Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
Klimaat- en wingerdkundige tendense
van afloopreënwater afhanklik is, is tot volle kapasiteit gevul. Die weerstoestande tydens die groeiseisoen was gematig, met die eerste hoë temperature wat rondom 25 Desember ervaar is. Die wingerde het baie goed gegroei en sommige blokke het meer as een topaksie benodig. Hoewel deurslaan effe later as die vorige seisoen was, was dit steeds as normaal beskou. Die druiwe het relatief maklik deurgeslaan en kleurontwikkeling was baie goed. Die parstyd het 7–10 dae later begin, wat ook as normaal beskou was. Hoewel die vroeë kultivars later ryp was, was die later kultivars op die normale tyd ryp, en dit het die kelders tydens die piektyd van pars onder geweldige druk geplaas. Algemene opmerkings
Toestande tydens die 2024-na oesperiode was uiters droog en warm. Derhalwe het die blare vroeg begin val en sommige
wingerde het reeds teen April geen blare meer oorgehad nie, wat nie ideaal was vir die opbou van reserwes nie. Junie was steeds redelik warm en droog, maar welkome reënval en gepaardgaande koue is vanaf Julie tot Augustus ervaar. Swaar neerslag is veral in Julie aangeteken, en die totale winterreënval was hoër as die langtermyngemiddeld. Hoewel koue-eenhede aan die begin van die winter stadig geakkumuleer het, was die akkumulasie teen die einde van Augustus selfs beter as die vorige jaar. Gelyk en volledige uitbot was verwag. Toe die lente in September aanbreek het dagtemperature aansienlik gestyg tot byna 30 °C, maar daarna weer tot onder 20 °C gedaal weens kouefronte. Besonder min reën is in die vroeë lente aangeteken. Die nagte was steeds koud, met minimum temperature wat daagliks onder 10 °C gedaal het. Bot het sowat 7–10 dae later as normaal begin, maar het steeds redelik gelyk en volledig voorgekom. Die grond is tot veldkapasiteit gevul en plaasdamme wat
Figuur SW 1 illustreer die skielike toename in die dagtemperatuur op 25 Desember in die Swartland distrik. Die meeste druiwe het op
daardie tydstip nog nie deurgeslaan nie, wat tot sporadiese sonbrandskade in sommige wingerde gelei het (sien ook Foto SW 1) . Die res van die seisoen het egter geen langdurige hittegolwe opgelewer nie. Weens die laat winterreëns was die dek
Daaglikse maksimum temperature: Desember 2024 (Swartland)
10 15 20 25 30 35 40 45 Temperatuur (°C)
0 5
T Maks (°C) Figuur SW 1: Daaglikse maksimum temperature in Desember 2024 in die Swartland-distrik, soos gemeet by Riebeek-weerstasie.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 52
Made with FlippingBook - Online catalogs