Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Affiniteit Inligting oor die affiniteit van verskeie entkombinasies van tafeldruifbostokkultivars en verskeie onderstokke word in Tabel 3 aangedui. Dit is saamgestel uit verslae van die LNR Infruitec-Nietvoorbij vir diagnostiese ondersoek van tafelduifplantmateriaal wat uit reeds gevestigde wingerde ontvang is. Tabel 3 toon dat heelwat affiniteitsprobleme by verskeie onderstokke en bostokkultivars voorkom. Indien die kloonnommers van bogenoemde kombinasies bekend was, sou dit waarskynlik moontlik wees om te bepaal of daar ’n verband bestaan tussen kloon, verenigbaarheids- en affiniteitsprobleme. Sodoende sou moontlike affiniteitsprobleme tussen bo-en onderstokkombinasies vroegtydig bepaal kon word.
Uit Tabel 3 is dit ook duidelik dat Ramsey affiniteitsprobleme met verskillende bostokkultivars het. Dit word aanvaar dat R 99 goeie affiniteit met meeste bostokkultivars het. Uit die ondersoek was dit duidelik dat affiniteitsprobleme seisoensgebonde is en dat die enttegniek ook die voorkoms van affiniteitsprobleme beïnvloed. Affiniteitsprobleme het veral voorgekom waar die omega-enttegniek gebruik is (Figuur 11). Dit is waarskynlik nie ’n ware affiniteitsprobleem gekoppel aan die fisiologiese bostok-onderstok-interaksie nie, maar hou eerder verband met die enttegniek.
TABEL 3. Affiniteitsprobleme van bo-en-onderstokkombinasies by tafeldruiwe (resultate verkry vir plantmateriaal ondersoek deur die LNR Infruitec-Nietvoorbij).
ONDERSTOK
R 110
143 B Mgt
P 1103
Ramsey
US 8-7
Early Sweet TM Sugranineteen Sugrathirtyfour
Sugrathirtyfour
Sugranineteen Sugrasixteen Sugranineteen Sugrathirtyfour
Arrafifteen®
Sugrathirtyfour
Crimson Seedless
LaRochelle Redglobe Sugrasixteen
Sugranineteen Sugrathirtyfour Sugrathirtyfive Tawny Seedless®
Bron: Abraham Vermeulen, LNR Infruitec-Nietvoorbij
Hoe kan probleme met verenigbaarheid en affiniteit voorkom word? • Gebruik virusgereinigde plantmateriaal, die beste enttegniek en die beste entkombinasie (indien die inligting beskikbaar is). • Bekom inligting deur nuwe kultivars spoedig op verskillende onderstokke te ent en te vestig in veldproewe en/of kommersiële wingerde. • Plant slegs gesertifiseerde stokkies verkry vanaf geregistreerde kwekers.
22 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online