Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

Totale aantal blaarnatheidsure: September tot Maart (Vredendal)

2500

2000

1500

1000

Totale aantal ure

500

0

2023/24

2024/25

Groeiseisoen

Figuur OL 2: Jaar-op-jaar vergelyking van totale blaarnatheidsure vanaf September tot Maart (2024–2025).

Siektes en plae

Produksietendense Die 2025-pars het sewe dae later as normaal afgeskop. Dit kan toegeskryf aan die groeigraaddag (GGD) -akkumulasie wat vinnig in September toegeneem het, en verantwoordelik was vir strek aanvanklike vegetatiewe groei. Die GGD-akkumulasie het egter heelwat afgeplat tot en met Januarie, waarna dit onder 2024 se syfers beweeg het. Weens moontlike oordrageffekte van nat lentetoestande en suboptimale primordia ontwikkeling tydens die vorige seisoen, het verskeie kultivars hierdie seisoen minder trosse per loot gedra. Chenin Blanc-wingerde het in die meeste gevalle slegs een tros per loot gedra, met sommige lote wat geen trosse gehad het nie. Colombar het tot drie trosse per loot ontwikkel. Pinotage en Colombar het goed geset en ontwikkel en Sauvignon Blanc was weereens gemiddeld. Kultivars wat bekend is vir swak set, soos Zante Korente, Hanepoot en die Cabernet-familie, het egter vanjaar min gespeen (Foto OL 1) . Voldoende akkumulasie van koue-eenhede, genoegsame watervoorsiening te danke aan ’n vol Clanwilliam-dam, en geringe vloedskade het

Donsskimmel was vanjaar proble maties weens hoë humiditeit in laagliggende en oorstroomde wingerde, en dou in die aande

het verder bygedra tot hoë siektedruk. Vloedwingerde kon ook nie betyds met implemente en spuitpompe bereik word om siekte- en onkruidbeheer effektief toe te pas nie. Produksies van veral laat kultivars, soos Ruby Cabernet en Hanepoot, was negatief deur die donsskimmel-infeksies beïnvloed. Op Kersdag is die streek deur ’n intense hittepiek getref en trosse het erge sonbrandskade opgedoen. Trosse wat nog nie by deurslaan was nie is noemenswaardig hierdeur beskadig, veral op wingerde met noord-suid ryrigtings. Selfs in die koeler, laatrypwordende areas het trosse meer sonbrandskade as normaal getoon. Die Vrugtevlieg-spatprojek toon steeds positiewe resultate en laat Colombar- en Hanepoot-druiwe het groen en gesond vertoon teen oestyd. Vrugtevliegskade is wel opgemerk waar trosse langer gehang het weens ’n groot oeslading of donsskimmelskade op die lowers.

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 37

Made with FlippingBook - Online catalogs