Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
Klimaat- en wingerdkundige tendense
Ná afloop van die 2024-oes het blaarval vroeër as normaal plaasgevind weens hewige reënval in Maart en April en gevolglike laat
donsskimmeluitbrake. Vir hierdie periode was 145 mm reën gemeet, wat 320% meer as die langtermyngemiddeld is. Voldoende opbou van reserwes en effektiewe opname van na oesbemesting word dus bevraagteken. Omdat die 2024-oes een tot twee weke vroeër as normaal was, kon die na-oesbemesting ook vroeër toegedien word. Die Robertson-distrik het ’n warmer en droër vroeë winter beleef met laer reënval en hoër temperature tot middel Julie. Vanaf middel Julie tot einde Augustus was die temperature heelwat kouer en die reënval 190% meer as die langtermyngemiddeld. Die hoeveelheid geakkumuleerde koue-eenhede was genoeg vir die opheffing van dormansie en dit was nie nodig om enige rusbrekende middels toe te dien nie. Grondwater is goed aangevul en braksoute kon geloog word. Die skemadamme was vol, so ook damme van produsente wat afhanklik is van bergwater, en dus was die beskikbare waterbronne voldoende vir besproeiing. Weens die koue, laat winter en vroeë lente was bot ongeveer twee weke later as normaal. Verder, was die inisiële lootgroei stadig as gevolg van die koue, nat gronde. Op 28 Augustus is wydverspreide ryp aangeteken, selfs ook in nie-rypgevoelige areas, maar as gevolg van die vertraagde uitbot het die meeste wingerde rypskade vrygespring. Waar blokke wel vroeër gebot het, is rypskade gerapporteer. In vergelyking met die afgelope twee seisoene, was rypskade hierdie seisoen egter heelwat minder. Vanaf Oktober tot en met rypwording is gematigde toestande deur die groeiseisoen gehandhaaf. Blom was lank en uitgerek en ongelyke set het voorgekom, wat hoofsaaklik aan die koel toestande toegeskryf kan word (Foto ROB 1) . Die matige weer tydens die groeiseisoen het gelei tot geiler groei en addisionele lowerbestuursaksies was nodig. Deurslaan was ook ongeveer twee weke later en meer onegalig as normaal. Hoewel die
Foto ROB 1: Ongelyke ontwikkeling van Chenin Blanc trosse in Robertson.
vroeë kultivars ongeveer twee weke later ryp was as normaal, het die later kultivars op hul gewone tye rypheid behaal. Die kultivars het volgens hul normale parsvolgorde ryp geword, met die uitsondering van Cabernet Sauvignon wat voor Shiraz ryp was. Hierdie tendens word die afgelope paar seisoene in die distrik waargeneem. Algemene opmerkings siektebeheer wat effektief toegepas is. Die inisiële lootgroei was stadig weens ’n koel, nat en laat winter en vroeë lente. Te danke aan die matige weerstoestande het die lowers oor die algemeen geiler as normaal gegroei. Weens hewige reënval is wydverspreide vloedskade aan infrastruktuur gerapporteer, hoewel skade aan wingerde beperk was. Buiten drie dae rondom Kersfees, waartydens intense hittepieke aangeteken is, het die distrik geen hittegolwe deur die seisoen beleef nie. Die wingerde en druiwe was deur die hele seisoen baie gesond. Dit kan toegeskryf word aan minder reënval in die groeiseisoen en voorkomende
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 44
Made with FlippingBook - Online catalogs