Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
vanjaar meegewerk om optimale toestande deur die seisoen te bewerkstelling, wat uiteindelik tot goeie produksie gelei het. Druif- en wyngehalte
Druifgehalte en -ontledings was goed te danke aan goeie sure en pH-vlakke. Die sap het goed afgesak en mooi geblink. Sauvignon Blanc
het egter hierdie wynjaar minder groen geure, hoewel ’n goeie balans tussen vars en tropiese geure verwag word. Die gehalte van die rooiwyne lyk belowend. Opsomming Die 2025-seisoen sal onthou word vir goeie reënval in die laatwinter en die besonder lang periode wat sekere laagliggende wingerde onder water was. Dit was ’n laat seisoen met ’n gematigde klimaat gedurende die rypwordingsperiode. Die wyngehalte hou belofte in van ’n besonderse oesjaar vir die Olifantsrivier streek.
Foto OL 1: Goeie vrugset is oor die hele kultivarspektrum waargeneem, soos byvoorbeeld hierdie Colombar trosse net na set naby Vredendal.
Vir die 2025-oesjaar toon die Chenin Blanc- en eerste Colombar-wyne goeie vrug en mondgevoel. – Andries Blake, Hoof- Uitvoerende Beampte, Klawer Wynkelder. “
LOTHIAN VINEYARDS HARVEST
Klaas Coetzee | 082 801 3737 | klaas@vinpro.co.za
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 38
Made with FlippingBook - Online catalogs