SATI Beyond The Bunch 2nd Quarter 2025

Produsente vind dikwels dat wingerde begin agteruitgaan net mooi wanneer hulle wins gewendheid eintlik moet begin. Die oorsaak lê menigmaal by foutiewe grondvoorberei ding – iets wat nie na vestiging reggestel kan word nie – en sulke wingerde moet uiteindelik voor hulle tyd uitgetrek word. Daarby kan verkeerde gevolgtrekkings uit grondontledings implikasies vir besproeiing- en bemestingsbestuur hê. Grondkundige Dr Pieter Raath van Labserve Laboratoriums som hieronder die ses mees algemene foute met die interpretasie van grondontledings op.

Neem diepte in ag Grond is nie eenvormig van bo na onder nie. Grondtekstuur kan wesenlik tussen horisonne verskil en grondvoorbereiding moet die volle grondpro fiel in ag neem. Selfs grond wat nie duidelik sigbare horisonne bevat nie het nietemin chemiese verskille tussen vlakker en dieper grond. Daar is byvoorbeeld ’n verdunningseffek waardeur die konsentrasie van grondkoolstof en sekere elemente afneem vanaf die oppervlakte na dieper in die grond. Die implikasie is dat die diepte waarop grond monsters getrek word die ontledingsresultate van daardie monsters geweldig beïnvloed. Ernstige foute kan gebeur wanneer die diepte nie in ag geneem word met die interpretasie van die re sultate nie.  Doen dit reg Merk alle monsters met die diepte waarop hulle getrek is. Hierdie inligting is noodsaaklik vir die laboratorium en grondkundige om ’n prentjie van die grondeienskappe te vorm. Verwys na die vorige artikel vir die korrekte dieptes vir monsterneming tydens grondopnames asook in gevestigde wingerde.

Verkry grondtekstuur inligting Grondtekstuur is een van die hooffaktore wat dreinering en loging beïnvloed. Dit gaan dus ’n belangrike oorweging in die beplanning van grondregstellings en die opstel van bemestings programme wees. ’n Sanderige grond gaan byvoorbeeld geneig wees om vinnig te loog so daar is geen sin om kalium tydens grondvoorbereiding in te sluit nie. Die aangewese benadering is om kalium 2–3 keer gedurende die groeiseisoen toe te dien. Kaliumregstellings kan egter in swaarder gronde tydens grondvoorbereiding gedoen word. Daarna kan kaliumtoedienings eenmalig of selfs minder gereeld gedurende die groeiseisoen geskied. Gipstoediening vir die behandeling van natrium verbrakking is nog ’n voorbeeld waar tekstuur in ag geneem moet word. Dit is onnodig om gips in sanderige gronde toe te dien want sanderige gronde loog maklik – meer hieroor later.  Doen dit reg Grondtekstuur is nie ’n roetine ontleding by alle labo ratoriums nie so dit mag nodig wees om dit spesifiek aan te vra. Produsente moet verseker dat hulle hier die inligting as deel van hul grondontledings verkry.

ADOBE STOCK

BEYOND THE BUNCH • 9 • KWARTAAL 2 • 2025

Made with FlippingBook Digital Publishing Software