Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

Klimaat- en wingerdkundige tendense

maksimum temperature wat tot 3 °C koeler was as die vorige jaar. Nagtemperature in Desember was ook koeler as die vorige seisoen. Die totale hoeveelheid dae van Desember tot Maart met temperature bo 35 °C was omtrent helfte van wat dit die vorige seisoen was. Die parstyd was baie droog en gunstig met geen noemenswaardige reënval nie (Figuur STB 1) . Algemene opmerkings de spuitprogramme die wingerde se behoud wees te midde hoë siektedruk en geiler groeitoestande. Danksy goeie opvolgreëns in die groeiseisoen was damvlakke dieselfde of effens beter en grondwatervlakke beter as die vorige seisoen. Wingerde se lowers was gebalanseerd en gesond, en goeie groei toestande was ten toon gestel deur geil groeikrag wat waargeneem was in lae groeikrag kultivars, soos Petit Verdot (Foto STB 1) . Die matige weerstoestande was op 25 en 26 Desember onderbreek deur ekstreme hittepieke wat sonbrandskade in baie wingerde veroorsaak het. Wingerde wat die swaarste Dit was ’n oorwegend gesonde sei soen. Hoewel die reënval tydens blom tot geringe donsskimmelskade gelei het, sou effektiewe voorkomen

Tydens die na-oesperiode van die 2024-seisoen was herfs droog en warm, wat gelei het tot vroeë blaarval teen begin April. Die

bogemiddelde warm weer het voortgeduur tot in Junie en normale wintertemperature het eers teen die einde van Junie gerealiseer. Gevolglik was die akkumulasie van koue-eenhede met omtrent 20 dae vertraag in vergelyking met die vorige seisoen. Rekordhoë reënval in Julie is egter waarvoor hierdie winter onthou sal word. ’n Koeler Augustus en gematigde temperature in September het daartoe gelei dat bot later was as die vorige seisoen. Toestande tydens blom was gunstig, met minder ekstreme wind as die vorige seisoen. Sterk winde was egter aangeteken vanaf middel Oktober tot middel November, wat in sekere gevalle tot swakker set gelei het. Ná swaar winterreëns het die Stellenbosch-streek goeie opvolgreëns in Oktober, November en Desember ontvang, wat gelei het tot geiler groei en goeie produksie. Dit is veral teen die hange van die Simonsberg en die Stellenboschberge waar swaar reënval teen einde Oktober aangeteken is. Tydens die somermaande het Januarie uitgestaan met

Maandelikse effektiewe reënval: Mei 2023 tot Maart 2025 (Stellenbosch)

250

200

150

100

50

Effektiewe reënval (>7 mm)

0

Jan Feb Mar

Apr

Mei

Jun Jul

Aug Sep Okt

Nov Des

2023 2024 2025 Figuur STB 1: Maandelikse effektiewe reënval (>7 mm) vir Stellenbosch (Skilpadvlei) oor die afgelope twee seisoene (2023–2024 en 2024–2025).

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 48

Made with FlippingBook - Online catalogs