SATI Beyond The Bunch 2nd Quarter 2025

Grondmonsters

Trek vir elke area 4–5 (maksimum 10) monsters op verskillende plekke en kombineer hulle. Moenie die grondmonsters van sterk en swak groeikragtige areas meng nie. Dit is makliker om langtermyntendense te sien indien die monsters elke jaar op dieselfde plekke geneem word. Grondmonsters en blaarmonsters kan in dieselfde ry geneem word. Trek grondmonsters 10–40 cm diep. Neem alle mon sters elke jaar op dieselfde diepte en verskaf hierdie inligting aan die laboratorium. Neem die monsters in die wingerdry ongeveer half pad tussen mikrospuite of op die rand van die benat tingsone van druppers. Hou in gedagte dat erge grondversuring onder druppers kan plaasvind en dat die grondchemie onder druppers drasties van dié tussen druppers kan verskil. Versuring onder druppers is erger op sandgronde en waar strookbenatting nie toegepas word nie. Neem ’n aparte stel monsters onder druppers in 4–5 areas binne die wingerd om versuring vroegtydig te iden tifiseer. Hoe om ’n grondmonster te neem Teken die plek waar elke monster geneem word aan, selfs al gaan die monsters deel van ’n saamgestelde monster vorm. Verwyder die boonste laag organiese materiaal en enige kors. Neem die monster op die gewenste diepte en plaas in ’n skoon plastiekemmer. Moet nooit grond monsters in ou kunsmissakke neem nie. Al die monsters vir ’n saamgestelde monster kan in dieselfde emmer gegooi word. Verwyder groot klippe en groot stukke plantmateriaal soos blare en wortels. Meng goed en plaas dan ongeveer 0.5–1.0 kg van die saamgestelde monster in ’n skoon plastieksak. Merk die sak duidelik met ’n permanente merker. Die monster moet aan die datum, plek, en diepte van monsterneming gekoppel kan word. Dit is ’n goeie praktyk om hierdie inligting op die sak te skryf selfs al word aparte rekords gehou. Hou die monsters koel en droog en lewer dit spoedig aan die laboratorium.

Monsters voor vestiging mik om die variasie in grondei enskappe te karteer terwyl monsters na vestiging poog om die gemiddelde grondeienskappe vir ’n bestuurseenheid vas te stel. Voor vestiging Grondopnames is onontbeerlik vir die suksesvolle ves tiging van nuwe wingerde. Die fisiese en chemiese eienskappe van die grond beïnvloed die beplanning van aspekte soos dreinering en besproeiing en be paal ook watter chemiese regstellings nodig is. Derhalwe word monsters vir grondopnames gewoonlik op ’n 50 meter x 50 meter rooster getrek wat die hele area dek en alle bestuurseenhede verteenwoordig. Ekstra monsters om te karteer waar een grondtipe na ’n ander oorgaan mag nodig wees indien die profiel gate en grondmonsters wesenlike verskille openbaar. Grawe profielgate om te bepaal waar om monsters te trek. Indien daar sigbare horisonne is, neem monsters binne elke horison. Indien nie, neem monsters op 30 cm, 60 cm en 90 cm. Moenie monsters van verskillen de horisonne of dieptes meng nie. Na vestiging Die eerste monsters kan kort na grondvoorbereiding getrek word om te bevestig dat grondtoestande op timaal is. Daarna word grondmonsters geneem om grondchemie te moniteer en die bemestingsprogram daarvolgens aan te pas. Trek monsters elke twee jaar in sanderige of klipperige gronde wat relatief vinnig loog en elke drie jaar in swaarder gronde. Alhoewel grondmonsters teoreties enige tyd van die jaar getrek kan word, is dit ’n goeie praktyk om dit altyd op dieselfde tyd te doen – saam met blaar monsters werk goed. Vermy monsterneming wanneer gronde baie nat is asook kort na kunsmistoediening. Soos hierbo bespreek moet grondmonsters na vesti ging verteenwoordigend van ’n bestuurseenheid wees. In wingerde met areas van uiteenlopende groeikrag moet grondmonsters in die mees verteen woordigende area getrek word. Swak areas kan apart gemonster word.

ADOBE STOCK

BEYOND THE BUNCH • 6 • QUARTER 2 • 2025

Made with FlippingBook Digital Publishing Software