Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
Die teikengehoor vir hierdie tegniese verslag is produsente, wingerdboukundiges en ander belanghebbendes in die wynbedryf.
2025
Tegniese Oesverslag
Inhoud
OORSIG
3 4
SEISOENALE TENDENSE
KLIK OP ELKE STREEK OM NA DIE BLAD TE GAAN.
14 18 18 21 21 22 22 26 26 27 31 35 39 39 42 42 42 43 47 51 51 54
BREEDEKLOOF
KAAP SUIDKUS
Kaap Suidkus
Elgin
Hemel-en-Aarde-vallei
VAN LOVEREN WINES
KAAPSTAD
Kaapstad Durbanville Constantia
KLEIN-KAROO
NOORD-KAAP
OLIFANTSRIVIER
PAARL
Paarl
Franschhoek
Tulbagh
Wellington
Let wel: Die teikengehoor vir hierdie tegniese verslag is produsente, wingerdboukundiges en ander belanghebbendes in die wynbedryf. Die in-diepte streeksoorsigte dien as ’n tegniese verwysingsbron vir die 2025-oesjaar; derhalwe word makro- en mikro-klimaatverskynsels in elke streeksoorsig bespreek. Gegewe die geografiese verspreiding van verbouingstreke mag daar noemenswaardige oorvleueling vir aangrensende streke wees, terwyl vergeleë streke meer sal verskil. Die versameling van streekverslae het ten doel om ook individueel sinvol te wees. Relevante wingerdstandinligting (SAWIS) word ook per streek gerapporteer om die nodige konteks te verskaf.
ROBERTSON
STELLENBOSCH
SWARTLAND
Swartland
Darling
56
WORCESTER
Data verskaf deur:
Ontwerp: Avant Garde 021 863 3165 | Redigering: Mieke de Jager
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 2
Oorsig
Daar heers groot opwinding oor die sprokies verhaal wat tydens die 2025-seisoen afgespeel het. Volgehoue matige en droë toestande het gesorg vir druiwe van uitstekende gehalte. Syfers wat deur wingerdkundiges en produsente-kelders deurgegee is, strook met die tendense wat reeds vroeg in die seisoen waargeneem is. Ten tyde van skrywe van die verslag (Mei 2025) word die totale oes op 1,244 miljoen ton geskat, 11,4% hoër as die piepklein 2024 oes. Die kwalitatiewe 2025-oes bly daarom vergelykenderwys steeds laag teenoor die jaarlikse gemiddelde produksie wat oor die afgelope twee dekades gerealiseer het. Die grootste beweegredes hiervoor is steeds die afname en veroudering van die nasionale
wingerdstand wat jaar op jaar met 1 304 ha afneem en tans op 86 544 ha staan. Die 2024-na-oesperiode was gemerk deur warm, droë en winderige toestande, wat gesonde lowers tot gevolg gehad het en die opbou van koolhidraatreserwes gefasiliteer het. Laer as gemiddelde herfs- en vroeë winterreënval het die herstel van die wingerde na die oestyd vertraag. Rekordwinterreëns in Julie (Figuur OS 1) het egter die tendens omgekeer en vir die derde agtereenvolgende jaar gelei tot oorstrominge langs rivieroewers. Skade was grotendeels beperk tot infrastruktuur. Hierdie reëns het wel die opgaardamme aangevul, wat voldoende besproeiingsvoorrade vir die groeiseisoen verseker het.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 3
Seisoenale Tendense
Figuur OS 1: Reënvalverspreiding in die Wes-Kaap vir Julie 2024. Donker skakerings dui op hoër reënvalsyfers, uitgedruk in mm.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 4
Seisoenale Tendense
Figuur OS 2: Geakkumuleerde koue-eenhede (Richardson-model) vir Mei tot Augustus 2024 in vergelyking met die langtermyngemiddeldes. Blou skakerings dui op bogemiddelde syfers, terwyl rooi skakerings ondergemiddelde syfers aandui.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 5
Koue-akkumulasie was oor die algemeen voldoende (Figuur OS 2) , hoewel sommige streke kultivar-spesifieke uitdagings ondervind het, weens ondergemiddelde syfers. Die groeiseisoen het ongeveer tien dae later as die vorige seisoen begin en hierdie pas was deurentyd volgehou. Matige temperature en later tydsberekening van wintersnoei in hoërisiko-areas het die rypskade verhoed, wat die vorige seisoen wydverspreid in binnelandse streke soos Breedekloof en Worcester voorgekom het. In-seisoen oorstrominge was beperk tot enkele areas langs die Olifantsrivier. Die wingerde se groeikrag was sterk en
siektedruk betreklik laag, hoewel produsente steeds moes bontstaan om loweraksies tydig uit te voer. Matige toestande tydens tros- en korrelontwikkeling het die korrelset positief beïnvloed. In aanloop tot die oes het veral die kusstreke ondergemiddelde temperature ervaar (Figuur OS 3) , terwyl die oostelike binnelandse streke meer matige temperature aangeteken het, waarskynlik weens laer reënval. Besproeiingswater was egter voldoende na die oorvloedige winterreëns. Tydens parstyd het matig tot koel en droë toestande oor die
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 6
meeste verbouingstreke geheers, met die uitsondering van kort hittepieke in Desember en Januarie, wat plek-plek sonbrand in veral die Swartland en ander droëland gebiede tot gevolg gehad het. Rypwording het deurgaans teen ’n bestendige pas verloop, wat druk op logistiek en kelderspasie verlig het. Druifontledings het bogemiddelde suurvlakke en intense kleur en geurprofiele beloof, wat positief is vir verwagte wynkwaliteit. Produksietendense vir vroeë kultivars het aansienlik verbeter, vernaam vir Chardonnay en Pinotage, hoofsaaklik weens herstel na rypskade
in 2024. Chenin Blanc het wisselvallige produksie met goeie kwaliteit aangeteken. Die middel tot laat kultivars het ook hul kant gebring met tydige rypwording, veral die edel rooi kultivars soos Shiraz en Merlot, asook die veelsydige wit hoeksteenkultivar, Colombar. Die matig tot warm en droë toestande (Figuur OS 4) tydens die oestyd was die kersie op die koek en uiters bevorderlik om laat kultivars in optimale gesondheid en rypheid in die parskuipe te kry. Hoe gepas om in Pinotage se eeufeesjaar die kersie op ’n sprokiesverhaal seisoen uit te blaas!
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 7
Seisoenale Tendense
Figuur OS 3: Maksimum temperature vir Januarie 2025 in die Wes-Kaap teenoor die langtermyngemiddelde. Blou skakerings dui op ondergemiddelde temperature, terwyl rooi skakerings bogemiddelde temperature aandui.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 8
Seisoenale Tendense
Figuur OS 4: Reënvalverspreiding vir Maart 2025 in die Wes-Kaap. Blou skakerings dui op bogemiddelde syfers, terwyl rooi skakerings ondergemiddelde syfers aandui.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 9
Lutzville Valley
OLIFANTS RIVER
Citrusdal Mountain
Citrusdal Valley
Sutherland-Karoo
OLIFANTS RIVER 8 261 ha
Swartland
COASTAL REGION
WORCESTER 6 372 ha
SWARTLAND 11 585 ha
Ceres Plateau
Tulbagh
Darling
Worcester
Wellington
KLEIN KAROO 1 981 ha
BREEDEKLOOF 12 519 ha
BREEDE RIVER VALLEY
PAARL 13 879 ha
Cape Town
Robertson
Paarl
ROBERTSON 12 799 ha
Langeberg-Garcia
Stellenbosch
Franschhoek
CAPE TOWN 2 511 ha
STELLENBOSCH 11 653 ha
Swellendam
Overberg
Elgin
Lower Duivenhoks River
CAPE SOUTH COAST 2 671 ha
Walker Bay
CAPE SOUTH COAST
Cape Agulhas
Total wine grape hectares: 86 544 ha Total tonnes: 1 116 780
2024 SAWIS Statistical Districts
NORTHERN CAPE/REST
OF SA 2 313 ha
Hartswater Rietrivier FS
Grootdrink
Douglas
Central Drakensberg
Kakamas
Lions River
Groblershoop Prieska
Nieuwoudtville
Vredendal
Leipoldtville-Sandveld
Piekenierskloof
Kweekvallei Groenfontein Outeniqua Still Bay East
St Helena Bay Paardeberg
Plettenberg Bay
South Constantia Stanford Foothills
St Francis Bay
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 10
STATISTICAL DISTRICT: NORTHERN CAPE / REST OF SA WO REGION: Karoo Hoogland and rest of South Africa WO DISTRICT: Central Orange River, Sutherland-Karoo, Prince Albert, Douglas, Central Drakensberg and Lions River WO WARDS: St Francis Bay, Rietrivier FS, Hartswater, Prieska, Groblershoop, Grootdrink, Upington, Keimoes, Kakamas and Lanseria STATISTICAL DISTRICT: OLIFANTS RIVER WO REGION: Olifants River and Coastal Region WO DISTRICT: Citrusdal Valley, Citrusdal Mountain and Lutzville Valley WO WARDS: Nieuwoudtville, Koekenaap, Vredendal, Spruitdrift, Bamboes Bay, Lamberts Bay, Leipoldville-Sandveld, Piekenierskloof and Cederberg STATISTICAL DISTRICT: SWARTLAND WO REGION: Coastal Region WO DISTRICT: Swartland and Darling WO WARDS: Groenekloof, Malmesbury, Riebeekberg, Riebeeksrivier, Porseleinberg, Paardeberg, Paardeberg South, Piket-Bo-Berg and St Helena Bay
STATISTICAL DISTRICT: KLEIN KAROO WO REGION: Klein Karoo
Calitzdorp
WO DISTRICT: Prince Albert, Langeberg-Garcia and Calitzdorp WO WARDS: Koo Plateau, Montagu, Tradouw Highlands, Tradouw, Groenfontein, Cango Valley, Outeniqua, Upper Langkloof, Prince Albert Valley, Kweekvallei and Swartberg
KLEIN KAROO
STATISTICAL DISTRICT: PAARL WO REGION: Coastal Region
Plettenberg Bay
WO DISTRICT: Paarl, Franschhoek, Wellington and Tulbagh WO WARDS: Simonsberg-Paarl, Agter-Paarl, Voor-Paardeberg, Blouvlei, Bovlei, Groenberg, Mid-Berg Rivier and Limietberg STATISTICAL DISTRICT: ROBERTSON WO REGION: Breede River Valley WO DISTRICT: Robertson WO WARDS: Vinkrivier, Eilandia, Agterkliphoogte, Le Chasseur, Goree, Zandrivier, Hoopsrivier, Klaasvoogds, Goedemoed, McGregor, Boesmansrivier, Goudmyn, Ashton and Bonnievale STATISTICAL DISTRICT: STELLENBOSCH WO REGION: Coastal Region WO DISTRICT: Stellenbosch WO WARDS: Vlottenburg, Polkadraai Hills, Bottelary, Devon Valley, Papegaaiberg, Jonkershoek Valley, Simonsberg Stellenbosch and Banghoek
WO Wards WO Districts WO Regions
STATISTICAL DISTRICT: WORCESTER WO REGION: Breede River Valley
WO DISTRICT: Worcester and Ceres Plateau WO WARDS: Stettyn, Scherpenheuvel, Nuy, Hex River Valley, Keeromsberg, Rooikrans, Ceres and Moordkuil
STATISTICAL DISTRICT: BREEDEKLOOF WO REGION: Breede River Valley WO DISTRICT: Breedekloof WO WARDS: Slanghoek and Goudini
STATISTICAL DISTRICT: CAPE SOUTH COAST WO REGION: Cape South Coast
WO DISTRICT: Overberg, Elgin, Walker Bay, Cape Agulhas, Swellendam, Lower Duiwenhoks River and Plettenberg Bay WO WARDS: Elandskloof, Kaaimansgat, Theewater, Bot River, Hemel-en-Aarde Valley, Upper Hemel-en-Aarde Valley, Hemel-en Aarde Ridge, Stanford Foothills, Springfontein Rim, Klein River, Sunday’s Glen, Napier, Elim, Greyton, Stormsvlei, Buffeljags, Malgas, Still Bay East and Herbertsdale STATISTICAL DISTRICT: CAPE TOWN WO REGION: Coastal Region WO DISTRICT: Cape Town WO WARDS: Hout Bay, Constantia, Durbanville and Philadelphia
Map compiled by: Heinrich Schloms SAWIS statistiekstreke Phone: 083 480 2686 / 021 276 0432 www.vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 11
KONSULTASIEDIENSTE Ons stap saam met jou deur die wingerd
Die Vinpro Konsultasiediens se span spesialiste in wingerdboukunde, grondkunde en GIS bied wynprodusente innoverende, op maat gemaakte oplossings wat beide wingerd- en kelderbedrywighede ondersteun. Met ’n sterk teenwoordigheid in alle belangrike wynproduserende streke, bied die span strategiese, praktiese ondersteuning om produsente te help om die uitdagings van ’n vinnig ontwikkelende bedryf te navigeer. Gelei deur Vinpro se doelwit – om tegniese kennis om te skakel in tasbare oplossings oor elke aspek van produksie – bemagtig hulle kliënte en lede om konsekwent produkte van hoër gehalte te lewer. Die doelwit is duidelik: om winsgewende opbrengste aan te dryf wat wynbesighede in staat stel om te floreer. Die span bring gesamentlik meer as 180 jaar se ondervinding na die tafel, en kombineer tradisie met innovasie vir volhoubare sukses.
Etienne Terblanche Konsultasiediens Bestuurder 072 402 7434 etienne@vinpro.co.za
Hanno van Schalkwyk Wingerdboukundige: Paarl/ Swartland 083 455 5192 hanno@vinpro.co.za
Gert Engelbrecht Wingerdboukundige: Stellenbosch/ Kaap Suidkus 072 152 4028 gerte@vinpro.co.za
Hennie Visser Wingerdboukundige: Robertson 083 455 5193 henniev@vinpro.co.za
tel: +27 (0)21 276 0429 | e-pos: info@vinpro.co.za | webtuiste: www.vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 12
Konsultasiedienste
GEN-Z WINGERDPROJEK Toekoms van wingerdboukunde Die GEN-Z Wingerdprojek is ’n samewerkende kennis uitruil inisiatief in wingerdboukunde, ontwerp om Suid Afrikaanse wynprodusente te ondersteun op hul pad na suksesvolle, volhoubare wingerdbestuur. Deur kleinskaalse velddemonstrasies in sleutel wynstreke tot stand te bring, stel die projek die nuutste praktyke, tegnologieë en wingerdbouhulpmiddels ten toon. Hierdie demonstrasies dien as praktiese leergeleenthede wat produsente, wingerdboukundiges en plaasbestuurders verbind met beide nuwe innovasies en verbeterings op bestaande metodes. Die uiteindelike doel is om produsente toe te rus met praktiese insigte en werklike data, wat hulle in staat stel om ingeligte, toekomsgerigte besluite in hul produksiestelsels te neem.
Callie Coetzee Wingerdboukundige: Worcester/ Breedekloof 083 526 1486 callie@vinpro.co.za
Klaas Coetzee Wingerdboukundige: Olifantsrivier 082 801 3737 klaas@vinpro.co.za
Emma Carkeek Kennis- en Tegnologie oordrag Bestuurder 082 568 2918 emma@vinpro.co.za
Logan Jooste GEN-Z Wingerdboukundige 078 142 9931 logan@vinpro.co.za
Heinrich Scholms GIS Grondkundige 083 480 2686 heinrich@vinpro.co.za
Yolandi Botha Landbou- ekonoom 082 625 6605 yolandi@vinpro.co.za
Elzanne Bosman GEN-Z Wingerdboukundige 082 776 8049 elzanne@vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 13
Breedekloof
BREEDEKLOOF-DISTRIK
TOP-5-KULTIVARS
22%
38%
Chenin Blanc Colombar Sauvignon Blanc Pinotage Chardonnay Ander
14%
13%
6% 7%
TOTALE HEKTARE 12 519 UITGEKAP IN 2024 492 | GEPLANT IN 2024 297
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 14
Klimaat- en wingerdkundige tendense
Die deurslaandatums by die vroeë kultivars was normaal, hoewel die middel en laat kultivars effe vroeër as normaal deurgeslaan het. Die deurslaanperiode het egter baie lank geneem en dit was verwag dat baie variasie in rypheid sou voorkom. Die aanvang van pars – spesifiek van die Sauvignon Blanc-wingerde – het tred gehou met die langtermyngemiddeld. Die Chenin Blanc-blokke was effe later as normaal gereed vir pars. Só ook Pinotage, waarvan die pars ’n week later as normaal begin het. Parsdatums van die middel en laat kultivars het gestrook met die langtermyngemiddeldes. Algemene opmerkings Augustus is geringe rypskade van sekere Chenin Blanc-blokke aangeteken waar sommige ogies reeds begin swel het. Vergeleke met die rypskade van September 2023, het produsente hierdie jaar beter daaruit gesien. Toestande was grootliks gunstig, met die uitsondering van ’n periode van hoë swamdruk aan die einde van Oktober ná hewige reënbuie. Produsente het egter goeie voorkomende swambeheerprogramme gevolg, wat die risiko van infeksies verskans het. Wingerde het matig gegroei en minder tip- en topaksies was dus nodig. Loweraksies is ook later as normaal in die seisoen uitgevoer omdat die wingerde traer as normaal gegroei het. Die rooi kultivars het aanvanklik onegalige rypwording getoon wat monsterneming bemoeilik het. Ná ’n koel aanloop tot rypwording het uiters warm toestande in begin Februarie voorgekom, wat Soos in 2023, het vloede in Julie in die distrik voorgekom wat skade aan wingerde, paaie en infrastruktuur aangerig het. Teen die einde van
Ná afloop van die 2024-pars was temperature tydens die na oesperiode matig en min reënval het voorgekom. Gemiddelde
temperature tydens Mei en Junie 2024 was hoër as in 2023 (Tabel BK 1) . Dit het daartoe gelei dat wingerdblare lank aan die stokke bly sit het en toegelaat dat koolhidraatreserwes voldoende kon opbou. Koue-eenhede het vanaf middel Junie begin opbou, en ’n voldoende hoeveelheid eenhede is uiteindelik opgebou. Swaar reënval in Julie het gesorg dat die streek genoeg winterreënval vir die seisoen ontvang het. Geen dormansieprobleme was ondervind nie, dus was dit nie nodig om rusbrekende middels toe te dien nie. Die wingerde het later as in 2023 uitgebot, hoewel benaderde datums steeds getrou aan die langtermyngemiddeld was. Uitbot was egalig, met die uitsondering van ’n paar Shiraz blokke wat onegalig was. Die blomperiode het gestrook met die normale datums, maar het lank geneem om te voltooi. Die middel tot later kultivars het effe vroeër geblom, hoewel die blomperiode ook langer as normaal was. Oor die algemeen het die wingerde goed geset, veral Colombar en Chenin-Blanc, hoewel daar reeds in hierdie stadium opgemerk is dat minder Chenin Blanc-trosse per loot as normaal voorgekom het. Shiraz-blokke het noemenswaardige variasie in korrelset getoon en variasie tussen die hoeveelheid draende lote op ’n stok is ook opgemerk. Aangesien dit ’n droë lente en somer was, het wingerde matig gegroei en was onkruid- en siektebeheer ongekompliseerd.
Tabel BK 1: Jaar-op-jaar vergelyking van gemiddelde temperature in Mei en Junie (2023–2024), soos gemeet by Bothasguns-weerstasie.
Gem daaglikse maks temp (°C)
Gem daaglikse min temp (°C)
Maks temp gemeet (°C)
Min temp gemeet (°C)
Maand
Gem temp (°C)
Mei-23 Mei-24 Jun-23 Jun-24
13,71 16,13 13,35 12,54
20,42 24,52 16,58 19,93
7,48 8,29
31,15 32,32 22,33 25,99
0,5
3,58 0,22
10,49
5,85
0,8
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 15
sekere produsente se besproeiingsvermoë onder druk geplaas het en tot korreldehidrasie in ongebufferde wingerde gelei het (Foto BK 1) . Ondanks hierdie uitdaging, was die druiwe hoofsaaklik gesond en byna geen Botrytisvrot is aangeteken nie.
“
“Die Pinotage het vanjaar baie mooi ingekom en lyk veral baie belowend.” – Michiel Visser, Senior Wynmaker, Botha Kelder
Produksietendense In die Breedekloof-distrik het parstyd soos normaal teen die begin van Februarie ’n aanvang geneem, met die Sauvignon Blanc-druiwe wat eerste ingeneem is. Beide Chenin Blanc en Pinotage was ’n week later as normaal gereed vir die parskuipe. Die middel en laat kultivars is op hul normale datums gepars. In vergelyking met die 2024-oesjaar is die opbrengste in 2025 hoër, met die uitsondering van Chenin Blanc wat effe kleiner opbrengste as in 2024 gelewer het omdat daar minder trosse per loot was. Chardonnay en Pinotage se produksie is hierdie oesjaar noemenswaardig hoër as die vorige jaar, vernaam omdat dié kultivars swaar onder ryp deurgeloop het en swak produksie in 2024 gelewer het. Pinotage- en Sauvignon Blanc-druiwe het goed en vinnig optimale suikervlakke bereik, maar die later kultivars se rypwording was tydsaam.
Druif- en wyngehalte
Druifontledings van Chenin Blanc, Sauvignon Blanc en Chardonnay was bevredigend, met indrukwekkende primêre geure. Van die Colombar
druiwe het effe hoër as normale pH-ontledings opgelewer. Die sap van die vroeë rooi kultivars het goeie kleurontwikkeling getoon. Wat die gemiddeld-presterende wingerdblokke van die middel en later rypwordende rooi kultivars betref, is die kleur effe ligter as in 2024, hoofsaaklik weens klimaattoestande en die herstel van opbrengste tot lewensvatbare produksie. Die jong wyne van die topklas uitsoekblokke het goeie kleur (Foto BK 2) en beloof uitstekende gehalte.
Foto BK 1: Trosse wat korreldehidrasie en inkrimping vertoon, hoofsaaklik weens tydelike ondervoorsiening van besproeiingswater. Breedekloof, Februarie 2025.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 16
Foto BK 2: Uniforme deurslaan en kleurontwikkeling in hoë kwaliteit Cabernet Sauvignon-blokke. Breedekloof, Maart 2025.
Callie Coetzee | 083 526 1486 | callie@vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 17
Kaap Suidkus
KAAP SUIDKUS-STREEK
TOP-5-KULTIVARS
27%
28%
Sauvignon Blanc Chardonnay Pinot Noir Shiraz Cabernet Sauvignon Ander
5%
15%
11%
14%
PAUL CLUVER HARVEST 2025
TOTALE HEKTARE 2 671 UITGEKAP IN 2024 67 | GEPLANT IN 2024 38
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 18
Klimaat- en wingerdkundige tendense
Februarie was besonder droog, wat siektedruk tydens parstyd verlaag het. ’n Ander positiewe aspek van die lente- en somermaande was die afwesigheid van hittegolwe. Dae met maksimum temperature bo 33 °C was minder as die vorige seisoen. Januarie se gemiddelde temperatuur was tussen 1–1,5 °C laer in vergelyking met langtermyndata. Die aanvang van blom, deurslaan en parstyd was ongeveer twee weke later as die vorige seisoen, maar het goed met langtermyntendense vergelyk. Algemene opmerkings Stadige aanvanklike groei met geel blare was plek-plek opgemerk, veral in die Elgin-distrik se wingerde met lae grondtemperature, maar dit het vinnig herstel met die eerste warm weer in Oktober en luukse groei tot gevolg gehad (Foto KSK 1) . Watervoorrade was voldoende vir die wingerde se behoeftes deur die seisoen. Die afwesigheid van siektes en plae, sterk winde, hittegolwe en hael- en reënskade het gesorg vir gunstige groei- en rypwordingstoestande deur die seisoen. Tekens van die afgelope twee seisoene se rekordreënval was nog duidelik met streepvleksimptome wat oor die streek heen aangeteken is.
Die Kaap Suidkus-streek het goeie reënval tydens die 2024-na oesperiode aangeteken. Soos in ander streke, het die winterseisoen
laat gearriveer, met warmer toestande wat tot in Junie voortgeduur het, gevolg deur bogemiddelde reënval in Julie. In die Elgin distrik is ongeveer 400 mm reën slegs in Julie aangeteken (Figuur KSK 1) . Die opbou van koue-eenhede was vertraag deur hoër herfs- en vroeë wintertemperature, veral in die Walker Bay-area. Nietemin is die teikenhoeveelheid koue-eenhede ongeveer 14 dae later as die vorige seisoen bereik. Die Elgin-distrik het meer winderige dae tydens dié blomperiode gesien as die vorige seisoen. In teenstelling met die rekordreënval en koue toestande wat gedurende die vorige seisoen geheers het, is normale reënvalsyfers en gemiddelde temperature in September 2024 aangeteken. Dus was die grond nie so koud en nat met die aanvang van die botperiode nie. Die reënval het deur die loop van die groeiseisoen goed vergelyk met langter mynsyfers, hoewel toestande droër as normaal geword het met die koms van somer. Veral
Maandelikse reënval: Mei 2023 tot Feb 2025 (Elgin)
100 150 200 250 300 350 400 450 500
Reënval (mm)
0 50
Jan Feb Mar
Apr
Mei
Jun Jul
Aug Sep Okt
Nov Des
2023 2024 2025
Figuur KSK 1: Maandelikse reëvalsyfers vanaf Mei 2023 tot Februarie 2025 vir Elgin (Beaulieu).
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 19
Produksietendense Die aanvang van oestyd in die Kaap Suidkus-streek was met ongeveer twee weke vertraag weens koeler weer as die vorige seisoen. Produksie van die vroeë kultivars, Pinot Noir en Chardonnay, het gevarieer tussen produsente en wyke. Opbrengste was na aan normaal, en die druiwe was gesond en van goeie gehalte. Soos die oes gevorder het, het die middel en laat kultivars, soos Sauvignon Blanc en Shiraz, beter produksie gelewer en oesdatums was getrou aan die norm. ’n Geringe verbetering op 2024 se lae produksie word verwag (Foto KSK 2) . Die koel rypwordingsperiode het nie net gelei tot egalige rypwording nie, maar ook uitsonderlike pH- en suurvlakke in die sap en wyne wat sorg vir vars, skoon en intense geure en ’n lewendige palet, tesame met goeie kleur en verouderingspotensiaal van die rooiwyne. – Johann Fourie, Wynmaker en Keldermeester, Benguela Cove
“
Foto KSK 1: Besonderse sterk vegetatiewe groei opgemerk in ’n Shiraz-blok in die Agulhas-wyndriehoek.
Foto KSK 2: Voorbeeld van ’n gesonde Chenin Blanc-tros in die Agulhas-wyndriehoek. Hierdie kompakte trosse verhoog dikwels die vrotrisiko, wat minimaal was tydens 2025.
Foto KSK 3. Gesonde Shiraz-druiwe met uitstekende kleurontwikkeling, geoes in Maart 2025 in die Elgin-distrik.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 20
Druif- en wyngehalte
Opsomming In die Kaap Suidkus-streek, bekend vir humiede groeitoestande en ge paardgaande uitdagings, is ’n droë somer altyd goeie nuus vir wyndruifprodusente. Hierdie seisoen was produsente verder geseën met genoeg watervoorrade en matige weerstoestande met min der bewolkte dae om puik rypwordings toestande te verseker.
Laer humiditeit en somerreënval met matige temperature, veral in Januarie, het gesorg vir uitstekende toestande tydens die
rypwordingsperiode. Suikerakkumulasie was goed en goeie suur- en pH-vlakke was deur verskeie produsente uitgelig. Uitstekende kleur by die rooi kultivars (Foto KSK 3) en volop kultivarkarakter by Sauvignon Blanc-wyne was ook deur die bank gerapporteer.
ELGIN-DISTRIK
HEMEL-EN-AARDE-VALLEI-WYK
Die produsente het gemengde produksie tendense gerapporteer, veral vir die vroeë kultivars. Soos die seisoen gevorder het, het produksie verbeter en ’n geringe toename in opbrengste was verwag. Die kontras tussen die warm 2024- en koeler 2025-seisoen is veral opmerkbaar in die Elgin-distrik. Februarie se droë toestande het gesonde druiwe verseker en rypwording het ideaal verloop. Uitstekende druifanalises en geurvorming was verkry weens oorwegend matige temperature, met die kwik wat deur die verloop van die seisoen slegs enkele dae bo 33 °C gestyg het.
Goeie na-oes- en winterreëns en voldoende opvolgreëns in die lente het ideale toestande geskep vir optimale vegetatiewe groei, en het ook vir voldoende watervoorrade gesorg. Versuiptoestande was grootliks vrygespring omdat die lentereëns nie so oorweldigend soos die vorige seisoen was nie. Hoewel temperature getrou was aan die langtermyngemiddeldes, het Januarie egter afgewyk van die norm met koeler maksimum temperature. Februarie was baie droog, wat rypwording bevorder het en vir lae siektedruk gesorg het. ’n Marginale toename in oesgrootte en uitstekende wyngehalte word verwag.
RIJK’S
Gert Engelbrecht | 072 152 4028 | gerte@vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 21
Kaapstad
KAAPSTAD-DISTRIK
TOP-5-KULTIVARS
20%
38%
7%
Sauvignon Blanc Cabernet Sauvignon
10%
Merlot Shiraz Chardonnay Ander
11% 14%
CONSTANTIA-GLEN
TOTALE HEKTARE 2 511 UITGEKAP IN 2024 163 | GEPLANT IN 2024 47
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2024 22 VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025
Klimaat- en wingerdkundige tendense
hoofsaaklik uit die suide gewaai, wat daagliks koel lug ingebring het (Figuur KP 2) . Gevolglik was temperature in November, Desember en veral Januarie baie laer as die vorige seisoen. Constantia het goeie lentereën ontvang en Durbanville het ook opvolgreëns in Oktober en Desember aangeteken. Matige, droë toestande het regdeur oestyd geheers, met bykans geen dagtemperature bo 33 °C nie, wat optimale rypwordingstoestande verseker het. Algemene opmerkings Gevolglik was daar feitlik geen sonbrandskade gerapporteer nie. Die hoogste temperature tydens die seisoen is in die Durbanville-wyk aangeteken, met slegs een dag bo 33 °C. Swaar winterreëns en opvolgreënbuie deur die groeiseisoen het gesorg vir optimale groei, produksie en rypwording van druiwe. Wingerdsiektes was suksesvol in toom gehou, met enkele gevalle van witroes en laat donsskimmel naby die Skiereiland, waar meer gereelde reënval aangeteken is (Foto KP 1) . Die Kaapstad-distrik het die ekstreme dagtemperature wat op 25 en 26 Desember in die meeste streke aangeteken is, vrygespring.
Tydens die 2024-na-oesperiode het warmer as normale maksimum temperature in Mei en veral in Junie geheers. Sterk winde en uiters droë
toestande, vernaamlik in die Durbanville-wyk, het blaarval vervroeg tot begin April. Die eerste winterreën het aan die begin van Junie reeds geval, waarna rekordhoeveelhede reën in Julie en Augustus neergesak het. Die Constantia wyk het meer as 300 mm neerslag in hierdie maande aangeteken (Figuur KP 1) . Weens hoër temperature in Junie het koue eenhede stadiger geakkumuleer as in 2023 en die teikenhoeveelheid was 30 dae later as normaal in die Durbanville-wyk bereik, en sewe dae later as normaal in die Constantia wyk. Koue temperature het voortgeduur tot diep in Augustus, wat botdatums met omtrent twee weke vertraag het in vergelyking met die vorige seisoen. Na aan normale temperature is in September aangeteken. Die wingerde het oor die algemeen egaal en bevredigend gebot en toestande tydens die groeiseisoen was uitstekend. Die Constantia wyk het nie die ekstreme rukwinde van die vorige seisoen ervaar nie. Die maksimum windspoed was egter hoër in Durbanville en het
Maandelikse reënval: 2023/24 vs 2024/25 (Constantia)
350
300
250
200
2023 2024 2025
150
Reënval (mm)
100
50
0
Jan Feb Mar
Apr
Mei
Jun Jul
Aug Sep Okt
Nov Des
Figuur KP 1: Maandelikse reënvalsyfers vir die 2023-2024- en 2024-2025-groeiseisoene in Constantia (Klein Constantia).
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 23
18 28 38 48 58 68 78 88 98 01-Oct 06-Oct 11-Oct 16-Oct 21-Oct 26-Oct 31-Oct 05-Nov 10-Nov 15-Nov 20-Nov Daaglikse maksimum windspoed (km/h) Daaglikse maksimum windspoed (Durbanville)
2023 Diemersdal: Gem. Maks. w/spd (km/h) 2024 Diemersdal: Gem. Maks w/spd (km/h)
Figuur KP 2: Daaglikse maksimum windspoed tydens Oktober en November vir 2023 en 2024 in Durbanville (Diemersdal), waar winde 18 km/h (fisiologiese drempelwaarde) oorskry het.
Na 38 jaar in die wynbedryf en 20 jaar by De Grendel, is die 2025-oesjaar sekerlik een van die beste nog weens gunstige klimaatstoestande wat regdeur die seisoen geheers het. Die wyne spog met uitstekende analises en balans. – Charles Hopkins, Keldermeester en Wynmaker, De Grendel. “
Produksietendense Die 2025-seisoen se produksie moet oorweeg word in die konteks van die rekord- Sauvignon Blanc-oeste die vorige seisoen. Sauvignon Blanc beslaan bykans 40% van die streek se hektare en produsente het reeds vroeg voorspel dat hierdie kultivar se opbrengs in 2025 met omtrent 10% sal terugsak (in vergelyking met die vorige seisoen). Dit was inderdaad die geval. Nietemin het al die vernaamste kultivars steeds goeie gemiddelde produksie gelewer, met slegs ’n geringe algehele afname in oesgrootte vir 2025. Oestyd het later begin as in 2024, maar die middel en laat kultivars was steeds op normale tye gereed vir pars.
Foto KP 1: Kusgebiede ontvang dikwels meer reën as die omliggende areas. Hier vertoon ’n wingerdstok in Noordhoek “lugwortels” vanweë uiters hoë humiditeit en grondwaterversadiging in die vroeë lente.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 24
Druif- en wyngehalte
Opsomming Die meeste produsente huiwer gewoonlik om hulself te vroeg uit te laat oor potensiële wynkwaliteit; dis ’n sameloop van soveel faktore wat deur die seisoen moet meewerk wat dit moeilik maak om ’n mening te lug. Hierdie seisoen is dit egter nie die geval nie. Produsente is baie tevrede en opgewonde oor die uitnemende 2025-wynjaar, grootliks te danke aan matige temperature dwarsdeur die seisoen, geen hittegolwe nie, en puik rypwordingstoestande.
Te danke aan droë weerstoestande met koeler temperature tydens rypwording, was die druiwe se gesondheid uitstekend. Goeie
suiker- en suurvlakke het produsente vroeg reeds gaande gehad en terugvoer was van die staanspoor af positief. Alle kultivars toon uitstekende kultivarkarakter, met die rooiwyne wat goeie kleur en intensiteit beloof. Produsente is veral opgewonde oor hierdie oesjaar se Sauvignon Blanc-wyne wat uitstaande gehalte inhou.
CONSTANTIA
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 25
CONSTANTIA-WYK
Koeler gemiddelde minimum temperature in Julie en Augustus het gunstige toestande vir ’n goeie winterrusperiode geskep. ’n Laer voorkoms van sterk winde gedurende die eerste deel van die groeiseisoen was voordelig vir groei en blom, en temperature was ideaal vir ’n kultivar soos Sauvignon Blanc. Daar was nie ’n enkele dag met temperature bo 33 °C aangeteken nie. Produsente verwag, net soos laas jaar, goeie dog gemiddelde produksies oor die kultivarspektrum heen. Geen noemenswaardige reënval is in Februarie en die eerste deel van Maart aangeteken nie, wat tot ideale toestande tydens rypwording en parstyd gelei het. Daar het wel goeie reëns in Desember uitgesak, net voor die kritieke deurslaanperiode, wat produksie ’n hupstoot gegee het.
DURBANVILLE-WYK
Hoewel die winterseisoen laat aangebreek het, kon die wingerde voldoende koue-eenhede opbou. Augustus se nagtemperature was meer as 2 °C koeler as die vorige seisoen. Dit het gunstige toestande vir ’n kultivar soos Chardonnay geskep, wat neig tot onegalige bot weens suboptimale koue toestande. Die wyk het 20 mm reën in Desember aangeteken, wat ideaal was vir die droëlandwingerde. Daarna het die reën weggebly, wat beteken het dat siektedruk laag was en druiwe gesond gebly het tot parstyd. Wat egter hierdie seisoen in die Durbanville wyk uitgestaan het, was die volgehoue koeler somertemperature wat in skreie kontras was met die vorige seisoen. Produsente spog hierdie oesjaar met van die beste druifontledings nog. Die 2025-oesjaar se Durbanville-wyne sal beslis beïndruk wanneer hulle die mark bereik.
LOTHIAN VINEYARDS
Gert Engelbrecht | 072 152 4028 | gerte@vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 26
Klein-Karoo
KLEIN-KAROO-STREEK
TOP-5-KULTIVARS
31%
35%
Colombar Chenin Blanc Muscat D’Alexandrie Sauvignon Blanc
4%
21%
4%
5%
Shiraz Ander
TOTALE HEKTARE 1 981 UITGEKAP IN 2024 62 | GEPLANT IN 2024 49
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 27
Klimaat- en wingerdkundige tendense
vir besproeiing gehad omdat hulle die seisoen met vol damme begin het. Algemene opmerkings
Wingerdblare het vroeg ná die voltooiing van pars geval weens laat donsskimmeluitbrake wat veroorsaak is deur die hoë reënval in Maart en
Die droë groeiseisoen het gelei tot lae swamsiektedruk. Hierdie gunstige weer, tesame met effektiewe voorkomende siektebeheer, het
April. Die reënval vir Mei en Junie was laer en die aanvanklike wintertemperature was heelwat hoër as normaal. Vanaf middel Julie het die reënval toegeneem en die totale neerslag vir die seisoen was eindelik hoër as die langtermyngemiddeld. Temperature het ook vanaf middel Julie skerp gedaal en die Klein-Karoo het ’n koue, laat winter beleef. Die hoeveelheid koue-eenhede was voldoende vir die opheffing van dormansie en dit was nie nodig om enige rusbrekende middels toe te dien nie. Die laat reënval kon besproeiingsdamme voldoende aanvul en produsente het genoeg water vir besproeiing gehad. Die koue, laat winter het bot vertraag en wingerde het twee tot drie weke later as normaal gebot. Die wingerde het goed en egalig gebot, maar die inisiële lootgroei was stadig. Die aanvanklike groei was traag weens die koue en nat gronde in die vroeë lente, maar soos die temperature toegeneem het, het die vegetatiewe groeitempo ook aansienlik toegeneem. Die wingerde het uiteindelik geiler as normaal gegroei en was ook meer egalig as normaal. Te danke aan die later uitbot het die meeste blokke wydverspreide ryp op 28 Augustus vrygespring en geringe rypskade was gerapporteer. Blom en set was gevolglik ook later en wingerde het in meer gunstige toestande geblom. Set was ooglopend beter as in die vorige groeiseisoen. Deurslaan het een tot twee weke later as normaal plaasgevind, maar die periode het langer geduur en baie ongelykheid was opgemerk. Die vroeë kultivars was een tot twee weke later ryp as normaal en die laat kultivars het meestal volgens normale tye ryp geword. Hoewel min reënval in die groeiseisoen voorgekom het, het produsente genoeg water
gesonde lowers en druiwe tot gevolg gehad. Hoewel minimale rypskade gerapporteer is, het hael in die Montagu-area by enkele produsente skade veroorsaak (Foto KK 1) . Beperkte oesverliese was gerapporteer, maar omdat die hael voor deurslaan plaasgevind het, was daar nie enige verdere verliese weens vrot nie, en kon druiwe op die gewenste suikergraad gepars word. Die Ladismith-area het ook onder hael deurgeloop in parstyd. Oesverliese was by sommige produsente aangeteken en beskadigde druiwe moes noodgedwonge gepars word om verdere verliese te voorkom. Die oesverliese was uiteindelik minder as wat aanvanklik verwag was. Die parstyd was droog, wat bygedra het tot gesonde druiwe en lowers, en goeie suikerakkumulasie. Swaar reënval laat in Maart het Botrytisvrot in sommige blokke veroorsaak. Oesverliese was egter weglaatbaar min omdat die druiwe reeds ryp was en onmiddellik gepars kon word.
Foto KK 1: ’n Voorbeeld van die haelskade wat voor deurslaan in Montagu opgemerk is. Hoewel die lower noemenswaardig beskadig is, was die impak op die oesgrootte minimaal.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 28
Produksietendense Parstyd het ongeveer twee weke later as normaal afgeskop en die 2025-oes was effe groter as dié van 2024. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan voldoende beskikbaarheid van besproeiingswater deur die loop van die seisoen, beter vrugset, geiler groei en minder as normale verliese weens uiters gesonde druiwe. In die Montagu-omgewing het die Chenin Blanc-produksie verbetering getoon en in die Ladismith-area was opbrengste tot dubbelsyfers hoër. Ná die misoes weens ryp die vorige jaar, het Muskadel se opbrengste vir die streek noemenswaardig verbeter. Ruby Cabernet het goed geset en
uitstekende produksie gelewer. Colombar se produksie was min of meer dieselfde as die vorige seisoen in die Montagu-area en het tot langtermyngemiddelde produksie in die Ladismith-area herstel. Die druiwe was oor die algemeen gesond weens gunstige weertoestande, hoewel geringe vrot laat in parstyd voorgekom het ná swaar reëns in die Montagu-omgewing. Die lowers het steeds mooi en gesond vertoon ná die oes. Die opbrengste van die ander rooi kultivars, met die uitsondering van Ruby Cabernet, was soortgelyk aan die langtermyngemiddeld. Gegewe die gunstige toestande regdeur die seisoen, was die druifkwaliteit uitstekend. was optimisties oor uitstekende wynkwaliteit, met witwyne wat ’n vrugtige geurprofiel toon. Die rooi kultivars se kleurontwikkeling was ook hierdie wynjaar besonder goed. Die 2025-oesjaar sal beskou word as ’n verbetering op dié van 2024, met gesonde druiwe wat produsente met min onderbrekings kon pars. Die algehele wynkwaliteit beloof om uitstekend te wees.
Druif- en wyngehalte
Parstyd het oor die algemeen glad verloop weens droë, gunstige weerstoestande met matige tem perature (Figuur KK 1) en slegs enkele
onderbrekings. Hoewel druifontledings oor die kultivarspektrum heen goed was, was organiese sure minder stabiel as verwag en het dit wel aanpassings vereis. Produsente
10,00 15,00 20,00 25,00 30,00 35,00 40,00 45,00 Daaglikse maksimum temperature: Januarie & Februarie 2025 (Montagu)
Temperatuur (°C) 0,00 5,00
1 Jan 2025
2 Jan 2025
3 Jan 2025
4 Jan 2025
5 Jan 2025
6 Jan 2025
7 Jan 2025
8 Jan 2025
9 Jan 2025
31 Jan 2025 1 Feb 2025
2 Feb 2025
3 Feb 2025
4 Feb 2025
5 Feb 2025
6 Feb 2025
7 Feb 2025
8 Feb 2025
9 Feb 2025
10 Jan 2025
11 Jan 2025
12 Jan 2025
13 Jan 2025
14 Jan 2025
15 Jan 2025
16 Jan 2025
17 Jan 2025
18 Jan 2025
19 Jan 2025
20 Jan 2025
21 Jan 2025
22 Jan 2025
23 Jan 2025
24 Jan 2025
25 Jan 2025
26 Jan 2025
27 Jan 2025
28 Jan 2025
29 Jan 2025
30 Jan 2025
10 Feb 2025
11 Feb 2025
12 Feb 2025
13 Feb 2025
14 Feb 2025
15 Feb 2025
16 Feb 2025
17 Feb 2025
18 Feb 2025
19 Feb 2025
20 Feb 2025
21 Feb 2025
22 Feb 2025
23 Feb 2025
24 Feb 2025
25 Feb 2025
26 Feb 2025
27 Feb 2025
28 Feb 2025
Figuur KK 1: Daaglikse maksimum temperature in Montagu (Derdeheuwel) vir Januarie en Februarie 2025, met enkele dae waar maksimum temperature bo 35 °C aangeteken is.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 29
Die grafiek dui die afwesigheid van hittegolwe aan. Daar was wel uitskieter warm dae maar nie 'n aaneenlopende tydperk van ekst
Die wynkwaliteit is baie goed met voller styl wyne. Die alkohol-omsetting was vanjaar hoog, wat bygedra het tot die volheid. Die kleur van die rooiwyne is besonder goed. As gevolg van die ideale rypwordingsweer was rooi druiwe teen ’n laer suikergraad ryp met gevolglike laer pH-vlakke wat ’n positiewe impak op die kleur het. – Hermias Vollgraaff, Wynkelderbestuurder, Montagu Wynkelder “
GRAHAM BECK ROBERTSON VINEYARDS
Hennie Visser | 083 455 5193 | henniev@vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 30
Noord-Kaap
NOORD-KAAP-STREEK
TOP-5-KULTIVARS
Noord-Kaap
17%
5% 4% 2%
42%
Colombar Chenin Blanc Villard Blanc
30%
Cabernet Sauvignon Muscat D’Alexandrie Ander
NORTHERN CPAE TOURISM
TOTALE HEKTARE 2 313 UITGEKAP IN 2024 127 | GEPLANT IN 2024 –
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 31
Klimaat- en wingerdkundige tendense
en set, wat tot besondere goeie produksie gelei het (Figuur NK 1) . Ywerige lootgroei het vanaf middel Oktober plaasgevind en vroeër topaksies het sylootontwikkeling gestimuleer. Egalige vrugset het plaasgevind, hoewel produsente klein korrels op trosse van sommige laat kultivars opgelet het. Deurslaan het in die tweede week van Desember begin en rypwording was beïnvloed deur die lading. Vroeë kultivars, soos Chardonnay en Sauvignon Blanc, asook Chenin Blanc wat op klipgronde geplant is, het ’n korter rypwordingsperiode ervaar. Vir hierdie kultivars was die tydsberekening van pars soortgelyk aan die 2024-oes. Die oorblywende kultivars het ’n later rypwordingsperiode gehad, ongeveer 14 dae later as die 2024-pars. Algemene opmerkings
In die Noord-Kaap-streek het die wingerdblare laat aan die stokke bly hang weens warm temperature wat tot in Junie voortgeduur
het. Blare het egter in Mei begin val ná ’n kortstondige kouefront (11–12 Mei) met minimum temperature onder 7 °C. Ondanks ’n warm herfs en winter, met minder koue eenhede wat geakkumuleer het, het wingerde steeds voldoende reserwes opgebou. Dít was merkbaar in die wingerde se sterk en egalige bot. Sapvloei was reeds waarneembaar teen die middel van Julie en wol-ogies het vanaf 2 September voorgekom. Die botperiode het, soos normaal, tussen 12 en 23 September plaasgevind en die wingerde het dus die laaste laat rypgeleentheid op 1 en 2 Oktober vrygespring. Bot het oor die algemeen eerste naby die krone van stokke uitgeloop en langdraers se ogies was ongeveer agt dae agter die krone. Waar die lote ongelyk uitgeloop het, was vroeër tipaksies en lootuitdunning aanbeveel. Chenin Blanc en kultivars wat later bot was gespaar van winderige toestande tydens blom
Die wingerd was hierdie seisoen grootliks gespaar van siektes en plae. Die na-oesperiode toon gewoonlik witroes, veral ná ’n lang groeiperiode.
Voorkomende spuite was toegedien omdat reën in die groeiseisoen verwag was. Hittegolwe het gereeld voorgekom, wat siektes onderdruk het en onkruiddruk verhoog het, en wingerdrye moes meer gereeld oopgesny word.
Temperatuur en windspoed: Augustus tot Oktober (Kakamas) Temperatuur en windspoed: Augustus tot Oktober (Kakamas)
WSpd km/h 5,07 3,05 6,01 10,10
40,00
25,00
35,00
20,00
30,00
25,00
3,37 4,77 6,03 5,12 5,27 6,74 3,86 3,50 9,69 4,12 6,01 7,77 4,49 4,66
15,00
20,00
10,00
15,00 Temperatuur (°C)
Windspoed (km/h)
10,00
5,00
5,00
0,00
0,00
1 Aug 2024
8 Aug 2024
15 Aug 2024
22 Aug 2024
29 Aug 2024
5 Sep 2024
12 Sep 2024
19 Sep 2024
26 Sep 2024
3 Oct 2024
10 Oct 2024
17 Oct 2024
24 Oct 2024
Maks. T °C Gem. T °C Min. T °C W/spd (km/h)
Figuur NK 1: Daaglikse temperatuur (°C) en windspoed (km/h) vir Augustus, September en Oktober 2025 wat matige temperature en lae windspoed aandui vir beide bot- (rooi) en blom- (geel) periodes (Kakamas).
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 32
In die parstyd het die reënval periodiek opgehou, wat wingerde tyd gegun het om af te droog. ’n Ligte briesie het verligting gebring en die voorkoms van Botrytisvrot tot einde Februarie vertraag. Dit sou uiteindelik ’n positiewe effek op die tonnemaat hê. Produksietendense Pars het in die tweede week van Januarie afgeskop, gevolg deur ’n stiller periode aan die einde van die maand. Die middel van parstyd was dus in Februarie. Hoë volumes druiwe was vanaf die derde week van Februarie ingeneem en daardie pas is volgehou tot en met die eerste week van Maart. Die wyndruif-inname het teen middel Maart begin afneem en so het die einde van pars aangebreek, met die verwagting om die parstyd in die streek teen 4 April af te sluit. Produsente in die Douglas-area het reeds teen 26 Maart klaar gepars. Die algehele produksie vir die streek het gestyg, hoewel vroeë kultivars, soos Chardonnay, Sauvignon Blanc en Irsay Oliver, laer opbrengste behaal het. Cabernet Sauvignon het nie besonderse produksie behaal soos die ander rooi kultivars nie, waarskynlik weens die ouderdom van dié wingerde. Later kultivars, soos Chenin Blanc, Colombar, Shiraz en Ruby Cabernet in besonder, het goeie oeste gelewer.
Foto NK 1. ’n Voorbeeld van die impak van haelskade aan een kant van die lower tydens rypwording.
Druif- en wyngehalte
Druifontledings het goeie sure getoon, terwyl die pH-vlakke hierdie seisoen redelik hoog was. Ontydige reënbuie en hael tydens parstyd (Foto
NK 1) het die gehalte van die witwyne nadelig beïnvloed in terme van laer suikervlakke in die middel van die seisoen en vrot aan die einde van die seisoen. Die sapverhaling was hoër as normaal. Die rooi kultivars het beter kleur gelewer teenoor die vorige seisoen ondanks ’n hoër tonnemaat. Die rypwordingstyd was, weens die hoër oeslading hierdie jaar, effe later as normaal. Opsomming Die Noord-Kaap-wynstreek het in 2025 uitsonderlike oeste gelewer met bogemiddelde opbrengste vir alle kultivars oor die streek heen – vanaf Augrabies tot by Douglas en Prieska. Onder die wit kultivars het Chenin Blanc en Colombar die grootste bydrae tot die oes gelewer, en Shiraz en Ruby Cabernet was die rooi kultivars wat die beste produksies gelewer het. Die wingerde het ’n swak rusperiode in die winter beleef met gereelde hittegolwe, hoewel maksimum temperature nie so hoog was soos die vorige seisoen nie. Bot was egter net 3–4 dae later as normaal en set was goed met ’n beperkte voorkoms van hen-en-kuiken vrugset (millerandage). Deurslaan het teen die
“
Op Lowerland was dit ’n fenomenale seisoen, en eerste keer in 12 jaar wat die ryp en die hael ons gemis het. Die weer was besonders koel in Januarie en Februarie, met die reën wat ons aan die einde gevang het tydens die Tannat-oes, so teen middel Maart. – Bertie Coetzee, Eienaar, Lowerland Landgoed, Prieska
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 33
wat gemiddelde oeste gelewer het. Ná ’n kort rusperiode aan die einde van Januarie is die meerderheid van die druiwe in Februarie en Maart ingebring met hoë opbrengste. Botrytisvrot het later voorgekom weens bogemiddelde reënval in die streek, wat jaargemiddelde oorskry het, en meer as 200 mm neerslag is in sommige dele van die streek aangeteken. Vir die blokke wat na die reëns ingeneem is, is wynkwaliteit negatief daardeur beïnvloed. Wit sap het later in die seisoen verbruin en laer suikers was ’n uitdaging. Nietemin, as geheel gesien, was die kwaliteit oorhoofs goed gehandhaaf. Veral die rooi sap het beïndruk met uitstekende kleurontwikkeling ondanks hoër tonnemaat (Foto NK 2) . Die jaar sal beslis onthou word vir uitstekende opbrengste, tesame met voorspoed in ander landbou-industrieë, tydens ’n tydperk van finansiële druk. Ten spyte van reën in die oestyd, langdurige hittegolwe, laat wind en ’n swak winter, is druiwe van goeie gehalte opgelewer. Daar fluit ’n gesang van dankbaarheid en onverklaarbare genade langs die Oranjerivier.
Foto NK 2: Shiraz-wingerd met indrukwekkende oeslading en egalige deurslaan.
middel van Desember begin, wat strook met die langtermyngemiddeld. Die parstyd het in die tweede week van Januarie afgeskop, met die vroeë kultivars
Natasja Combrink | 072 658 6903 | natasja@owk.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 34
Olifantsrivier
OLIFANTSRIVIER-DISTRIK
TOP-5-KULTIVARS
23%
30%
5%
Chenin Blanc Colombar Sauvignon Blanc Pinotage
7%
26%
9%
NAMAQUA WINE CELLARS
Shiraz Ander
TOTALE HEKTARE 8 261 UITGEKAP IN 2024 336 | GEPLANT IN 2024 178
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 35
Klimaat- en wingerdkundige tendense
het om die laagliggende wingerde, wat steeds onder water was, af te droog. Dit het produsente uiteindelik toegelaat om onkruid en plae suksesvol te beheer. Teen 28 September het reënval weer uitgesak, met uiterste koue wat die nag van 1 Oktober aangeteken is. Ryp het voorgekom oor laagliggende dele van Lutzville en Koekenaap, met slegs enkele wingerdblokke wat skade opgedoen het. Vanaf 3–7 Oktober is hoë temperature aangeteken, wat gewissel het tussen 35–41 °C. Reën het vanaf 25–27 Oktober uitgesak en die rivier het toe vir die soveelste maal sy walle oorstroom. Temperature was deur die seisoen gematig met gemiddelde maksimum temperature wat vanaf Desember tot Maart heelwat laer as dié van die 2024-seisoen was (Figuur OL 1) . Die doupunt was hierdie jaar aansienlik hoër as die vorige seisoen en gevolglik was daar menigte dae waar wingerde vir verlengde periodes in die oggende nat gebly het. Veral blokke wat in die nag geoes was, het gevolglik laer suikervlakke as verwag getoon, en oesskedulering moes hierby aanpas (Figuur OL 2) .
Ná afloop van die na-oesperiode, het die Olifantsrivier-streek se reënseisoen laat begin, wat die wingerde ’n kans gegun het om voldoende reserwes
op te bou. Nadat die eerste reënval teen begin Junie uitgesak het, het die wingerdstokke se blare begin val en die wingerde hul winterrustyd betree. Daarna het die streek kortstondige warm toestande ervaar, waarna werklike koue weer teen begin Julie ingetree het. Teen middel Julie het die Olifantsrivier vir die eerste maal sy walle oorstroom. Die rivier het telkemale afgekom deur die seisoen, met sommige wingerde wat tot ongeveer twee maande onder water was. Die botdatum was vanjaar later as die vorige seisoen weens die vertraagde koue weerstoestande. Derhalwe het die akkumulasie van koue-eenhede ook later plaasgevind en snoei-aksies was uitgestel. Diegene wat gewag het vir voldoende opbou van koue-eenhede is beloon met goeie en egalige uitbot en gevolglike beter oesverwagtings. Vanaf 21 September het ’n sterk oostewind gereeld gewaai, wat gehelp
2024/25 27,83 35,71 24,1 20,18 18
Daaglikse maksimum temperature: September tot Maart (Vredendal) Daaglikse maksimum temperature: September tot Maart (Vredendal)
20,24 21,28 19,68 22,68 25,78 21,28 20,36 20,04 20,73 18,48 22,95 21,66 18,84 20,91 24,52 27,34 31,05 33,21 20,05 19,36 23,28 22,82 18,04 16,28 15,8 22,12 30,64 36,51 39,32 38,79 38,6 33,97 24,45 22,02 21,96
45
40
35
30
25
Temperatuur (°C)
20
15
10
2023/24
2024/25
Figuur OL 1: Jaar-op-jaar vergelyking van daaglikse maksimum temperature vanaf September tot Maart (2024–2025).
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 36
Made with FlippingBook - Online catalogs