Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
Klimaat- en wingerdkundige tendense
breek, was later as normaal uitgevoer. Gevolglik was daar ook minder tip- en topaksies vereis weens matige groei. Die eerste Pinotage-druiwe het, soos normaal, teen 25 Desember begin deurslaan. Die deurslaantempo was egter baie stadiger as normaal en baie wingerde het meer as 14 dae geneem om die deurslaanperiode te voltooi. Die later kultivars het hierdie seisoen vroeër deurgeslaan, maar het ook lank geneem om deurslaan te voltooi. Die rypwordingsperiode het ’n bekende pas gevolg en die eerste druiwe is aan die begin van Februarie ingeneem. Die Sauvignon Blanc wingerde het eerste ryp geword en ’n redelike gedeelte van die oes kon gepars word voor die res van die vroeë kultivars, soos Chenin Blanc en Pinotage, ingeneem is. Derhalwe was die vroeë kultivars effe later, maar die middel en laat kultivars vroeër, en kelders moes woel om al die druiwe tyding in te neem tydens die piekperiode van parstyd. Algemene opmerkings reënval aan die einde van Oktober die donsskimmeldruk tydelik verhoog het. Geen skade is weens reën, hael of ryp (wat die oes negatief sou beïnvloed) aangeteken nie. Verder, was die groeikrag matig en onkruiddruk laag weens die droëer toestande. Rypheidsmonitering was veral uitdagend by Chenin Blanc-blokke, wat meer as die normale variasie in rypheidsvlakke binne blokke getoon het. Die variasie blyk verband te hou met groeikragverskille en die algemene stadiger rypwordingstempo in die koel jaar. Kortstondige warm toestande is aan die begin van Februarie aangeteken, met besonder hoë Dit was oor die algemeen ’n besonder gesonde seisoen met lae siektedruk. Min reënval is deur die groeiseisoen aangeteken, hoewel
Die na-oesperiode was droog met gematigde temperature. Derhalwe het die wingerdblare lank geneem om te val en was daar genoeg tyd vir
reserwes om op te bou. Besproeiingswater was ook volop beskikbaar, wat noodsaaklike na oesbesproeiing en -bemesting toegelaat het. Die herfs en vroeë winter was droog en die eerste effektiewe neerslae (>7 mm) het eers teen einde Mei geval. Hierna is 31 mm reënval in Junie aangeteken, terwyl 119 mm in Julie gemeet is by die Aan de Doorns weerstasie. Koue-eenhede het teen middel Junie stadig begin akkumuleer, maar het eers noemenswaardig in Julie opgetel na die temperatuur behoorlik gedaal het. Nogtans was dormansie voldoende opgehef aangesien koue-eenhede genoegsaam geakkumuleer het, en dus was dit nie nodig om rusbrekende middels toe te dien nie. Die meeste kultivars het goed en egalig uitgebot. Bot was 7-10 dae later as die vorige seisoen, maar nader aan die normale uitbotdatums. Die effe vertraagde pas is volgehou in die aanvanklike groeiperiode en wingerde het later as die vorige seisoen geblom, hoewel dit steeds goed vergelyk het met ’n normale jaar. Die blomperiode was gunstig en geen noemenswaardige reënval het voorgekom nie. Neerslae teen die einde van Oktober het daartoe gelei dat donsskimmeldruk verhoog het, veral by die laat kultivars, en swakker set is by sekere Ruby Cabernet-blokke waargeneem. Gunstige, droë toestande is deur die somer ervaar en wingerde het matig gegroei. Die daaglikse gemiddelde temperatuur in November was laer as in die vorige seisoen (Tabel WO 1) . Die effe koeler temperature in November het die algehele groeitempo vertraag en loweraksies, soos suier en blare
Tabel WO 1: Jaar-op-jaar vergelyking van gemiddelde temperature in November (2023–2024), soos gemeet by Aan de Doorns-weerstasie.
Gem daaglikse maks temp (°C)
Gem daaglikse min temp (°C)
Maks temp gemeet (°C)
Min temp gemeet (°C)
Maand
Gem temp (°C)
Nov-23 Nov-24
20,83 19,58
28,89 27,36
13,03 12,38
37,67 33,73
6,97 6,07
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 57
Made with FlippingBook - Online catalogs