Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
2023 2024
93
400 467
744 789
1133 1137
152
Geakkumileerde groeigraaddae (Paarl)
1200
1000
800
600
400
200
GGD (basistemperatuur 10 °C)
0
September
Oktober
November
Desember
2023 2024 Figuur PA 1: Jaar-op-jaar vergelyking van geakkumuleerde GGD vanaf September tot Desember (2023–2024).
hoër groeitempo in terme van GGD in die lente van die 2024–2025 seisoen aan, wat tot sterker aanvanklike vegetatiewe groei gelei het. Druif- en wyngehalte
Produksietendense Die pars het ongeveer 7–10 dae later as die vorige seisoen afgeskop, wat as ’n terugkeer na ’n meer normale tyd beskou word. ’n Hoë rypwordingstempo was uit die staanspoor uit gehandhaaf, en Chenin Blanc, Chardonnay, Sauvignon Blanc en Pinotage is relatief vinnig gepars. Merlot, Shiraz en Cabernet Sauvignon was ook op tyd gereed vir pars, en kelders moes bontstaan in die middel van parstyd om al die druiwe tydig in te neem. Teen die later deel van parstyd het die rypwordingstempo weens laer nagtemperature en die invloed van rolbladvirus afgeneem. Op die rug van ’n kleiner 2024 oes, sien die 2025-oesgrootte effe beter daaruit. Pinotage en later rooi kultivars se opbrengste het verbeter, maar Chenin Blanc was ligter weens minder trosse per loot.
Aanvanklike druifontledings was uitstekend, met hoë sure en lae pH-vlakke. Van die later kultivars se trosse moes langer sit sodat die
suikergehalte kon verbeter, en daardie druiwe se sure was gevolglik aan die lae kant. Die druiwe was oor die algemeen gesond en druif- en wynkleur het ook goed vertoon. Wyne toon uitstekende kultivarkarakter en op dié vroeë stadium lyk veral die Chenin Blanc-, Sauvignon Blanc- en Shiraz-wyne besonder belowend. Matige weerstoestande het ’n pragtige, effe groter oes as die vorige seisoen opgelewer, met uitstekende sap- en wynanalises en vars natuurlike sure. – Toit Wessels, Keldermeester, Ridgeback Wines “
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 41
Made with FlippingBook - Online catalogs