Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

Klimaat- en wingerdkundige tendense

vir besproeiing gehad omdat hulle die seisoen met vol damme begin het. Algemene opmerkings

Wingerdblare het vroeg ná die voltooiing van pars geval weens laat donsskimmeluitbrake wat veroorsaak is deur die hoë reënval in Maart en

Die droë groeiseisoen het gelei tot lae swamsiektedruk. Hierdie gunstige weer, tesame met effektiewe voorkomende siektebeheer, het

April. Die reënval vir Mei en Junie was laer en die aanvanklike wintertemperature was heelwat hoër as normaal. Vanaf middel Julie het die reënval toegeneem en die totale neerslag vir die seisoen was eindelik hoër as die langtermyngemiddeld. Temperature het ook vanaf middel Julie skerp gedaal en die Klein-Karoo het ’n koue, laat winter beleef. Die hoeveelheid koue-eenhede was voldoende vir die opheffing van dormansie en dit was nie nodig om enige rusbrekende middels toe te dien nie. Die laat reënval kon besproeiingsdamme voldoende aanvul en produsente het genoeg water vir besproeiing gehad. Die koue, laat winter het bot vertraag en wingerde het twee tot drie weke later as normaal gebot. Die wingerde het goed en egalig gebot, maar die inisiële lootgroei was stadig. Die aanvanklike groei was traag weens die koue en nat gronde in die vroeë lente, maar soos die temperature toegeneem het, het die vegetatiewe groeitempo ook aansienlik toegeneem. Die wingerde het uiteindelik geiler as normaal gegroei en was ook meer egalig as normaal. Te danke aan die later uitbot het die meeste blokke wydverspreide ryp op 28 Augustus vrygespring en geringe rypskade was gerapporteer. Blom en set was gevolglik ook later en wingerde het in meer gunstige toestande geblom. Set was ooglopend beter as in die vorige groeiseisoen. Deurslaan het een tot twee weke later as normaal plaasgevind, maar die periode het langer geduur en baie ongelykheid was opgemerk. Die vroeë kultivars was een tot twee weke later ryp as normaal en die laat kultivars het meestal volgens normale tye ryp geword. Hoewel min reënval in die groeiseisoen voorgekom het, het produsente genoeg water

gesonde lowers en druiwe tot gevolg gehad. Hoewel minimale rypskade gerapporteer is, het hael in die Montagu-area by enkele produsente skade veroorsaak (Foto KK 1) . Beperkte oesverliese was gerapporteer, maar omdat die hael voor deurslaan plaasgevind het, was daar nie enige verdere verliese weens vrot nie, en kon druiwe op die gewenste suikergraad gepars word. Die Ladismith-area het ook onder hael deurgeloop in parstyd. Oesverliese was by sommige produsente aangeteken en beskadigde druiwe moes noodgedwonge gepars word om verdere verliese te voorkom. Die oesverliese was uiteindelik minder as wat aanvanklik verwag was. Die parstyd was droog, wat bygedra het tot gesonde druiwe en lowers, en goeie suikerakkumulasie. Swaar reënval laat in Maart het Botrytisvrot in sommige blokke veroorsaak. Oesverliese was egter weglaatbaar min omdat die druiwe reeds ryp was en onmiddellik gepars kon word.

Foto KK 1: ’n Voorbeeld van die haelskade wat voor deurslaan in Montagu opgemerk is. Hoewel die lower noemenswaardig beskadig is, was die impak op die oesgrootte minimaal.

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 28

Made with FlippingBook - Online catalogs