Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

Foto SW 1: Sonbrandskade in Shiraz na hoë temperature gedurende Desember 2024 in die Swartland-distrik.

Druif- en wyngehalte

gewasstand swakker en was daar ook minder dekgewasse gevestig. Die swakker dekgewasstand, tesame met die swaar reëns in die laatwinter, het onkruidbeheer bemoeilik. Vaal skraalhans en raaigras was weereens ’n groot kopseer in die distrik. Siektedruk was hierdie seisoen laag en die wingerde was deurgaans besonder gesond. Groen trosse en natrosse is ook betyds by deurslaan tydens oesbeheer afgegooi. Produksietendense Wingerde het sterker gegroei weens goeie watervoorsiening. Watertekortsimptome was teen die einde van die seisoen waargeneem, maar het nie die oes noemenswaardig geaffekteer nie. Hoewel die wit kultivars gemiddelde produksies gelewer het, het die rooi kultivars – en in besonder Pinotage – beter opbrengste gerealiseer. Die Chenin Blanc-trosse het goed ontwikkel, hoewel laer trosgetalle per stok die oesgrootte negatief beïnvloed het.

Die druifgehalte was uitstekend en druiwe was uiters gesond. Druifontledings van die vroeë wit kultivars was besonder goed, met

hoë sure en lae pH-vlakke. Vroeë fluisterings van wyngehalte voorspel dat die witwyne uitstaande gehalte inhou, en wynmakers in die distrik is opgewonde oor hierdie wynjaar se Shiraz. Sapverhalings was in lyn met die langtermyngemiddeld. Koel nagte, geen ernstige hittegolwe nie, baie gesonde druiwe en gemiddelde oeste het ’n ongelooflike oesjaar vir wyngehalte opgelewer. Vrugte geure is uitgesproke op Sauvignon Blanc en Chardonnay, en balans is uitstekend oor die kultivarspektrum heen. – Pieter du Toit, Eienaar, Kloovenburg Wyne “

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 53

Made with FlippingBook - Online catalogs