SATI Beyond The Bunch 2nd Quarter 2025
Vermy onderbekalking Grond pH het verreikende gevolge vir grondchemie en die prestasie van wingerdstokke. Lae pH oftewel suurheid kan slegs deur middel van kalktoediening tydens grondvoorbereiding reggestel word. Dit is nie moontlik om kalk toe te dien om die ondergrondse pH reg te stel wanneer die wingerd eers gevestig is nie. Onderbekalking is ’n algemene rede vir die agteruit gaan van jong wingerde. Verkeerde berekening van die kalkbehoefte gebeur dikwels omdat waardes vir grondsuurheid nie korrek interpreteer word nie. Suurheid is ’n maatstaf van waterstof-ione (H + ) in die grond. Aluminium-ione dra ook tot suurheid by omdat hulle met water reageer en waterstof-ione vrystel. Om die grond pH na optimale vlakke te lig moet die waterstof-ione geneutraliseer word. Grondsuurheid val in drie groepe: aktief, uitruilbaar en residueel. Aktiewe suurheid is waterstof-ione wat in die water tussen grondpartikels opgelos is. Uitruil bare suurheid is waterstof- en aluminium-ione wat deur grondpartikels vasgehou maar met ’n neutrale soutoplossing uitgeruil kan word. Daarenteen is residuele suurheid waterstof- en alumi nium-ione wat styf deur grondpartikels en organiese materiaal vasgehou word en nie deur ’n neutrale soutoplossing uitgeruil kan word nie. Die residuele Onderskei grond en klip Die klipfraksie in grond is nie chemies reaktief nie en moet dus nie as deel van die grondvolume getel word wanneer regstellings of toedienings bereken word nie. As die klipfraksie nie in ag geneem word nie kan daar byvoorbeeld oorbekalk word wat nadelig vir die wingerd is. Dit gebeur ook dat te veel kalium in klipgronde ge gee word wat dan stikstof- of magnesiumopname benadeel en selfs tot verbrakking kan bydra. Doen dit reg Groot klippe kan nie by grondmonsters ingesluit word nie so skat die klipfraksie en teken dit aan. Sluit klein klippies of gruis in die grondmonster in en versoek die laboratorium om die klipfraksie te bepaal. Klipfraksie kan verbasend hoog wees aangesien enigiets groter as 2 mm as klip beskou word.
suurheid dien as ’n buffer wat oor die langtermyn enige poging om die grond pH te verander teenwerk. Grond pH word gewoonlik met ’n soutoplossing (KCl) gemeet. Die kalium-ione (K + ) verplaas van die uitruil bare waterstof- en aluminium-ione maar nie dié wat deel vorm van die residuele suurheid nie. Residuele suurheid kan aansienlik wees so die berekening van die grond se kalkbehoefte moet dit in ag neem. Indien kalk slegs na aanleiding van die uitruilbare en aktiewe suurheid (met KCl gemeet) toegedien word sal hierdie kalk deur die aktiewe en uitruilbare waterstof-ione opgebruik word. Residuele suurheid sal mettertyd loskom maar daar sal nie genoeg kalk oor wees om hierdie nuwe vlaag suurheid te neutraliseer nie met gevolg dat die grond se pH na die oorspronk like sub-optimale vlak sal daal. Doen dit reg Berekening van kalkbehoeftes moet volgens residuele of totale titreerbare suurheid (aangegee as H-kon sentrasie in cmol per kg) gedoen word. Hierdie is nie ’n standaard ontleding by meeste laboratoriums nie aangesien dit ’n ekstra ekstraksie en analise verg. Maak dus seker om dit aan te vra en dat die labora torium die korrekte metode gebruik.
ADOBE STOCK
BEYOND THE BUNCH • 10 • QUARTER 2 • 2025
Made with FlippingBook Digital Publishing Software