SATI Beyond The Bunch 2nd Quarter 2025
Blaarmonsters
Dieselfde beginsels vir die neem van verteenwoor digende grondmonsters geld ook vir blaarmonsters. Blaarmonsters word gewoonlik jaarliks tussen blom en ertjiekorrelstadium of by deurslaan geneem. Neem die monsters altyd op dieselfde tyd. Besluit ook watter deel van die blaar – die skyf of die steel – om te ge bruik en hou elke jaar daarby. Tydens vrugset word óf blare oorkant trosse óf blare tussen die derde en vyfde knoop op ’n draloot ge neem. By deurslaan word blare tussen die vyfde en agste knoop vanaf die groeipunt geneem. Poel ongeveer 30 lewendige blare om ’n saamgestel de monster te vorm. Die blare moet van verskillende
stokke in ’n verteenwoordigende ry geneem word. Vermy stokke aan die buitekant van blokke wat moontlik stowwerig kan wees. Vermy ook blare met siekte- of insekskade. Versamel verkieslik blaarmonsters soggens eerder as gedurende die warmste tyd van die dag. Plaas hulle in ’n skoon plastieksak en merk soos vir grondmonsters. Blaarmonsters moet nooit gewas of gevries word nie. Hou die monsters koel en droog en lewer spoedig aan die laboratorium. Verwys na Bemestingsriglyne vir die Tafeldruifbedryf vir meer besonderhede oor monsterneming. Die e-boek is op die SATI webwerf beskikbaar.
????????? Blaarmonsters kan tussen blom en ertjiekorrelstadium geneem word.
ADOBE STOCK
Erkenning Die volgende grondkundiges het tegniese insette verskaf. • Bennie Diedericks. ReSalt. bennie@resalt.co.za • Danie Kritzinger. Agrimotion. danie@agrimotion.net • Dr Pieter Raath. Labserve. pieter@labserve.net
BEYOND THE BUNCH • 7 • KWARTAAL 2 • 2025
Made with FlippingBook Digital Publishing Software