Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

CONSTANTIA-WYK

Koeler gemiddelde minimum temperature in Julie en Augustus het gunstige toestande vir ’n goeie winterrusperiode geskep. ’n Laer voorkoms van sterk winde gedurende die eerste deel van die groeiseisoen was voordelig vir groei en blom, en temperature was ideaal vir ’n kultivar soos Sauvignon Blanc. Daar was nie ’n enkele dag met temperature bo 33 °C aangeteken nie. Produsente verwag, net soos laas jaar, goeie dog gemiddelde produksies oor die kultivarspektrum heen. Geen noemenswaardige reënval is in Februarie en die eerste deel van Maart aangeteken nie, wat tot ideale toestande tydens rypwording en parstyd gelei het. Daar het wel goeie reëns in Desember uitgesak, net voor die kritieke deurslaanperiode, wat produksie ’n hupstoot gegee het.

DURBANVILLE-WYK

Hoewel die winterseisoen laat aangebreek het, kon die wingerde voldoende koue-eenhede opbou. Augustus se nagtemperature was meer as 2 °C koeler as die vorige seisoen. Dit het gunstige toestande vir ’n kultivar soos Chardonnay geskep, wat neig tot onegalige bot weens suboptimale koue toestande. Die wyk het 20 mm reën in Desember aangeteken, wat ideaal was vir die droëlandwingerde. Daarna het die reën weggebly, wat beteken het dat siektedruk laag was en druiwe gesond gebly het tot parstyd. Wat egter hierdie seisoen in die Durbanville wyk uitgestaan het, was die volgehoue koeler somertemperature wat in skreie kontras was met die vorige seisoen. Produsente spog hierdie oesjaar met van die beste druifontledings nog. Die 2025-oesjaar se Durbanville-wyne sal beslis beïndruk wanneer hulle die mark bereik.

LOTHIAN VINEYARDS

Gert Engelbrecht | 072 152 4028 | gerte@vinpro.co.za

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 26

Made with FlippingBook - Online catalogs