe is in die Wes Kaap geplant, een op Hexriviervallei-proefplaas (vyf bostokkultivars, wat met 16 verskillende onderstokke geënt is; 80 bo-en-onderstokkombinasies) en nog een by Nietvoorbij-proefplaas naby Stellenbosch (sewe bostokkultivars met 24 verskillende onderstokke; 168 bo-en-onderstokkombinasies). In 1996 is die data en die toestand van al hierdie proewe geëvalueer en dié wat beëindig kon word, of moes word, is afgesluit. Daar is besluit om die proef by Nietvoorbij te staak. Die proef by die Hexrivervallei-proefplaas is voortgesit tot in 2002. Met die vrystelling van twee nuwe belowende tafeldruifkultivars uit die LNR Infruitec-Nietvoorbij Meer oor die navorsing
se teelprogram in 1997 het die vraag ontstaan watter onderstok gebruik moet word. In 1997 is Regal Seedless en White Gem in twee afsonderlike persele gevestig op die kommersiële plaas Malanot (later La Ferme Derik) in Agter-Paarl. Elke bostokkultivar is op 11 verskillende onderstokke geënt. ’n Enkele bostokkultivar is op elk van hierdie persele geëvalueer, om praktiese redes – om wingerdboukundige bestuur van die proefblok binne ’n kommersiële opset te vereenvoudig. Die eerste tafeldruifonderstokproewe in die Benede Oranjeriviergebied is in 2008 geplant. Die klimaat en grond in dié gebied verskil geheel en al van dié in die Wes-Kaap. Die sukses van ’n geskikte bostokkultivar sou afhang van die sukses waarmee ’n gekose onderstok in die geharde klimaat aanpas. Margarodes was besig om onrusbarend in die gebied toe te neem en te versprei. Opnames voor die aanvang van hierdie proewe het getoon dat margarodes drie van die beste filloksera weerstandbiedende onderstokke (R 99, 101-14 Mgt en Rupestris du Lot) vernietig het (De Klerk, 1975). Verder is voorsien dat nuwe uitbreidings in die Benede Oranjeriviergebied grootliks op buitegrond met hoër temperature langs die Oranjerivier, wes van Kakamas, sou plaasvind. Hervestiging van wingerde het ook op groot skaal in die Benede-Oranjeriviergebied plaasgevind. Volgens Burger et al . (1972) was daar aanduidings dat die hervestigingsprobleem beslis meer in droër dele en op swaarder gronde onder alkaliese en braktoestande voorkom. Met die vestiging van Ramsey op wingerdgrond waarop voorheen Ramsey gegroei het, is min probleme ondervind. Die sukses van die hervestiging van wingerd met die meeste ander onderstokke was egter onbekend. In daardie tyd is aanvaar dat onderstokevaluering ’n langtermynproses is en dat dit vir 10 tot 15 seisoene moet voortduur voordat betroubare aanbevelings gemaak kon word. In ’n droogdruifonderstokproef wat oor 18 jaar gestrek het, is 28 onderstokke met Sultanina H5 as bostok geëvalueer. Dit is ook gebruik vir bepaling van die minimum getal dataseisoene wat benodig word om wetenskaplike aanbevelings te kan maak. Die resultate van hierdie ondersoek het getoon dat betroubare evaluering van onderstokke oor ’n korter tyd moontlik is, naamlik minstens agt seisoene van produksiedata (Avenant, 2014). ’n Korter evalueringsproses sal groot voordele vir die tafeldruifbedryf hê, veral omdat nuwe kultivars dikwels beskikbaar word, waarvoor onderstokke ook aanbeveel moet word.
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 11
1 Onderstokgebruik Onderstokgebruik vir tafeldruiwe in Suid-Afrika (aanplanting per onderstok)
In 2017 was 82% van die tafeldruifaanplantings in Suid-Afrika met Ramsey as onderstok, gevolg deur R 110 (10.8%) en P 1103 (4.4%). Die gebruik van R 99
en US 8-7 is minder as 2% (Figuur 1). Slegs ongeveer 0.3% van tafeldruifwingerde is op makstok (data nie aangetoon nie).
RAMSEY
R 110
P 1103
R 99
US 8-7
10.8%
4.4%
1.7% 1.1%
2017
82.0%
FIGUUR 1: Die vyf mees aangeplante onderstokke vir tafeldruiwe in Suid-Afrika in 2017.
Bron: Verwerk uit 2017 SATI Nasionale stoksensusinligting. Onderstokke met vat% <0.1% en aangedui as onbekend is uitgesluit in verwerking van data.
12 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Beskikbaarheid van gesertifiseerde geënte tafeldruifstokke volgens onderstoksoort: ’n Vergelyking oor twee 5-jaar periodes
Oor die afgelope 15 jaar het die samestelling van onderstokke gebruik vir tafeldruiwe merkbaar verander. ’n Vergelyking van die data van die twee periodes toon ’n wesenlike verandering in die gebruik van elke onderstoksoort. In die periode 2002-2006, het Ramsey en R 110 byna 90% van die beskikbare gesertifiseerde
stokke verteenwoordig. In die periode 2012-2016, het die beskikbare gesertifiseerde Ramsey- en R 110-stokke merkbaar afgeneem (na gesamentlik 78%), terwyl veral P 1103 en in ’n geringe mate US 8-7 toegeneem het. Die beskikbaarheid van 143 B Mgt en R 99 het tot onder 1% gedaal.
RAMSEY
R 110
P 1103
143 B Mgt
R 99
US 8-7
ANDER
(a)
(b)
18.0%
17.0%
3.5%
13.7%
2002 - 2006
2012 - 2016
2.3% 0.7% 3.1% 1.2%
65.5%
3.3% 0.3% 0.2%
71.3%
FIGUUR 2: Getal gesertifiseerde geënte tafeldruifstokke volgens onderstoksoort beskikbaar vir verspreiding deur wingerdkwekerye soos gerapporteer aan PlantSA (Plantverbetering Suid-Afrika) deur kwekerye, as persentasie van die totaal oor twee 5-jaar periodes: 2002-2006 (a) en 2012-2016 (b).
Bron: Verwerk vanuit data beskikbaar gestel deur (a) SAWIS (2002-2006) en (b) PlantSA (2012-2016). Beskikbaarheid <0.1% is ingesluit in “Ander”.
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 13
Uit Figuur 3 is dit duidelik dat in onlangse jare, P 1103 gewilder geword het ten koste van R 110. Die vraag na
Ramsey het redelik konstant gebly, terwyl die vraag na US 8-7 nie toegeneem het nie en steeds laag gebly het.
P 1103
RAMSEY
R 110
US 8-7
100 90 80
70 60 50 40 30 20 10 0
BESKIKBARE STOKKE (%)
2012
2013
2014
2015
2016
JAARTAL
FIGUUR 3: Tendense van beskikbare gesertifiseerde tafeldruifstokke volgens onderstoksoort (2012-2016).
Bron: Verwerk uit data wat beskikbaar gestel is deur PlantSA.
Tendense in gebruik van onderstokke vir die twee mees aangeplante tafeldruifkultivars in Suid-Afrika
By Crimson Seedless (van nature ’n sterk groeier), het R 110 aanvanklik geleidelik toegeneem, waarna P 1103 gewilder geword het – aanvanklik ten koste van Ramsey, maar later grootliks ten koste van R 110 (Figuur 4). Die vraag na Ramsey het redelik konstant
gebly, terwyl die vraag na US 8-7 nie toegeneem het nie en steeds laag is. By Prime (’n matige groeier) word feitlik net Ramsey as onderstok gebruik en tans is daar geen aanduiding dat dit gaan verander nie (Figuur 5).
14 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
RAMSEY
R110
US 8-7
AND
P1103
80 90 100
CRIMSON SEEDLESS
R 110
P 1103 RAMSEY
US 8-7
ANDER
0 10 20 30 40 50 60 70 70 60 50 40 30 20 10 0
BESKIKBARE STOKKE (%)
2012
2013
2014
2015
2016
JAARTAL
FIGUUR 4: Tendense in die gebruik van onderstokke vir beskikbare gesertifiseerde Crimson Seedless-stokke, van nature ’n sterk groeier (2012-2016). | Bron: Verwerk uit data wat beskikbaar gestel is deur PlantSA
PRIME
P1103
RAMSEY P 1103 RAMSEY
RU140 Ru 140
0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100 100 90 80 70 60 50 40 30 20 10
BESKIKBARE ONDERSTOKKE (%)
2012
2013
2014
2015
2016
JAARTAL
FIGUUR 5: Tendense in die gebruik van onderstokke vir beskikbare gesertifiseerde Prime-stokke, van nature ‘n matige groeier (2012-2016). | Bron: Verwerk vanuit data beskikbaar gestel deur PlantSA.
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 15
Onderstokgebruik in die verskillende tafeldruifproduksiegebiede word aangedui in Figuur 6 en Tabel 1. Figuur 6 toon die bydrae van die ses mees aangeplante onderstokke, met Ramsey verreweg in die eerste posisie in al die gebiede. Die drie Wes-Kaapse gebiede het die grootste persentasie aanplantings met Ramsey as onderstok, gevolg deur die Benede
Oranjeriviergebied en die Noordelike Provinsies. In al die gebiede word die tweede posisie ingeneem deur R 110, met die grootste aanplanting (25%) in die Noordelike Provinsies. Dit kan toegeskryf word aan gunstige groeitoestande vanweë die klimaat en grondtipe in hierdie provinsies. R 99 speel nog ’n beduidende rol in die Olifantsriviergebied, terwyl US 8-7 se gebruik beperk is.
Streeksgebruik van onderstokke vir die verbouing van tafeldruiwe in Suid-Afrika
RAMSEY
R 110
P 1103
R 99
US 8-7
ANDER
80 100 90 80
90 100
70 60 50 40 30 20 10 0
50 60 70
40
HEKTAAR (%)
30
20
0 10
Bergrivier
Hexrivier
Olifantsrivier
Benede Oranjerivier
Noordelike Provinsies
FIGUUR 6: Onderstokgebruik in Suid-Afrikaanse tafeldruifproduksiegebiede (2017).
Bron: Verwerk uit SATI se nasionale stoksensus-inligting van 2017
16 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Onderstok Totaal 5 078.3 100 6 174.3 100 1 737.9 100 1 339.2 100 6 011.9 100 20 341.6 100 Tabel 1. Onderstokgebruik in Suid-Afrika volgens oppervlakte aangeplant per tafeldruifproduksiegebied (2017). Bron: Verwerk uit 2017 SATI Nasionale stoksensusinligting. kultivar Bergrivier (ha) (%) Hexrivier (ha) (%) Provinsies (ha) (%) Noordelike Olifants rivier (ha) (%) Benede Oranjerivier (ha) (%) Ramsey 4 047.5 79.70 5 301.0 85.86 1 032.7 59.42 1 040.6 77.71 4 345.0 72.27 15 766.7 77.51 R 110 386.4 7.61 307.5 4.98 433.8 24.96 189.1 14.12 758.7 12.62 2 075.6 10.20 P 1103 261.2 5.14 242.2 3.92 58.4 3.36 17.8 1.33 274.4 4.56 854.0 4.20 R 99 97.9 1.93 70.6 1.14 40.7 2.34 60.6 4.52 58.5 0.97 328.1 1.61 US 8-7 29.9 0.59 24.9 0.40 1.0 0.06 5.5 0.41 142.1 2.36 203.4 1.00 101-14 Mgt - - 19.4 0.31 6.0 0.35 4.0 0.30 6.0 0.10 35.4 0.17 143 B Mgt - - 2.0 0.03 - - - - 21.7 0.36 23.7 0.12 Ru 140 - - 1.7 0.03 - - - - 7.0 0.12 8.7 0.04 SO4 - - - - - - 2.9 0.22 - - 2.9 0.01 Jacquez 4.6 0.09 9.9 0.16 - - - - - - 14.5 0.07 Makstok - - - - - - - - 62.5 1.04 62.5 0.31 Onbekend 250.9 4.94 195.2 3.16 165.4 9.52 18.7 1.40 335.9 5.59 966.1 4.75 Totaal (ha) (%)
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 17
2 Verenigbaarheid en affiniteit van bo-en-onderstokkombinasies
Suksesvolle enting in die kwekery is ’n belangrike stap in die produksie van tafeldruifstokke. Verskeie probleme met enting van wingerdstokkies in die kwekery en stokke wat vrek na vestiging in wingerde, word die laaste aantal jaar toenemend gerapporteer. Die probleem word soms na verwys as “onverenigbaarheid” en soms as “affiniteit”. Verenigbaarheid is die vermoë van die onderstok en bostok om anatomies en fisiologies ná enting te kombineer (suksesvol te verenig) om ’n sterk groeiende geënte stokkie te lewer. Affiniteit verwys na die langtermyn produktiewe vermoë van die entkombinasie. Hoewel ’n onder- en bostok dus verenigbaar kan wees, kan swak affiniteit meebring dat die entkombinasie ná ’n paar jaar agteruitgaan en vrek. Verenigbaarheid kom tot uiting in dieselfde jaar as wat die enting gedoen is (in die kwekery ná bank enting of in die wingerd ná lug-enting), terwyl affiniteit eers tot uiting kom ná vestiging in die wingerd, twee of meer jare na enting, of een of meer jare nadat dit geplant is. Onsuksesvolle enting het groot negatiewe gevolge vir kwekerye en produsente. ’n Tekort aan geënte plantmateriaal van ’n spesifieke bo-en onderstokkombinasie veroorsaak dat sulke stokke duurder is as ander kombinasies. Hierdie situasie dra daartoe by dat produsente beskikbare bo- en onderstokke en nie noodwendig die beste kombinasie vestig nie. Onsuksesvolle enting het gevolglik ’n invloed op die beskikbaarheid van sekere bo-en- onderstokkombinasies van nuwe en nuut ingevoerde bostokkultivars. Met die vestiging van ses semi-kommersiële proewe, met Merbein Seedless en Sultanina H4 op verskillende onderstokke, was die vatpersentasie vir Merbein Seedless en Sultanina onderskeidelik 20.7% en 21.2%. Twee klone van 143 B Mgt is geënt met Merbein Seedless as bostokkultivar, waarna vatpersentasies van onderskeidelik 20.7% en 47.4% verkry is. Die vatpersentasie van beide bostokkultivars met Ramsey as onderstok was 50%. Die redes vir sulke mislukkings van Merbein Seedless en Sultanina met 143 B Mgt onderstok is grootliks onduidelik.
Swak vatpersentasie word dikwels toegeskryf aan die gehalte van die entmateriaal, enttegniek en kallusvorming, asook kwekery-omgewingsfaktore.
VERENIGBAARHEID kom tot uiting in dieselfde jaar as wat die enting gedoen is (in die kwekery ná bank enting of in die wingerd ná lug-enting).
AFFINITEIT kom tot uiting na vestiging in die wingerd, twee of meer jare ná enting of een of meer jare ná aanplanting. Verenigbaarheid Tabel 2 en Figuur 7 verskaf inligting oor die verenigbaarheid van verskeie entkombinasies van tafeldruifbostokkultivars en onderstokke. Die tabel en figure is saamgestel uit inligting van verskillende wingerdkwekerye vanaf 2012 tot 2016. Die vatpersentasie van gesertifiseerde stokke in wingerdkwekery (bank-enting) is bereken en word as maatstaf vir verenigbaarheid gebruik. Tabel 2 en Figuur 7, 8, 9 en 10 toon dat heelwat onderstok-, kultivar- en kloonverskille voorkom. Nie een van die bostokke toon op sy eie ewe goeie verenigbaarheid met al die onderstokke nie (byvoorbeeld P 1103 – 38.9%, Ramsey – 40.7%, R 110 – 36.2%, US 8-7 - 38% en R 99 – 36.3%, data nie aangetoon nie). Een spesifieke onderstok toon ook nie ewe goeie verenigbaarheid met al die bostokke nie (byvoorbeeld Sultanina H5 – 40.1%, Prime – 42.2%, Crimson Seedless – 49.4%, data nie aangetoon nie). Dit blyk dat die onderstok ’n groter invloed as die bostok op suksesvolle verenigbaarheid het. Daar is duidelike verskille in die verenigbaarheid van klone van bo- en onderstokke. Die gemiddelde vatpersentasie van al die bostokkultivars toon dat die verenigbaarheid vir al die onderstokke onder 50% is. Figuur 7 toon dat die beste verenigbaarheid verkry word met R 110 en P 1103 en die swakste met Ramsey en R 99.
18 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
TABEL 2. Verenigbaarheid van bo- en onderstokke by tafeldruiwe (gemiddeld vir 2012-2016).
ONDERSTOKKULTIVAR
Bostokkultivar African Delight TM Arrathirteen® Arrafourteen® Arrafifteen® Arrasixteen® Autumn Royal Crimson Seedless Evans Delight TM Flame Seedless Arraten® Blagratwo
P 1103
Ramsey R 110
US 8-7
R 99
3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 4 3 5 2 3 3 3 4 2 4 4 2 2 2 3 3 3 3 2 2 4 4 4 3 2 2 3 4 2
4 2 3 4 3 3 5 4 4 3 5 5 3 5 5 4 1 3 5 1 3 5 4
4
5
3 3
1
2
3
5 5
3 3 3 3 3 1
2
4
3 3
1
4 1
4
3
Early Sweet TM
3
IFG Nine
IFG Nineteen
IFG One IFG 31-077 IFG Seventeen
3
IFG Six IFG Ten
4
3
2
IFG Three IFG 68-175
3
3
Joybells®
5
5
Prime®
Ralli Seedless®
4 2
Redglobe
2 2
3
Sheegene-12 Sheegene-13 Sheegene-2 Sheegene-20 Sheegene-21 Sheegene-3 Stargrape-1 Stargrape-2 Starlight® Sugraone®
3
3
5 3 5
5
3
4 1 4 4
SLEUTEL
4
3 3 1 3
4
Sugrathirteen Sugrasixteen Sugranineteen Sugrathirtyfour Sugrathirtyfive Sugrathirtyeight Sundance Seedless Tawny Seedless® Tropical Delight TM Sultanina
3
4 Baie goed 5 Uitstekend
3 4 3 5 2 3 4
3
4
4 5
3 Goed
3
1 Baie swak 2 Swak
3 1
2
1
4
2
Bron: Verwerk vanuit data beskikbaar gestel deur PlantSA
Gemiddeld
3.5
3.0
3.2
3.0
3.3
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 19
P 1103
RAMSEY
P 110
R 99
SO4
US 8-7
60
50
40
30
VAT(%)
20
10
0
2012
2013
2014
2015
2016
JAARTAL
FIGUUR 7: Verenigbaarheid van verskillende onderstokke oor alle tafeldruifbostokkultivars (gemiddeld oor vyf seisoene, 2012-2016).
Bron: Verwerk uit data beskikbaar gestel deur PlantSA
CRIMSON SEEDLESS
10 15 20 25 30 35 40 45 50
R 99
R 110
P 1103
RAMSEY
SO4
US 2-1
US 8-7
VAT(%)
0 5
ONDERSTOKKULTIVAR
FIGUUR 8: Verenigbaarheid van verskillende onderstokke met Crimson Seedless as bostokkultivar (gemiddeld oor vyf seisoene, 2012–2016).
Bron: Verwerk uit data wat beskikbaar gestel is deur PlantSA
20 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
SC 18AB SC 18AE
10 15 20 25 30 35 40 45
VAT(%)
0 5
2012
2013
2014
2015
2016
JAARTAL
FIGUUR 9: Verenigbaarheid van twee Ramsey-klone oor alle tafeldruifbostokkultivars (gemiddeld oor vyf seisoene, 2012-2016).
Bron: Verwerk uit data beskikbaar gestel deur PlantSA
TAWNY SEEDLESS
60
51.2
50.5
50
46.2
44.9
40.5 39.4
39.5
38.1
40
29.6
30
23.3
VAT(%)
20
10
P 1103-PS 28G
P 1103-PS 28I
Ramsey- SC 18AB
Ramsey-SC18 AE
Ramsey-SC18 S
Ramsey-SC19 E
R 110-RQ20
R 110-RQ28C
R 110-RQ244D
US 8-7-UC274 A
0
ONDERSTOK-KLOONNOMMER
FIGUUR 10: Verenigbaarheid van Tawny Seedless met verskillende onderstokklone (gemiddeld oor vyf seisoene, 2012-2016).
Bron: Verwerk uit data wat beskikbaar gestel is deur PlantSA
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 21
Affiniteit Inligting oor die affiniteit van verskeie entkombinasies van tafeldruifbostokkultivars en verskeie onderstokke word in Tabel 3 aangedui. Dit is saamgestel uit verslae van die LNR Infruitec-Nietvoorbij vir diagnostiese ondersoek van tafelduifplantmateriaal wat uit reeds gevestigde wingerde ontvang is. Tabel 3 toon dat heelwat affiniteitsprobleme by verskeie onderstokke en bostokkultivars voorkom. Indien die kloonnommers van bogenoemde kombinasies bekend was, sou dit waarskynlik moontlik wees om te bepaal of daar ’n verband bestaan tussen kloon, verenigbaarheids- en affiniteitsprobleme. Sodoende sou moontlike affiniteitsprobleme tussen bo-en onderstokkombinasies vroegtydig bepaal kon word.
Uit Tabel 3 is dit ook duidelik dat Ramsey affiniteitsprobleme met verskillende bostokkultivars het. Dit word aanvaar dat R 99 goeie affiniteit met meeste bostokkultivars het. Uit die ondersoek was dit duidelik dat affiniteitsprobleme seisoensgebonde is en dat die enttegniek ook die voorkoms van affiniteitsprobleme beïnvloed. Affiniteitsprobleme het veral voorgekom waar die omega-enttegniek gebruik is (Figuur 11). Dit is waarskynlik nie ’n ware affiniteitsprobleem gekoppel aan die fisiologiese bostok-onderstok-interaksie nie, maar hou eerder verband met die enttegniek.
TABEL 3. Affiniteitsprobleme van bo-en-onderstokkombinasies by tafeldruiwe (resultate verkry vir plantmateriaal ondersoek deur die LNR Infruitec-Nietvoorbij).
ONDERSTOK
R 110
143 B Mgt
P 1103
Ramsey
US 8-7
Early Sweet TM Sugranineteen Sugrathirtyfour
Sugrathirtyfour
Sugranineteen Sugrasixteen Sugranineteen Sugrathirtyfour
Arrafifteen®
Sugrathirtyfour
Crimson Seedless
LaRochelle Redglobe Sugrasixteen
Sugranineteen Sugrathirtyfour Sugrathirtyfive Tawny Seedless®
Bron: Abraham Vermeulen, LNR Infruitec-Nietvoorbij
Hoe kan probleme met verenigbaarheid en affiniteit voorkom word? • Gebruik virusgereinigde plantmateriaal, die beste enttegniek en die beste entkombinasie (indien die inligting beskikbaar is). • Bekom inligting deur nuwe kultivars spoedig op verskillende onderstokke te ent en te vestig in veldproewe en/of kommersiële wingerde. • Plant slegs gesertifiseerde stokkies verkry vanaf geregistreerde kwekers.
22 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
BOSTOK
ONDERSTOK
FIGUUR 11: Swak entlas wat moontlik verband hou met affiniteitsprobleme (Foto: Abraham Vermeulen, LNR Infruitec-Nietvoorbij).
3 Wingerdboukundige eienskappe van die 10 belangrikste onderstokke vir tafeldruiwe
Spesifieke verwysings in teks/tabelle: (1) Resultate verkry van onderstokproewe onderneem deur die LNR Infruitec-Nietvoorbij, asook waarnemings in kolleksie- en proefblokke. (2) Storey (2013).
Daar is verskeie publikasies en aanlyn onderstokseleksietoepassings wat die voordele van wingerdonderstokke beskryf. Die onderstaande inligting is saamgestel uit publikasies gelys in literatuurverwysings, resultate verkry van proewe onderneem deur die LNR Infruitec-Nietvoorbij, waarnemings uit kolleksie- en proefblokke, die bladskrifreeks: Boerdery in Suid-Afrika van die Navorsingsinstituut vir Wingerdbou en Wynkunde, Stellenbosch, asook dié publikasie van Loubser en Uys (1997).
(3) Kidman et al . (2014). (4) Christensen (2010).
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 23
RAMSEY
V. champinii (natuurlike kruising) Sinoniem(e): Salt Creek
Oorsprong: Ontdek deur T.V. Munson in die VSA, in 1900
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Baie goed volgens plaaslike navorsing. Aalwurms: Uitstekend ten opsigte van knopwortelaalwurm; matig teen dolkaalwurm. Phytophthora : Goed. Kroongal: Swak. Natheid: Goed. Droogte: Uitstekend (3) . Brak: Goed. Kalk: Swak tot goed; afhangend van hoeveelheid vry kalk wat in die grond voorkom.
• Mees aangeplante onderstok vir tafeldruiwe in Suid-Afrika. • Lewer sterk groei en goeie tot uitstekende gehalte druiwe met die meeste bostokke op ‘n wye spektrum gronde. VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Matig; resultate wisselvallig met omega-bankenting. Affiniteit: Probleme met veral muskaatgeurige kultivars, asook Crimson Seedless, Redglobe en verskeie nuwe kultivars. Beworteling: Kan ernstige probleme gee; gebruik bewortelingshormone om probleme te oorkom. Groei indien ongeënt: Uitstekend (1) . Groei indien geënt: Uitstekend; kan bostok in seisoen van plant reeds volledig ontwikkel. Meer lowerbestuurspraktyke is nodig as by ander onderstokke as gevolg van sterk groei.
Blaarsteelvoedingstatustendense: Hoë N- en P-opname; lae Na- en Ca-opname (1) .
ALGEMEEN: • Hoofsaaklik gebruik vir uitstekende verdraagsaamheid teen aalwurms. • Word veral ook gebruik vir sterk groei wat dit induseer in bostokke.
• Lewer meestal goeie tot uitstekende gehalte tafeldruiwe met meeste bostokke op ’n wye reeks gronde. • Gee soms probleme met vrugbaarheid by inherente sterk bostokke, asook swak kleur by rooi en swart kultivars op geil gronde.
24 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
RAMSEY
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 25
PAULSEN 1103
V. berlandieri x V. rupestris Sinoniem(e): P 1103, 1103 P
Oorsprong: Geteel deur F. Paulsen in Sicilië, Italië, in 1895
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Baie goed tot uitstekend. Aalwurms: Matig (2) teen knopwortelaalwurm; swak teen dolkaalwurm. Phytophthora : Baie swak, word daarom nie aanbeveel op grond wat lank nat bly ná besproeiing of reën nie. Kroongal: Redelik. Natheid: Baie goed indien Phytophthora afwesig is. Droogte: Matig (3) . Brakgrond: Swak tot sensitief. Kalkagtige grond: Redelik goed; beter as R 110, maar swakker as Ru 140.
• Vir gevestigde tafeldruifwingerde, tans die derde mees aangeplante onderstok. • Vir nuwe aanplantings, tans die tweede gewildste onderstok naas R 110. VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Baie goed met die meeste kultivars van V. vinifera. Goeie resultate verkry met bank- en lugenting. Omega-bankenting gee soms probleme. Swak (1) . Affiniteit: Probleme met Redglobe in Suid-Afrika. Beworteling: Baie maklik. Groei indien ongeënt: Matig tot goed (1) . Groei indien geënt: Baie goed. Blaarsteelvoedingstatustendense: Hoë P- en Fe opname; lae Na-opname (1) .
ALGEMEEN: • Huidige aanvraag vir tafeldruifonderstokke toon ’n verskuiwing van P 1103 ten koste van Ramsey en R 110, met die verwagting dat bogroei sal afneem en beter gehalte druiwe gevolglik verkry sal word (veral op geil grond). • Gewildheid neem toe; is naas Ramsey die tweede meeste in aanvraag vir nuwe aanplantings. • Ramsey het beter presteer in die meeste proewe.
26 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
PAULSEN 1103
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 27
RICHTER110
V. berlandieri x V. rupestris Sinoniem(e): R 110, 110 R
Oorsprong: Geteel deur F. Richter in Frankryk, in 1902
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Baie goed. Aalwurms: Matig (2) teen knopwortelaalwurm en dolkaalwurm. Phytophthora : Redelik; beter as R 99; word daarom nie aanbeveel op gronde wat lank nat bly ná besproeiing of reën nie. Kroongal: Redelik. Natheid: Sensitief tot redelik bestand. Droogte: Baie goed (3) . Brakgrond: Matig. Kalkagtige grond: Goed.
• Vir gevestigde tafeldruifwingerde tans op twee na die mees aangeplante onderstok. • Vir nuwe aanplantings, tans op twee na die gewildste onderstok na P 1103.
VERBOUINGSEIENSKAPPE
Verenigbaarheid: Baie goed; soms word swak resultate met bank- en lugenting verkry. Ent moeiliker as R 99. Affiniteit: Geen probleme bekend of waargeneem in proewe nie. Beworteling: Maklik. Groei indien ongeënt : Goed (1) . Groei indien geënt: Word algemeen beskou as goed, maar swakker as R 99. Plaaslike tafeldruifproewe toon egter bostokverskille. Blaarsteelvoedingstatustendense: Lae Na-, Mn-, Mg- en Fe-opname (1) .
ALGEMEEN: • Sedert 2000 het die gewildheid van R 110 toegeneem ten koste van R 99; word toegeskryf aan die strewe na beter gehalte druiwe. • Tans die derde gewildste onderstok in die land, naas P 1103 en Ramsey vir nuwe aanplantings • Tans die onderstok wat naasmeeste aangeplant word.
28 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
RICHTER 110
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 29
RICHTER 99
V. berlandieri x V. rupestris Sinoniem(e): R 99, 99 R
Oorsprong: Geteel deur F. Richter in Frankryk, in 1902
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Baie goed tot uitsonderlik. Aalwurms: Matig teen knopwortelaalwurm; vatbaar vir dolk- en ringaalwurm (2) . Phytophthora: Baie swak; word daarom nie aanbeveel op grond wat lank nat bly ná besproeiing of reën nie. Kroongal: Swak. Natheid: Baie sensitief. Droogte: Swak (3) . Brakgrond: Matig. Kalkagtige grond: Goed.
Minimaal gebruik in nuwe tafeldruif-aanplantings in Suid-Afrika
VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Baie goeie bank- en lugentresultate word verkry. Swak tot goed (1) . Affiniteit: Geen probleme bekend of waargeneem in proewe nie. Beworteling: Baie maklik. Groei indien ongeënt: Baie sterk (1) . Groei indien geënt: Goed. Blaarsteelvoedingstatustendense: Hoë P-opname, lae Ca- en Na-opname (1) .
ALGEMEEN: • Minimaal gebruik in nuwe tafeldruifaanplantings in Suid-Afrika. • Gemiddelde tot swak prestasie in verskeie onderstokproewe ten opsigte van produksie en gehalte. • Gebruik by tafeldruiwe word nie aanbeveel nie.
30 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
RICHTER 99
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 31
US 8-7
Richter 99 x Jacquez Sinoniem(e): USVIT 8-7
Oorsprong: Geteel deur prof. C.J. Orffer, Universiteit Stellenbosch, in 1949
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Matig. Aalwurms: Matig vatbaar (2) teen knopwortel- en matig teen dolkaalwurm. Phytophthora: Inligting nie beskikbaar nie.
• Is min aangeplant by tafeldruiwe. • Geen aanduidings dat aanvraag daarna toeneem nie.
VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Redelik (1) tot matig. Affiniteit: Geen probleme bekend of waargeneem in proewe nie. Beworteling: Inligting nie beskikbaar nie. Groei indien ongeënt: Matig (1) . Groei indien geënt: Baie goed, maar swakker as Ramsey en Dog Ridge volgens plaaslike proewe. Verg meer insette ten opsigte van lowerbestuurspraktyke as die meeste ander onderstokke vanweë sterk groei. Blaarsteelvoedingstatustendense: Hoë Ca opname en lae Mn-opname (1) .
Kroongal: Inligting nie beskikbaar nie. Natheid: Inligting nie beskikbaar nie. Droogte: Matig tot goed. Brak: Inligting nie beskikbaar nie. Kalk: Inligting nie beskikbaar nie.
ALGEMEEN: • Op leemsand en sandleemgrond in onderstokproewe geëvalueer. • Wetenskaplike langtermyn bevindings onder plaaslike toestande toon dat produksie- en gehalteprestasie baie goed is met Crimson Seedless en slegs gemiddeld met Regal Seedless.
32 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
US 8-7
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 33
RUGGERI 140
Oorsprong: Geteel deur A. Ruggeri in Palermo, Sicilië, Italië in 1896
V. berlandieri x V. rupestris Sinoniem(e): Ru 140, 140 Ru
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Matig. Aalwurms: Swak (2) teen knopwortel- en dolkaalwurm. Phytophthora : Redelik sensitief.
• Getoets in ’n verskeidenheid van gronde. • Presteer nie beter as Ramsey nie. • Swak aalwurmverdraagsaamheid.
VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Uitstekend. Bank-enting lewer dikwels redelike swak vatpersentasie; goeie resultate met lugenting. Swak (1) . Affiniteit: Geen probleme in Suid-Afrika waargeneem of gerapporteer nie. Probleme oorsee ondervind met Redglobe. Probleme waargeneem met wyndruiwe. Beworteling: Relatief moeilik. Groei indien ongeënt: Goed tot baie goed (1) . Groei indien geënt: Goed tot matig onder plaaslike toestande. Blaarsteelvoedingstatustendense: Geen uitermate hoë of lae vlakke (1) .
Kroongal: Swak. Natheid: Swak. Droogte: Swak (3) . Brakgrond: Matig. Kalkagtige grond: Uitstekend (tot 35% kalkvry).
ALGEMEEN • Kan op ’n wye reeks van gronde gebruik word. • Was ingesluit in verskeie proewe. • Wetenskaplike langtermyn bevindings onder plaaslike toestande toon dat produksie by tafeldruiwe wissel van goed tot swak; meestal gemiddelde prestasie.
34 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
RUGGERI 140
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 35
DOG RIDGE
Oorsprong: Ontdek deur T.V. Munson op die Dog Ridge-geberge, Texas, VSA, in 1900
V. champini (natuurlike gekruising) Sinoniem(e): Dogridge
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Matig. Aalwurms: Goed teen knopwortelaalwurm; vatbaar
By wit kultivars, presteer net so goed en soms beter met Ramsey, veral op sanderige gronde.
vir dolk- en ringaalwurm (2) . Phytophthora: Baie goed.
VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Swak; ent moeilik. Affiniteit: Geen probleme bekend of waargeneem in proewe nie. Beworteling: Swak, moet met bewortelingshormone behandel word. Groei indien ongeënt: Baie sterk tot uitstekend. Groei indien geënt: Baie sterk; kan in eerste jaar daarna volledig ontwikkel. Koste van lowerbestuurspraktyke is hoër as by ander onderstokke as gevolg van sterk groei. Blaarsteelvoedingstatustendense: Hoë P-, Ca-, Mg- en B-opname (1) .
Kroongal: Onbekend. Natheid: Baie goed. Droogte: Baie goed (1) . Brakgrond: Goed tot baie goed.
Kalkagtige grond: Baie swak tot matig, afhangende van die hoeveelheid vry kalk teenwoordig.
ALGEMEEN • Presteer meestal net so goed of soms selfs beter as Ramsey in proewe, veral met wit kultivars. • Induseer sterk groei in bostokke wat meestal goeie tot uitstekende gehalte tafeldruiwe lewer met die meeste bostokke op wye reeks gronde. • Lewer soms probleme met vrugbaarheid by inherente sterk bostokke, asook kleurprobleme met rooi en swart kultivars op geil gronde.
36 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
DOG RIDGE
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 37
SO4
Oorsprong: Geteel deur die Wingerdbouskool in Oppenheim, Duitsland en geselekteer deur S. Teleki en H. Fuhr, 1896
V. berlandieri x V. riparia Sinoniem(e): Seleksie Oppenheim No. 4
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Matig. Aalwurms: Goed (2) teen knopwortelaalwurm; swak teen dolkaalwurm. Phytophthora: Swak. Kroongal: Matig. Natheid: Goed. Droogte: Swak tot redelik. Brakgrond: Swak. Kalkagtige grond: Matig tot goed (4) .
Moet op semi-kommersiële skaal vir tafeldruifverbouding in Suid-Afrika geëvalueer word.
VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Goed (1) . Affiniteit: Geen probleme bekend of waargeneem in proewe nie. Beworteling: Goed. Groei indien ongeënt: Matig tot goed (1) . Groei indien geënt: Meestal matig; swak by enkele proewe (1) . Blaarsteelvoedingstatustendense: Hoë Ca opname en lae Na-opname (1) .
ALGEMEEN: • Wetenskaplike langtermyn bevindings onder Suid-Afrikaanse toestande toon produksie en gehalteprestasie van goed tot baie goed by tafeldruiwe (selfs beter as Ramsey). • Proewe is uitgevoer op ’n wye reeks grond (sandleem, leemsand, leem en sandkleileem). • Kleur van só ’n aard dat kleurmanipulasie steeds noodsaaklik is.
38 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
SO4
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 39
FREEDOM
Oorsprong: Geteel deur J.H.Weinberger en F.N. Harmon, VSA, vrygestel in 1974
1613 Couderc x Dog Ridge Sinoniem(e): Geen
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Matig. Aalwurms: Goed teen knopwortelaalwurm; vatbaar vir dolk- en ringaalwurm (2) . Phytophthora : Geen inligting en/of data beskikbaar nie. Kroongal: Matig. Natheid: Geen inligting en/of data beskikbaar nie.
• Presteer goed ten opsigte van produksie en gehalte. • Behoort semi-kommersieel vir tafeldruif verbouing in Suid-Afrika geëvalueer word. VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Goed. Affiniteit: Geen probleme bekend of waargeneem in proewe nie. Beworteling: Inligting nie beskikbaar nie. Groei indien ongeënt: Goed tot baie goed (1) . Groei indien geënt: Matig tot swak; meestal beter as Harmony volgens plaaslike tafeldruifproewe. Blaarsteelvoedingstatustendense: Hoë K-opname (1) .
Droogte: Matig (4) . Brakgrond: Swak. Kalkagtige grond: Matig (4) .
ALGEMEEN: • Wetenskaplike langtermyn bevindings onder plaaslike toestande toon dat Freedom volgens produksie goed tot matig by tafeldruiwe presteer. • Proewe is op ’n wye reeks grond- (sandleem en leem), klimaat- (in die Wes-Kaap en die Benede Oranjeriviergebied) en verbouingstoestande uitgevoer.
40 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
FREEDOM
Foto’s: Jan Avenant
Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 41
HARMONY
Oorsprong: Geteel deur J.H. Weinberger en F.N. Harmon, Kalifornië, VSA, in 1965 vrygestel
1613 Couderc x Dog Ridge Sinoniem(e): Geen
ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Redelik. Aalwurms: Goed teen knopwortelaalwurm; vatbaar vir dolk- en ringaalwurm (2) . Phytophthora: Geen inligting en/of data beskikbaar nie.
Presteer swak onder plaaslike toestande ten opsigte van produksie.
VERBOUINGSEIENSKAPPE Verenigbaarheid: Goed; probleme oorsee aangemeld met Sultanina en Merbein Seedless. Affiniteit: Geen probleme bekend of waargeneem in proewe nie (1) . Beworteling: Goed. Groei indien ongeënt: Goed (1) . Groei indien geënt: Matig tot swak, maar meestal swakker as Freedom volgens plaaslike tafeldruifproewe (1) . Blaarsteelvoedingstatustendense: Lae N- en Fe-opname (1) .
Kroongal: Matig. Natheid: Matig. Droogte: Swak tot matig (4) . Brakgrond: Goed. Kalkagtige grond: Matig (4) .
ALGEMEEN: • Wetenskaplike langtermyn bevindings onder plaaslike toestande toon dat Harmony swak presteer by tafeldruiwe op grond van produksie. • Die proewe is uitgevoer op ’n wye reeks van grond- (sandleem en leem), klimaat- (in die Wes-Kaap en die Benede-Oranjeriviergebied) en verbouingstoestande.
42 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online