SATI Beyond The Bunch 2nd Quarter 2025
SATI Research Booklet
Quarter 2
BEYOND
2 0 2 5
FOKUS OP: Grond- en blaarontledings
ADOBE STOCK
CLAYTON SWART
2025
T A B L E
T A L K
GET YOUR TICKETS NOW CONVERSATIONS
BEYOND
A SATI PUBLICATION
About Beyond the Bunch This quarterly publication aims to serve as a science-based resource for the South African table grape industry. Each edition will feature an article exploring a topic or questions raised by industry, with links to related additional reading. Submit your topic or questions Producers and industry stakeholders are encouraged to suggest scientific or technical questions or topics of interest. We will strive to address as many of these as possible. Feature your brand SATI invites interested businesses and organisations to sponsor this publication. Sponsorship includes a banner and full page advert in the applicable edition. An advertorial option is available. Contact denene@satgi.co.za to feature your brand. Email tarryn@satgi.co.za to submit your request.
5
2
0
Presented in partnership between SATI and SASEV
2
K
L
30 • 07 Kakamas
01 • 08 Paarl
28 • 07 Groblersdal
A
E
T
T
A
L E
O V
B
N
T A
N
I
N
&
A
E
V
T
I
G
A
Creating a platform to explore topics impacting the table grape industry
BESTE PRAKTYKE VIR MONSTERNEMING
Die ontleding van grond- en blaarmonsters verskaf noodsaaklike inligting vir die suksesvolle vestiging en bestuur van tafeldruifwingerde. Produsente moet egter die regte monsters op die regte manier neem om betroubare laboratorium resultate en die beste moontlike aanbeveling te verkry. DEUR ANNA MOUTON
ADOBE STOCK
BEYOND THE BUNCH • 4 • QUARTER 2 • 2025
Verteenwoordig jou wingerd Laboratoriumontleding van monsters berus op die be ginsel dat die monster nie beduidend van die geheel verskil nie. Indien monsters nie verteenwoordigend is nie kan laboratoriumresultate tot verkeerde gevolg trekkings en suboptimale bestuur lei. As ’n produsent byvoorbeeld sy bemestingsprogram op monsters vanaf die een swak kol in ’n andersins groeikragtige wingerd baseer gaan hy waarskynlik langtermynprobleme met vrugbaarheid en vrug kwaliteit optel. In meeste gevalle is die mikpunt om ’n gemiddeld vir ’n bestuurseenheid te bekom. Dit is gewoonlik nie sinvol om aparte blaar- en grondontledings te doen vir ’n area wat eenvormig besproei en bemes word nie. Aparte monsters kan wel help om die oorsaak van probleemkolle te identifiseer en reg te stel. Hoe om verteenwoordigende monsters te neem Produsente kan op twee maniere hul monsters meer verteenwoordigend maak. Eerstens kan hulle die bestaande variasie in die wingerd in ag neem. Voor vestiging kan grondvariasie met behulp van grondop-
names gekarteer word. Na vestiging is satelliet- of hommeltuigbeelde uitstekende maniere om variasie in groeikrag uit te beeld. Visuele evaluasie kan ook gebruik word. Met hierdie inligting kan produsente grond- en blaar monsters in rye neem wat die wingerd as geheel verteenwoordig en swak kolle apart monster. Figuur 1 wys die groeikrag van ’n wingerd wat met NDVI gemeet is. Die groeikrag is oorwegend goed tot sterk en ’n ry in die middel van ’n relatiewe een vormige sterk area is dus ’n goeie keuse vir monster neming. Aparte monsterneming van die swak kol kan help om die oorsaak te identifiseer en aan te spreek. Saamgestelde monsters is die tweede vereiste vir verteenwoordigende monsters. Deur ’n klomp grond- of blaarmonsters bymekaar te sit word ’n goeie ge middeld verkry. Let egter daarop dat saamgestelde monsters mik om ’n gemiddeld van soortgelyke waardes te gee. Moet dus nie heeltemal verskillende monsters – byvoorbeeld bo- en ondergrond of blaarskywe en -stingels – meng nie.
NDVI beeld vanaf IMPI platform. VERSKAF DEUR AGRIMOTION.
Wat is NDVI? NDVI (normalised difference vegetation index) is die genormaliseerde indeks van die verskil in plantegroei. Dit word vanaf satellietlesings van gereflekteerde sigbare en na-infrarooi lig bereken. Gesonde plante absorbeer meestal sigbare lig maar nie na-infrarooi lig nie. Die hoeveelheid gereflekteerde sigbare en na-infrarooi lig kor releer dus met die hoeveelheid plantegroei.
BEYOND THE BUNCH • 5 • KWARTAAL 2 • 2025
Grondmonsters
Trek vir elke area 4–5 (maksimum 10) monsters op verskillende plekke en kombineer hulle. Moenie die grondmonsters van sterk en swak groeikragtige areas meng nie. Dit is makliker om langtermyntendense te sien indien die monsters elke jaar op dieselfde plekke geneem word. Grondmonsters en blaarmonsters kan in dieselfde ry geneem word. Trek grondmonsters 10–40 cm diep. Neem alle mon sters elke jaar op dieselfde diepte en verskaf hierdie inligting aan die laboratorium. Neem die monsters in die wingerdry ongeveer half pad tussen mikrospuite of op die rand van die benat tingsone van druppers. Hou in gedagte dat erge grondversuring onder druppers kan plaasvind en dat die grondchemie onder druppers drasties van dié tussen druppers kan verskil. Versuring onder druppers is erger op sandgronde en waar strookbenatting nie toegepas word nie. Neem ’n aparte stel monsters onder druppers in 4–5 areas binne die wingerd om versuring vroegtydig te iden tifiseer. Hoe om ’n grondmonster te neem Teken die plek waar elke monster geneem word aan, selfs al gaan die monsters deel van ’n saamgestelde monster vorm. Verwyder die boonste laag organiese materiaal en enige kors. Neem die monster op die gewenste diepte en plaas in ’n skoon plastiekemmer. Moet nooit grond monsters in ou kunsmissakke neem nie. Al die monsters vir ’n saamgestelde monster kan in dieselfde emmer gegooi word. Verwyder groot klippe en groot stukke plantmateriaal soos blare en wortels. Meng goed en plaas dan ongeveer 0.5–1.0 kg van die saamgestelde monster in ’n skoon plastieksak. Merk die sak duidelik met ’n permanente merker. Die monster moet aan die datum, plek, en diepte van monsterneming gekoppel kan word. Dit is ’n goeie praktyk om hierdie inligting op die sak te skryf selfs al word aparte rekords gehou. Hou die monsters koel en droog en lewer dit spoedig aan die laboratorium.
Monsters voor vestiging mik om die variasie in grondei enskappe te karteer terwyl monsters na vestiging poog om die gemiddelde grondeienskappe vir ’n bestuurseenheid vas te stel. Voor vestiging Grondopnames is onontbeerlik vir die suksesvolle ves tiging van nuwe wingerde. Die fisiese en chemiese eienskappe van die grond beïnvloed die beplanning van aspekte soos dreinering en besproeiing en be paal ook watter chemiese regstellings nodig is. Derhalwe word monsters vir grondopnames gewoonlik op ’n 50 meter x 50 meter rooster getrek wat die hele area dek en alle bestuurseenhede verteenwoordig. Ekstra monsters om te karteer waar een grondtipe na ’n ander oorgaan mag nodig wees indien die profiel gate en grondmonsters wesenlike verskille openbaar. Grawe profielgate om te bepaal waar om monsters te trek. Indien daar sigbare horisonne is, neem monsters binne elke horison. Indien nie, neem monsters op 30 cm, 60 cm en 90 cm. Moenie monsters van verskillen de horisonne of dieptes meng nie. Na vestiging Die eerste monsters kan kort na grondvoorbereiding getrek word om te bevestig dat grondtoestande op timaal is. Daarna word grondmonsters geneem om grondchemie te moniteer en die bemestingsprogram daarvolgens aan te pas. Trek monsters elke twee jaar in sanderige of klipperige gronde wat relatief vinnig loog en elke drie jaar in swaarder gronde. Alhoewel grondmonsters teoreties enige tyd van die jaar getrek kan word, is dit ’n goeie praktyk om dit altyd op dieselfde tyd te doen – saam met blaar monsters werk goed. Vermy monsterneming wanneer gronde baie nat is asook kort na kunsmistoediening. Soos hierbo bespreek moet grondmonsters na vesti ging verteenwoordigend van ’n bestuurseenheid wees. In wingerde met areas van uiteenlopende groeikrag moet grondmonsters in die mees verteen woordigende area getrek word. Swak areas kan apart gemonster word.
ADOBE STOCK
BEYOND THE BUNCH • 6 • QUARTER 2 • 2025
Blaarmonsters
Dieselfde beginsels vir die neem van verteenwoor digende grondmonsters geld ook vir blaarmonsters. Blaarmonsters word gewoonlik jaarliks tussen blom en ertjiekorrelstadium of by deurslaan geneem. Neem die monsters altyd op dieselfde tyd. Besluit ook watter deel van die blaar – die skyf of die steel – om te ge bruik en hou elke jaar daarby. Tydens vrugset word óf blare oorkant trosse óf blare tussen die derde en vyfde knoop op ’n draloot ge neem. By deurslaan word blare tussen die vyfde en agste knoop vanaf die groeipunt geneem. Poel ongeveer 30 lewendige blare om ’n saamgestel de monster te vorm. Die blare moet van verskillende
stokke in ’n verteenwoordigende ry geneem word. Vermy stokke aan die buitekant van blokke wat moontlik stowwerig kan wees. Vermy ook blare met siekte- of insekskade. Versamel verkieslik blaarmonsters soggens eerder as gedurende die warmste tyd van die dag. Plaas hulle in ’n skoon plastieksak en merk soos vir grondmonsters. Blaarmonsters moet nooit gewas of gevries word nie. Hou die monsters koel en droog en lewer spoedig aan die laboratorium. Verwys na Bemestingsriglyne vir die Tafeldruifbedryf vir meer besonderhede oor monsterneming. Die e-boek is op die SATI webwerf beskikbaar.
????????? Blaarmonsters kan tussen blom en ertjiekorrelstadium geneem word.
ADOBE STOCK
Erkenning Die volgende grondkundiges het tegniese insette verskaf. • Bennie Diedericks. ReSalt. bennie@resalt.co.za • Danie Kritzinger. Agrimotion. danie@agrimotion.net • Dr Pieter Raath. Labserve. pieter@labserve.net
BEYOND THE BUNCH • 7 • KWARTAAL 2 • 2025
ADOBE STOCK
ALGEMENE FOUTE MET GROND- ONTLEDINGS
Korrekte grondvoorbereiding skep die fondasie waarop suksesvolle wingerde verbou word. Maar verkeerde interpretasie van grondontledings kan hierdie fondasie ondermyn en tot die voortydige ineenstorting van die wingerd lei.
DEUR ANNA MOUTON
BEYOND THE BUNCH • 8 • QUARTER 2 • 2025
Produsente vind dikwels dat wingerde begin agteruitgaan net mooi wanneer hulle wins gewendheid eintlik moet begin. Die oorsaak lê menigmaal by foutiewe grondvoorberei ding – iets wat nie na vestiging reggestel kan word nie – en sulke wingerde moet uiteindelik voor hulle tyd uitgetrek word. Daarby kan verkeerde gevolgtrekkings uit grondontledings implikasies vir besproeiing- en bemestingsbestuur hê. Grondkundige Dr Pieter Raath van Labserve Laboratoriums som hieronder die ses mees algemene foute met die interpretasie van grondontledings op.
Neem diepte in ag Grond is nie eenvormig van bo na onder nie. Grondtekstuur kan wesenlik tussen horisonne verskil en grondvoorbereiding moet die volle grondpro fiel in ag neem. Selfs grond wat nie duidelik sigbare horisonne bevat nie het nietemin chemiese verskille tussen vlakker en dieper grond. Daar is byvoorbeeld ’n verdunningseffek waardeur die konsentrasie van grondkoolstof en sekere elemente afneem vanaf die oppervlakte na dieper in die grond. Die implikasie is dat die diepte waarop grond monsters getrek word die ontledingsresultate van daardie monsters geweldig beïnvloed. Ernstige foute kan gebeur wanneer die diepte nie in ag geneem word met die interpretasie van die re sultate nie. Doen dit reg Merk alle monsters met die diepte waarop hulle getrek is. Hierdie inligting is noodsaaklik vir die laboratorium en grondkundige om ’n prentjie van die grondeienskappe te vorm. Verwys na die vorige artikel vir die korrekte dieptes vir monsterneming tydens grondopnames asook in gevestigde wingerde.
Verkry grondtekstuur inligting Grondtekstuur is een van die hooffaktore wat dreinering en loging beïnvloed. Dit gaan dus ’n belangrike oorweging in die beplanning van grondregstellings en die opstel van bemestings programme wees. ’n Sanderige grond gaan byvoorbeeld geneig wees om vinnig te loog so daar is geen sin om kalium tydens grondvoorbereiding in te sluit nie. Die aangewese benadering is om kalium 2–3 keer gedurende die groeiseisoen toe te dien. Kaliumregstellings kan egter in swaarder gronde tydens grondvoorbereiding gedoen word. Daarna kan kaliumtoedienings eenmalig of selfs minder gereeld gedurende die groeiseisoen geskied. Gipstoediening vir die behandeling van natrium verbrakking is nog ’n voorbeeld waar tekstuur in ag geneem moet word. Dit is onnodig om gips in sanderige gronde toe te dien want sanderige gronde loog maklik – meer hieroor later. Doen dit reg Grondtekstuur is nie ’n roetine ontleding by alle labo ratoriums nie so dit mag nodig wees om dit spesifiek aan te vra. Produsente moet verseker dat hulle hier die inligting as deel van hul grondontledings verkry.
ADOBE STOCK
BEYOND THE BUNCH • 9 • KWARTAAL 2 • 2025
Vermy onderbekalking Grond pH het verreikende gevolge vir grondchemie en die prestasie van wingerdstokke. Lae pH oftewel suurheid kan slegs deur middel van kalktoediening tydens grondvoorbereiding reggestel word. Dit is nie moontlik om kalk toe te dien om die ondergrondse pH reg te stel wanneer die wingerd eers gevestig is nie. Onderbekalking is ’n algemene rede vir die agteruit gaan van jong wingerde. Verkeerde berekening van die kalkbehoefte gebeur dikwels omdat waardes vir grondsuurheid nie korrek interpreteer word nie. Suurheid is ’n maatstaf van waterstof-ione (H + ) in die grond. Aluminium-ione dra ook tot suurheid by omdat hulle met water reageer en waterstof-ione vrystel. Om die grond pH na optimale vlakke te lig moet die waterstof-ione geneutraliseer word. Grondsuurheid val in drie groepe: aktief, uitruilbaar en residueel. Aktiewe suurheid is waterstof-ione wat in die water tussen grondpartikels opgelos is. Uitruil bare suurheid is waterstof- en aluminium-ione wat deur grondpartikels vasgehou maar met ’n neutrale soutoplossing uitgeruil kan word. Daarenteen is residuele suurheid waterstof- en alumi nium-ione wat styf deur grondpartikels en organiese materiaal vasgehou word en nie deur ’n neutrale soutoplossing uitgeruil kan word nie. Die residuele Onderskei grond en klip Die klipfraksie in grond is nie chemies reaktief nie en moet dus nie as deel van die grondvolume getel word wanneer regstellings of toedienings bereken word nie. As die klipfraksie nie in ag geneem word nie kan daar byvoorbeeld oorbekalk word wat nadelig vir die wingerd is. Dit gebeur ook dat te veel kalium in klipgronde ge gee word wat dan stikstof- of magnesiumopname benadeel en selfs tot verbrakking kan bydra. Doen dit reg Groot klippe kan nie by grondmonsters ingesluit word nie so skat die klipfraksie en teken dit aan. Sluit klein klippies of gruis in die grondmonster in en versoek die laboratorium om die klipfraksie te bepaal. Klipfraksie kan verbasend hoog wees aangesien enigiets groter as 2 mm as klip beskou word.
suurheid dien as ’n buffer wat oor die langtermyn enige poging om die grond pH te verander teenwerk. Grond pH word gewoonlik met ’n soutoplossing (KCl) gemeet. Die kalium-ione (K + ) verplaas van die uitruil bare waterstof- en aluminium-ione maar nie dié wat deel vorm van die residuele suurheid nie. Residuele suurheid kan aansienlik wees so die berekening van die grond se kalkbehoefte moet dit in ag neem. Indien kalk slegs na aanleiding van die uitruilbare en aktiewe suurheid (met KCl gemeet) toegedien word sal hierdie kalk deur die aktiewe en uitruilbare waterstof-ione opgebruik word. Residuele suurheid sal mettertyd loskom maar daar sal nie genoeg kalk oor wees om hierdie nuwe vlaag suurheid te neutraliseer nie met gevolg dat die grond se pH na die oorspronk like sub-optimale vlak sal daal. Doen dit reg Berekening van kalkbehoeftes moet volgens residuele of totale titreerbare suurheid (aangegee as H-kon sentrasie in cmol per kg) gedoen word. Hierdie is nie ’n standaard ontleding by meeste laboratoriums nie aangesien dit ’n ekstra ekstraksie en analise verg. Maak dus seker om dit aan te vra en dat die labora torium die korrekte metode gebruik.
ADOBE STOCK
BEYOND THE BUNCH • 10 • QUARTER 2 • 2025
ADOBE STOCK
Ken die verskil tussen T-waarde en KUK Bemesting word dikwels volgens die basisversadiging- of Albrecht-stelsel bereken. Die uitgangspunt vir hierdie stelsel is dat ’n gebalanseerde ioonverhouding optimaal vir plante is. Die Albrecht-stelsel werk volgens basisversadiging, wat natrium-, kalium-, kalsium- en magnesium-ione as ’n per sentasie van die katioonuitruilkapasiteit (KUK) uitdruk. Die KUK verteenwoordig al die katione – positief-gelaaide ione – wat aan grondpartikels en -molekules gebind is. Dit sluit nie vry katione in die grondoplossing in nie. Basisversadiging is ’n goeie maatstaf in swaarder gronde met ’n lae of neutrale pH, maar nie in sandgronde, brak gronde, gronde met vry kalk of oorbemeste gronde nie. In laasgenoemde gronde kom ’n groot hoeveelheid katione vry in oplossing voor en vorm nie deel van die KUK nie. Die totale konsentrasie katione in die grond hetsy in wa ter opgelos of aan grondpartikels en -molekules gebind word deur die T-waarde gegee. In gronde met ’n lae pH is meeste van die katione aan grondpartikels en -molekules gebind en die T-waarde is dus naastenby dieselfde as die KUK. In gronde met ’n hoë pH, sowel as sandgronde, brak gronde, gronde met vry kalk of oorbemeste gronde, is die T-waarde heelwat hoër as die KUK. Die ioonverhoudings in hierdie gronde kan dus nie volgens die Albrecht-stelsel beoordeel word nie. Pogings om die Albrecht-stelsel in hierdie gronde toe te pas sal tot oormatige toediening van sekere elemente aanleiding gee. Doen dit reg Bemes om genoegsame voedingstofkonsentrasies vir die plant se behoeftes te bereik eerder as om ’n optimale verhouding tussen katione in die grond na te streef. Beoordeel basisversadiging in die konteks van ander ont ledings soos grondtekstuur, konduktiwiteit , en kalsium-, magnesium-, kalium- en natriumvlakke.
Moenie onnodig gips gebruik nie
Verbrakking of versouting word deur die opbou van oplosbare soute in grond ver oorsaak. Die enigste manier om dit aan te spreek is om die soute uit te was. Dit is ge woonlik relatief maklik om soute uit sande rige grond met goeie dreinering uit te was. In kleigronde met hoë natriumvlakke bind die natrium-ione aan die kleipartikels. Na trium-ione reageer ook met water. Wan neer sulke gronde benat word, ontwrig die sterk binding tussen water en natrium die grondstruktuur omdat die molekules wat vorm die kleipartikels uitmekaar druk. Die grond se struktuur verval dan en die water wat toegedien word om die sout uit te loog kan nie dreineer nie. Gips is kalsiumsulfaat. Die kalsium-ione daarin verplaas natrium-ione op kleipar tikels maar bind nie met water nie. Kalsium ione op die kleipartikels sal die grondstruk tuur stabiliseer terwyl die vry natrium-ione los in die grondwater is en uitgewas kan word. Gips is dus nuttig in brak gronde met hoë natriumvlakke maar bied geen voordeel in brak gronde met lae natriumvlakke nie. Inteendeel sal gipstoedienings in lae-na triumgronde die situasie vererger omdat die kalsiumsulfaat net nog ’n sout is wat bygevoeg word. Doen dit reg Bestudeer die grondontledings voordat brakgronde behandel word. Gebruik slegs gips in swaarder gronde waar natriumvlak ke meer as 10%–15% van basisversadiging verteenwoordig.
BEYOND THE BUNCH • 11 • KWARTAAL 2 • 2025
VERWYSINGS EN LEESSTOF
CONTACT US FOR CONTENT ENQUIRIES: Submit your topic or question. tarryn@satgi.co.za
CONTACT US FOR SPONSORSHIP ENQUIRIES: Feature your brand. denene@satgi.co.za
Die volgende boeke is vanaf SATI beskikbaar:
Soil Preparation for Sustainable Wine and Table Grape Vineyards.
Bemestingsriglyne vir die Tafeldruifbedryf. Fertilisation Guidelines for the Table Grape Industry.
Die biologiese aspekte van grondvrugbaarheid is in die eerste uitgawe van Beyond the Bunch bespreek.
Ander bronne Besoek Labserve en Agrimotion se webwerwe vir relevante artikels.
Neem asseblief kennis dat hierdie lys nie volledig is nie. Ons is bewus daarvan dat ander hulpbronne kan bestaan.
BEYOND THE BUNCH • 12 • QUARTER 2 • 2025
BEYOND
Beyond the Bunch editions are published quarterly as follows: March, June, September and December
ADVERTISING OPPORTUNITIES
BEYOND
LAEVELD SCOUT
A SATI PUBLICATION
About Beyond the Bunch This quarterly publication aims to serve as a science-based resource for the South African table grape industry. Each edition will feature an article exploring a topic or questions raised by industry, with links to related additional reading. Submit your topic or questions Producers and industry stakeholders are encouraged to suggest scientific or technical questions or topics of interest. We will strive to address as many of these as possible. Feature your brand SATI invites interested businesses and organisations to sponsor this publication. Sponsorship includes a banner and full page advert in the applicable edition. An advertorial option is available. Contact denene@satgi.co.za to feature your brand. Email tarryn@satgi.co.za to submit your request.
FULL PAGE ADVERT 210 mm wide x 297 mm high (indicated as light grey colour). Please supply final CMYK PDF, no crop marks, no bleed.
Geel lokvalle is vir alle blaaspootjies aantreklik.
BERLIN, 2025 5-7 FEBRUARY GET YOUR TICKETS NOW BANNER ADVERT 420 mm wide x 55 mm high (indicated as light grey colour). Please supply final CMYK PDF, no crop marks, no bleed.
Rates per edition as follows: RATES AND DISTRIBUTION
Advertising only: R7 500 per edition (includes banner advert on inside front cover & full page advert on inside back cover). Advertorial: R12 500 (includes both the above advertising opportunities and a relevant industry article written by the advertiser).
R7 500
R12 500
There is an option to book space in more than one edition at a time – a package rate can be offered depending on the request. Enquiries: denene@satgi.co.za
PROUDLY PRESENTED BY
BEYOND THE BUNCH • 13 • KWARTAAL 2 • 2025
Made with FlippingBook Digital Publishing Software