SATI Beyond The Bunch 2nd Quarter 2025

Verteenwoordig jou wingerd Laboratoriumontleding van monsters berus op die be ginsel dat die monster nie beduidend van die geheel verskil nie. Indien monsters nie verteenwoordigend is nie kan laboratoriumresultate tot verkeerde gevolg trekkings en suboptimale bestuur lei. As ’n produsent byvoorbeeld sy bemestingsprogram op monsters vanaf die een swak kol in ’n andersins groeikragtige wingerd baseer gaan hy waarskynlik langtermynprobleme met vrugbaarheid en vrug kwaliteit optel. In meeste gevalle is die mikpunt om ’n gemiddeld vir ’n bestuurseenheid te bekom. Dit is gewoonlik nie sinvol om aparte blaar- en grondontledings te doen vir ’n area wat eenvormig besproei en bemes word nie. Aparte monsters kan wel help om die oorsaak van probleemkolle te identifiseer en reg te stel. Hoe om verteenwoordigende monsters te neem Produsente kan op twee maniere hul monsters meer verteenwoordigend maak. Eerstens kan hulle die bestaande variasie in die wingerd in ag neem. Voor vestiging kan grondvariasie met behulp van grondop-­

names gekarteer word. Na vestiging is satelliet- of hommeltuigbeelde uitstekende maniere om variasie in groeikrag uit te beeld. Visuele evaluasie kan ook gebruik word. Met hierdie inligting kan produsente grond- en blaar monsters in rye neem wat die wingerd as geheel verteenwoordig en swak kolle apart monster. Figuur 1 wys die groeikrag van ’n wingerd wat met NDVI gemeet is. Die groeikrag is oorwegend goed tot sterk en ’n ry in die middel van ’n relatiewe een vormige sterk area is dus ’n goeie keuse vir monster neming. Aparte monsterneming van die swak kol kan help om die oorsaak te identifiseer en aan te spreek. Saamgestelde monsters is die tweede vereiste vir verteenwoordigende monsters. Deur ’n klomp grond- of blaarmonsters bymekaar te sit word ’n goeie ge middeld verkry. Let egter daarop dat saamgestelde monsters mik om ’n gemiddeld van soortgelyke waardes te gee. Moet dus nie heeltemal verskillende monsters – byvoorbeeld bo- en ondergrond of blaarskywe en -stingels – meng nie.

NDVI beeld vanaf IMPI platform. VERSKAF DEUR AGRIMOTION.

Wat is NDVI? NDVI (normalised difference vegetation index) is die genormaliseerde indeks van die verskil in plantegroei. Dit word vanaf satellietlesings van gereflekteerde sigbare en na-infrarooi lig bereken. Gesonde plante absorbeer meestal sigbare lig maar nie na-infrarooi lig nie. Die hoeveelheid gereflekteerde sigbare en na-infrarooi lig kor releer dus met die hoeveelheid plantegroei.

BEYOND THE BUNCH • 5 • KWARTAAL 2 • 2025

Made with FlippingBook Digital Publishing Software