Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
Klimaat- en wingerdkundige tendense
Hoewel droë toestande ná die 2024 oes geheers het, het produsente oor voldoende water beskik om die wingerde behoorlik te besproei
totdat die eerste winterreëns uitgesak het. Die wingerdblare het redelik lank bly sit, wat voordelig was vir die produksie en opbou van reserwe-voedingstowwe in die stokke. Die winter was aanvanklik warm en daar was selfs dae in Junie wat die kwik tot 30 °C gestyg het. Julie en Augustus het welkome reënbuie en koue gebring. Hewige reënneerslae is aangeteken, en as gevolg van hierdie swaar reëns is noemenswaardige skade aan paaie en voorbereide lande waargeneem. Die totale winterreënval was hoër as die langtermyngemiddeld, met veral Julie wat besonder hoë reenvalsyfers aangeteken het. Teen die einde van die winter was die akkumulasie van koue-eenhede selfs meer as die vorige seisoen, wat voldoende vir volledige en egale uitbot sou wees. Met die aanvang van die lente het dagtemperature skerp toegeneem, maar weer gedaal met die laaste kouefronte wat deurbeweeg het. Die nagtemperature was redelik laag, met minimum temperature wat rondom 10 °C gedraai het. Weens die volgehoue koue weerstoestande vanaf die winter tot die vroeë lente, het die wingerde ongeveer 10–14 dae later as normaal uitgebot. Sommige Shiraz- en Chardonnay-wingerde het effe onegaal gebot. Beide die plaasdamme en groot opgaardamme was met die begin van die groeiseisoen op volle kapasiteit. Die grond was ook versadig met water wat onkruidbeheer, veral by laagliggende areas, bemoeilik het. Tydens blom en set het sterk winde deur die wingerde beweeg, wat plek-plek losser trosse veroorsaak het. Vegetatiewe groei was sterk weens die goeie grondwaterinhoud en lote moes gereeld getip word. Hierdie groeiseisoen het produsente gepoog om minder lote in te steek en die blokke oper te boer. Indien dié wingerde vroeg genoeg getip was, was goeie sylootontwikkeling verkry, wat die trosse later in die seisoen beskerm het (Foto PA 1) . Blare is ná set gebreek om verdigting in die trossone te beperk. Temperature was matig tydens die
Foto PA 1: Roussanne met goue kleurontwikkeling en die afwesigheid van sonbrand, weens voldoende blaarbedekking.
groeiseisoen en die eerste intense hittepiek is op 25 Desember aangeteken. Deurslaan was later as normaal, maar weens die koeler nagte was dit heel egalig en kleurvorming baie goed. Tydens parstyd was beide die nag- en dagtemperature effe laer as die langtermyngemiddeldes. Algemene opmerkings het optimale vestiging van dekgewasse belemmer en hoë reënval in Julie en Augustus het bygedra tot onkruidontwikkeling. Hoewel donsskimmel en witroes sporadies voorgekom het, het produsente wat vroeë siekteheerbeheer effektief kon toepas geen probleme ondervind nie. Met die hittepiek oor Kersfees het sekere trosse sonbrandskade opgedoen. Omdat die wingerde nie gewoond was aan sulke hoë temperature nie, en die blootgestelde druiwe nog nie deurgeslaan het nie, is sonbrandskade maklik opgedoen. Weens die sterk groei en gereelde tipaksies, is baie natrossies op sylote gevorm. Dit het addisionele oesbeheer genoodsaak en is saam met vertraagde primêre trosse afgegooi tydens kwaliteitsbeheer. Figuur PA 1 dui die Onkruidbeheer was ’n reuse uitdaging met veral vaal skraalhans en litjiesgras wat moeilik was om te beheer. Die droë na-oestoestande
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 40
Made with FlippingBook - Online catalogs