SATI Beyond The Bunch 2nd Quarter 2025

ADOBE STOCK

Ken die verskil tussen T-waarde en KUK Bemesting word dikwels volgens die basisversadiging- of Albrecht-stelsel bereken. Die uitgangspunt vir hierdie stelsel is dat ’n gebalanseerde ioonverhouding optimaal vir plante is. Die Albrecht-stelsel werk volgens basisversadiging, wat natrium-, kalium-, kalsium- en magnesium-ione as ’n per sentasie van die katioonuitruilkapasiteit (KUK) uitdruk. Die KUK verteenwoordig al die katione – positief-gelaaide ione – wat aan grondpartikels en -molekules gebind is. Dit sluit nie vry katione in die grondoplossing in nie. Basisversadiging is ’n goeie maatstaf in swaarder gronde met ’n lae of neutrale pH, maar nie in sandgronde, brak gronde, gronde met vry kalk of oorbemeste gronde nie. In laasgenoemde gronde kom ’n groot hoeveelheid katione vry in oplossing voor en vorm nie deel van die KUK nie. Die totale konsentrasie katione in die grond hetsy in wa ter opgelos of aan grondpartikels en -molekules gebind word deur die T-waarde gegee. In gronde met ’n lae pH is meeste van die katione aan grondpartikels en -molekules gebind en die T-waarde is dus naastenby dieselfde as die KUK. In gronde met ’n hoë pH, sowel as sandgronde, brak gronde, gronde met vry kalk of oorbemeste gronde, is die T-waarde heelwat hoër as die KUK. Die ioonverhoudings in hierdie gronde kan dus nie volgens die Albrecht-stelsel beoordeel word nie. Pogings om die Albrecht-stelsel in hierdie gronde toe te pas sal tot oormatige toediening van sekere elemente aanleiding gee.  Doen dit reg Bemes om genoegsame voedingstofkonsentrasies vir die plant se behoeftes te bereik eerder as om ’n optimale verhouding tussen katione in die grond na te streef. Beoordeel basisversadiging in die konteks van ander ont ledings soos grondtekstuur, konduktiwiteit , en kalsium-, magnesium-, kalium- en natriumvlakke.

Moenie onnodig gips gebruik nie

Verbrakking of versouting word deur die opbou van oplosbare soute in grond ver oorsaak. Die enigste manier om dit aan te spreek is om die soute uit te was. Dit is ge woonlik relatief maklik om soute uit sande rige grond met goeie dreinering uit te was. In kleigronde met hoë natriumvlakke bind die natrium-ione aan die kleipartikels. Na trium-ione reageer ook met water. Wan neer sulke gronde benat word, ontwrig die sterk binding tussen water en natrium die grondstruktuur omdat die molekules wat vorm die kleipartikels uitmekaar druk. Die grond se struktuur verval dan en die water wat toegedien word om die sout uit te loog kan nie dreineer nie. Gips is kalsiumsulfaat. Die kalsium-ione daarin verplaas natrium-ione op kleipar tikels maar bind nie met water nie. Kalsium ione op die kleipartikels sal die grondstruk tuur stabiliseer terwyl die vry natrium-ione los in die grondwater is en uitgewas kan word. Gips is dus nuttig in brak gronde met hoë natriumvlakke maar bied geen voordeel in brak gronde met lae natriumvlakke nie. Inteendeel sal gipstoedienings in lae-na triumgronde die situasie vererger omdat die kalsiumsulfaat net nog ’n sout is wat bygevoeg word.  Doen dit reg Bestudeer die grondontledings voordat brakgronde behandel word. Gebruik slegs gips in swaarder gronde waar natriumvlak ke meer as 10%–15% van basisversadiging verteenwoordig.

BEYOND THE BUNCH • 11 • KWARTAAL 2 • 2025

Made with FlippingBook Digital Publishing Software