Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
DARLING-DISTRIK
Die Darling-distrik kyk met dankbaarheid terug op ’n uitstekende seisoen, met wit kultivars wat effe beter produksies gelewer het en rooi kultivars – veral Pinotage en Shiraz – wat aansienlik beter oeste ingebring het. Die druifgehalte was uitstekend en -ontledings bevredigend. Wynkwaliteit lyk besonder belowend in terme van balans en kleur, met veral Chenin Blanc en Shiraz wat reeds uitblink. Ontledings was regdeur mooi; kleur baie mooi op die rooi kultivars; wyne gebalanseerd. – André Scriven, Hoof-Wynmaker, Darling Kelders “ Opsomming Hierdie oesjaar sal onthou word vir matige en gunstige weerstoestande tydens die parsseisoen. Die nagte was koel en hoewel daar enkele warm dae was, het geen langdurige hittegolwe die distrik getref nie. Druiwe het gebalanseerd en gesond ontwikkel en ontledings was uitstekend, met ongekende goeie sure en uitgesproke vrugte geure in die jong wyne wat dit ’n besonderse oesjaar maak.
Van die beste wyne wat ek in twee dekades gesien het. – Eben Sadie, Wynmaker-Eienaar, Sadie Family Wines “
Hanno van Schalkwyk | 083 455 5192 | hanno@vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 54
Made with FlippingBook - Online catalogs