Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
Tabel WO 2: Jaar-op-jaar vergelyking van gemiddelde temperature in Februarie (2024–2025), soos gemeet by Aan de Doorns-weerstasie.
Gem daaglikse maks temp (°C)
Gem daaglikse min temp (°C)
Maks temp gemeet (°C)
Min temp gemeet (°C)
Maand
Gem temp (°C)
Feb-24 Feb-25
22,56 23,03
31,08 31,25
14,24 15,65
40,3
8,3
37,57
10,22
nagtemperature (Tabel WO 2) wat moontlik ’n impak op druifontledings en geure sou hê in sensitiewe kultivars soos Sauvignon Blanc. Oor die algemeen was die druiwe gesond en die ontledings uitstekend. Hoewel voldoende besproeiingswater deur die seisoen beskikbaar was, was die grondvogstatus laag gegewe die lae reënval in die somer en lente. Dit was daarom uitdagend om tydig die grondwater met besproeiing aan te vul tydens die warm dae in Februarie. Produksietendense Dit word verwag dat vanjaar se oes groter as dié van 2024 gaan wees – veral Chenin Blanc- en Sauvignon Blanc-oeste – hoofsaaklik weens goeie korrelset en die afwesigheid van ryp. Produksies van Chardonnay, Nouvelle, Pinot Gris en Colombar (Foto WO 1) het aansienlik verbeter na hul swakker prestasie in 2024 weens rypskade. Pinotage se produksie het ook noemenswaardig herstel ná ’n baie swak 2024-oes. Die middel en laat rooi kultivars, soos Ruby Cabernet (Foto WO 2) , het deur die bank beter presteer in vergelyking met die vorige seisoen.
Foto WO 1: Volgesette Colombar-trosse in Worcester, wat die sleutel was tot goeie produksie vir die distrik.
Druif- en wyngehalte
Die vroeë wit kultivars het vinnig suiker behaal met goeie titreerbare suur- en pH-vlakke. So ook die vroeë rooi kultivars, soos Pinotage wat, ten
spyte van hoër as verwagte produksievlakke, vinnig suiker geakkumuleer het. Die pas van rypwording vir die later wit en rooi kultivars was stadiger. Beide het langer geneem om optimale suikervlakke te behaal en die pH vlakke van hierdie druiwe was effe hoër. In terme van die jong wyne, toon die vroeë wit en rooi kultivars belofte van goeie gehalte en
Foto WO 2: Egalige deurslaan en uitstekende produksievlakke in ’n Ruby Cabernet-blok in die Worcester-distrik.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 58
Made with FlippingBook - Online catalogs