Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
Druif- en wyngehalte gerealiseer. Verskeie produsente sonder hierdie wynjaar Sauvignon Blanc uit vir uitnemende gehalte. Rooi kultivars spog met uitstekende kleur en intensiteit, en kultivarkarakter is prominent. Die droë, koel toestande tydens die pars het gesorg vir gesonde druiwe en produsente kon innames fyn beplan sonder onderbrekings weens ongunstige weer. Hierdie seisoen het koeler en effens later as gewoonlik begin. Droë toestande het diegene beloon wat hul wingerde skoon gehou het deur die uitdagende lente. Die kwaliteit en kwantiteit van die druiwe was uitsonderlik en sorg vir ’n algehele uitstaande seisoen. Die 2025-seisoen sal ongetwyfeld ’n paar pêrels bied wanneer die wyne hul pad na die mark vind. – Stuart Botha, Wynmaker, Tokara “ Produksietendense Nes die botdatums, was die aanvang van die oes twee weke later as die vorige seisoen. Vroeë kultivars het beter produksies gelewer as die vorige oesjaar, en dit was veral Pinotage wat 2024 se opbrengste ver oorskry het. Die warm, droë weer en afwesigheid van hittegolwe het effektiewe rypwording bevoordeel. Middel en laat kultivars het op normale tye ryp geword en sommige produsente het tydens die piektyd van die pars gespook om al die druiwe betyds in te neem. Hoewel die verwagting was dat Chenin Blanc swakker produksie sou lewer weens lae vrugbaarheid, het goeie trosgewigte deels daarvoor opgemaak. Sauvignon Blanc, Merlot, Shiraz en Cabernet Sauvignon het goeie produksies gelewer. Algeheel beskou, het die distrik ’n effens groter oes as in 2024 opgelewer. Produsente is opgewonde oor die kwaliteit van die 2025-oes. Druifanalises van die wit kultivars het uitstekende suiker- en suurvlakke
Foto STB 1: Sterk vegetatiewe groei in Petit Verdot in die Simonsberg-area, Stellenbosch.
deurgeloop het onder sonbrandskade was dié met noord-suid ryrigtings, ook waar wingerde gesuier is en blare gebreek is net voor die hittepiek, en wingerde wat naby aan deurslaan was.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 49
Made with FlippingBook - Online catalogs