Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

In die parstyd het die reënval periodiek opgehou, wat wingerde tyd gegun het om af te droog. ’n Ligte briesie het verligting gebring en die voorkoms van Botrytisvrot tot einde Februarie vertraag. Dit sou uiteindelik ’n positiewe effek op die tonnemaat hê. Produksietendense Pars het in die tweede week van Januarie afgeskop, gevolg deur ’n stiller periode aan die einde van die maand. Die middel van parstyd was dus in Februarie. Hoë volumes druiwe was vanaf die derde week van Februarie ingeneem en daardie pas is volgehou tot en met die eerste week van Maart. Die wyndruif-inname het teen middel Maart begin afneem en so het die einde van pars aangebreek, met die verwagting om die parstyd in die streek teen 4 April af te sluit. Produsente in die Douglas-area het reeds teen 26 Maart klaar gepars. Die algehele produksie vir die streek het gestyg, hoewel vroeë kultivars, soos Chardonnay, Sauvignon Blanc en Irsay Oliver, laer opbrengste behaal het. Cabernet Sauvignon het nie besonderse produksie behaal soos die ander rooi kultivars nie, waarskynlik weens die ouderdom van dié wingerde. Later kultivars, soos Chenin Blanc, Colombar, Shiraz en Ruby Cabernet in besonder, het goeie oeste gelewer.

Foto NK 1. ’n Voorbeeld van die impak van haelskade aan een kant van die lower tydens rypwording.

Druif- en wyngehalte

Druifontledings het goeie sure getoon, terwyl die pH-vlakke hierdie seisoen redelik hoog was. Ontydige reënbuie en hael tydens parstyd (Foto

NK 1) het die gehalte van die witwyne nadelig beïnvloed in terme van laer suikervlakke in die middel van die seisoen en vrot aan die einde van die seisoen. Die sapverhaling was hoër as normaal. Die rooi kultivars het beter kleur gelewer teenoor die vorige seisoen ondanks ’n hoër tonnemaat. Die rypwordingstyd was, weens die hoër oeslading hierdie jaar, effe later as normaal. Opsomming Die Noord-Kaap-wynstreek het in 2025 uitsonderlike oeste gelewer met bogemiddelde opbrengste vir alle kultivars oor die streek heen – vanaf Augrabies tot by Douglas en Prieska. Onder die wit kultivars het Chenin Blanc en Colombar die grootste bydrae tot die oes gelewer, en Shiraz en Ruby Cabernet was die rooi kultivars wat die beste produksies gelewer het. Die wingerde het ’n swak rusperiode in die winter beleef met gereelde hittegolwe, hoewel maksimum temperature nie so hoog was soos die vorige seisoen nie. Bot was egter net 3–4 dae later as normaal en set was goed met ’n beperkte voorkoms van hen-en-kuiken vrugset (millerandage). Deurslaan het teen die

Op Lowerland was dit ’n fenomenale seisoen, en eerste keer in 12 jaar wat die ryp en die hael ons gemis het. Die weer was besonders koel in Januarie en Februarie, met die reën wat ons aan die einde gevang het tydens die Tannat-oes, so teen middel Maart. – Bertie Coetzee, Eienaar, Lowerland Landgoed, Prieska

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 33

Made with FlippingBook - Online catalogs