Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika

BYLAE

BYLAAG 1 Tabelle van tafeldruifonderstokproefresultate LNR Infruitec-Nietvoorbij-proewe Al die proewe is uitgelê volgens ’n gestandaardiseerde statistiese ontwerp. In die proewe is behandelings (bo-en onderstokkultivars) in eksperimentele-eenhede groottes toegepas wat wissel van vier tot ses stokke per eenheid. Behandelings is ewekansig oor die perseel en in blokke herhaal. Die proewe is deur die onderskeie deelnemende produsente bewerk en versorg. Wingerdboukundige praktyke is toegepas in die proefblokke soos standaard vir die kultivar in die gebied. Interpretasie van die tabelle Bo- en -onderstokkombinasies word in dalende volgorde gerangskik. Student se t-toets met KBV op ’n 5% peil van betekenisvolheid is gebruik om behandelingsgemiddeldes vir onderstokke in drie groepe te plaas, naamlik die beste, intermediêre en swakste groep. Om te onderskei tussen die beste en swakste groep, is die “a”-reeks as een groep en die laaste letter se reeks as ’n ander groep toegeken. Opsomming van vernaamste bevindings van onderstokproewe wat uitgevoer is vanaf 1989 tot 2016

Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika 61

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online