Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
FRANSCHHOEK-DISTRIK
WELLINGTON-DISTRIK
Rekordreënval in Julie en genoegsame koue akkumulasie het ’n goeie fondasie vir ’n uitstekende groeiseisoen gelê. Gegewe dat die groeisiklus 10–14 dae later was, tesame met droër toestande tydens die lente, het siektedruk aansienlik verminder in vergelyking met die vorige jaar. Geen seisoen is sonder uitdagings nie en vanjaar was die stormsterk oostewinde in Oktober en die hittepiek in Desember (met gepaardgaande sonbrandskade) noemenswaardig. Beide hierdie uitdagings het egter relatief vroeg in die seisoen plaasgevind en in die meeste gevalle kon die wingerde herstel. Die 2025-seisoen beloof om ’n uitstekende kwalitatiewe oesjaar te wees. vroeë Chardonnay- en Pinot Noir tonnemaat, maak hierdie seisoen een vir die boeke vir Cap Classique produsente in Franschhoek. – Paul Gerber, Keldermeester, Colmant Cap Classique & Champagnes “ Gunstige weerstoestande het die tafel gedek vir ’n uitstekende wyndruifoes in die Tulbagh-distrik. ’n Nat winter het gesorg dat watervoorrade genoegsaam aangevul is, en matige toestande tydens die lente en somer het gesonde wingerdontwikkeling verseker. Die lowers en druiwe was baie gesond en die vroeë kultivars, soos Chardonnay en Pinotage, se produksies het noemenswaardig verbeter. Sommige Chenin Blanc- en Shiraz-wingerde het minder trosse per loot gedra, maar die kwaliteit lyk deurgaans uitstekend. Wynplase in die Tulbagh-vallei het deurgaans beter oeste beleef; sure is uitstekend, en geur- en kleurontwikkeling het op ’n vroeër stadium plaasgevind. – Dirk Swanepoel, Wynmaker en Eienaar, Oude Compagnies Post “ Uitstekende druifontledings, tesame met die herstel van die TULBAGH-DISTRIK
Hoewel siektes beperk was, het sekere trosse wel sonbrandskade tydens die skielike hittepiek oor Kersfees opgedoen. Sauvignon Blanc, Chardonnay, Merlot, Shiraz en Cabernet Sauvignon het almal beter oeste opgelewer, met die uitsondering van Chenin Blanc wat laer opbrengste gerealiseer het. Wyne vertoon op dié vroeë stadium bogemiddeld goed, met prominente kleur en geure.
Kelder “
Die tempo van inname was hectic! – Anton Laas, Wingerdboukundige, Windmeul
Opsomming Die 2025-oesjaar sal onthou word vir ’n goeie voorafgaande winter met voldoende reënval en koue, matige weerstoestande tydens die groeiseisoen (met die uitsondering van die hittepiek oor Kersfees), en koeler nagte tydens die parsseisoen. Hoewel parstyd later begin het, was die later kultivars steeds op dieselfde tyd ryp, wat produsente en kelders in die piektyd van die oes laat bontstaan het. Die druiwe was baie gesond en die ontledings, veral van vroeë kultivars, was eersteklas. Druiwe het sonder veel probleme egalig ryp geword en, in vergelyking met onlangse seisoene, was 2025 beslis een van die beter oesjare.
WELLINGTON HAWEGUA MOUNTAINS
Hanno van Schalkwyk | 083 455 5192 | hanno@vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 42
Made with FlippingBook - Online catalogs