Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

Druif- en wyngehalte

Opsomming In die Kaap Suidkus-streek, bekend vir humiede groeitoestande en ge paardgaande uitdagings, is ’n droë somer altyd goeie nuus vir wyndruifprodusente. Hierdie seisoen was produsente verder geseën met genoeg watervoorrade en matige weerstoestande met min der bewolkte dae om puik rypwordings toestande te verseker.

Laer humiditeit en somerreënval met matige temperature, veral in Januarie, het gesorg vir uitstekende toestande tydens die

rypwordingsperiode. Suikerakkumulasie was goed en goeie suur- en pH-vlakke was deur verskeie produsente uitgelig. Uitstekende kleur by die rooi kultivars (Foto KSK 3) en volop kultivarkarakter by Sauvignon Blanc-wyne was ook deur die bank gerapporteer.

ELGIN-DISTRIK

HEMEL-EN-AARDE-VALLEI-WYK

Die produsente het gemengde produksie tendense gerapporteer, veral vir die vroeë kultivars. Soos die seisoen gevorder het, het produksie verbeter en ’n geringe toename in opbrengste was verwag. Die kontras tussen die warm 2024- en koeler 2025-seisoen is veral opmerkbaar in die Elgin-distrik. Februarie se droë toestande het gesonde druiwe verseker en rypwording het ideaal verloop. Uitstekende druifanalises en geurvorming was verkry weens oorwegend matige temperature, met die kwik wat deur die verloop van die seisoen slegs enkele dae bo 33 °C gestyg het.

Goeie na-oes- en winterreëns en voldoende opvolgreëns in die lente het ideale toestande geskep vir optimale vegetatiewe groei, en het ook vir voldoende watervoorrade gesorg. Versuiptoestande was grootliks vrygespring omdat die lentereëns nie so oorweldigend soos die vorige seisoen was nie. Hoewel temperature getrou was aan die langtermyngemiddeldes, het Januarie egter afgewyk van die norm met koeler maksimum temperature. Februarie was baie droog, wat rypwording bevorder het en vir lae siektedruk gesorg het. ’n Marginale toename in oesgrootte en uitstekende wyngehalte word verwag.

RIJK’S

Gert Engelbrecht | 072 152 4028 | gerte@vinpro.co.za

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 21

Made with FlippingBook - Online catalogs