Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika

RICHTER110

V. berlandieri x V. rupestris Sinoniem(e): R 110, 110 R

Oorsprong: Geteel deur F. Richter in Frankryk, in 1902

ALGEMENE EIENSKAPPE Verdraagsaamheid teenoor: Filloksera: Baie goed. Aalwurms: Matig (2) teen knopwortelaalwurm en dolkaalwurm. Phytophthora : Redelik; beter as R 99; word daarom nie aanbeveel op gronde wat lank nat bly ná besproeiing of reën nie. Kroongal: Redelik. Natheid: Sensitief tot redelik bestand. Droogte: Baie goed (3) . Brakgrond: Matig. Kalkagtige grond: Goed.

• Vir gevestigde tafeldruifwingerde tans op twee na die mees aangeplante onderstok. • Vir nuwe aanplantings, tans op twee na die gewildste onderstok na P 1103.

VERBOUINGSEIENSKAPPE

Verenigbaarheid: Baie goed; soms word swak resultate met bank- en lugenting verkry. Ent moeiliker as R 99. Affiniteit: Geen probleme bekend of waargeneem in proewe nie. Beworteling: Maklik. Groei indien ongeënt : Goed (1) . Groei indien geënt: Word algemeen beskou as goed, maar swakker as R 99. Plaaslike tafeldruifproewe toon egter bostokverskille. Blaarsteelvoedingstatustendense: Lae Na-, Mn-, Mg- en Fe-opname (1) .

ALGEMEEN: • Sedert 2000 het die gewildheid van R 110 toegeneem ten koste van R 99; word toegeskryf aan die strewe na beter gehalte druiwe. • Tans die derde gewildste onderstok in die land, naas P 1103 en Ramsey vir nuwe aanplantings • Tans die onderstok wat naasmeeste aangeplant word.

28 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online