Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Druifgehalte is meestal goed, maar die korrelgrootte is soms kleiner as verkry met gebruik van groeikragtige onderstokke. Kleur is van só ’n aard dat kleurmanipulasie steeds noodsaaklik is. STAP 3: Doen meer ondervinding op Die meeste tafeldruifprodusente se ondervinding is feitlik geheel en al beperk tot Ramsey. Produsente neig om te volstaan met Ramsey-aanplantings, omdat dit meestal goeie tot uitstekende gehalte druiwe met uitstekende produksies lewer, met die meeste bostokke en op ’n wye spektrum gronde. Ramsey vaar egter nie altyd goed genoeg om die feitlik uitsluitlike gebruik daarvan te regverdig nie. Meer aandag moet dus gegee word aan alternatiewe onderstokke. Dit is riskant dat ’n hele bedryf grootliks gevestig is op slegs een onderstokkultivar. STAP 4: Oefen ’n finale keuse uit Finale onderstokkeuses berus op inligting van die bostokkultivar (inherente groeikragtigheid, produksie, korrelgrootte- en korrelgehaltepotensiaal) en eienskappe van verskillende onderstokke. Die onderstok wat gekies word moet die beste in staat wees om die inherente tekortkominge van die bostokkultivar of tekortkominge wat deur die omgewing veroorsaak word, soos uiters sterk groei, swak trosgehalte, onvoldoende korrelgrootte en onvoldoende kleur, te oorkom. Dit is nodig om die potensiaal van die grond, asook die mikroklimaat van die voorgestelde blok in ag te neem, insluitend of oorhoofse nette gebruik gaan word of nie. Die bo-en-onderstokkombinasie se verwagte groeikrag moet in ag geneem word by die keuse van ’n prieelstelsel en spasiëring in die wingerde.
Foto: Jan Avenant
Gee soms by inherente sterk bostokke probleme met vrugbaarheid en veroorsaak kleurprobleme by rooi en swart kultivars op geil gronde. Die suikergehalte van die druiwe is laer en rypwording kan vertraag word. GROEP 2 Onderstokke met goeie groeikragtigheid: Paulsen 1103, US 8-7, Richter 110, Richter 99, Ruggeri 140 Wat groei, produksie en korrelgehalte-eienskappe betref, is die prestasie van onderstokke in dié groep intermediêr in vergelyking met onderstokke in Groep 1 en Groep 3. GROEP 3 Onderstokke met matige groeikragtigheid: SO4, Freedom en Harmony Die stadige groeitempo wat in die bostokke geïnduseer word, veroorsaak die teenoorgestelde reaksie as in die geval van onderstokke in Groep 1. Matige groei kan beter kleur van rooi druiwe tot gevolg hê as wanneer groeikragtige onderstokke gebruik word.
58 Tafeldruifonderstokke in Suid-Afrika
Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online