Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

Februarie 31,9 17,1 12,2

Maandelikse reënval: Desember tot Februarie (Robertson)

100 120

0 20 40 60 80

Totale reënval (mm)

Desember

Januarie

Februarie

2022/23 2023/24 2024/25

Figuur ROB 1: Reënvalsyfers tydens rypwording vir Roberston (Goudmyn) vir die afgelope drie jaar (2023–2025).

Monsterneming vroeg in die seisoen was ’n uitdaging omdat die vroeë kultivars onegalig deurgeslaan het, maar die situasie het verbeter soos die seisoen gevorder het. Ten spyte van laer reënval in die groeiseisoen (Figuur ROB 1) het produsente voldoende water vir besproeiing gehad omdat hul die seisoen met vol damme begin het. Die wingerde se waterverbruik was hoër as normaal weens minder reënval en meer ure in die optimale venster vir fotosintese en transpirasie. Die parsseisoen self was droog, Botrytisvrot was nie werklik ’n probleem nie, en produsente kon dus die trosse laat hang tot gewenste rypheidsvlakke bereik is. Weens minimale reënval het die inname van die druiwe vlot verloop sonder onderbrekings. Produksietendense Die oes het een tot twee weke later as normaal afgeskop, met die vroeë kultivars wat later as normaal ryp geword het. ’n Toename in oesgrootte word verwag, wat toegeskryf kan word aan gesonde lowers en druiwe, beter vrugset, gunstige toestande tydens groei en voldoende besproeiingswater. Hoewel sommige van die vroeë kultivars se produksies gewissel het weens vroeë rypskade, was die opbrengste van die rooi kultivars oor die algemeen hoër as die vorige seisoen.

Druif- en wyngehalte

Wynmakers is dit eens dat uitstekende wyngehalte hierdie oesjaar verwag word. Witwyne toon vrugtige geure en die rooiwyne het uitstekende kleur.

Die sure was aanvanklik baie hoog, maar soos die seisoen gevorder het, het dit genormaliseer. Die pH-vlakke was egter relatief laag vir hierdie area. As gevolg van die vroeë kultivars wat later ryp geword het, en die laat kultivars wat op tyd ryp geword het, was daar meer druk op die kelders met die inname van die druiwe. Omdat reënval tydens parstyd beperk was, kon die druk egter goed bestuur word en min probleme was gerapporteer.

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 45

Made with FlippingBook - Online catalogs