Vinpro Tegniese Oesverslag 2025

Produksietendense Die aanvang van oestyd in die Kaap Suidkus-streek was met ongeveer twee weke vertraag weens koeler weer as die vorige seisoen. Produksie van die vroeë kultivars, Pinot Noir en Chardonnay, het gevarieer tussen produsente en wyke. Opbrengste was na aan normaal, en die druiwe was gesond en van goeie gehalte. Soos die oes gevorder het, het die middel en laat kultivars, soos Sauvignon Blanc en Shiraz, beter produksie gelewer en oesdatums was getrou aan die norm. ’n Geringe verbetering op 2024 se lae produksie word verwag (Foto KSK 2) . Die koel rypwordingsperiode het nie net gelei tot egalige rypwording nie, maar ook uitsonderlike pH- en suurvlakke in die sap en wyne wat sorg vir vars, skoon en intense geure en ’n lewendige palet, tesame met goeie kleur en verouderingspotensiaal van die rooiwyne. – Johann Fourie, Wynmaker en Keldermeester, Benguela Cove

Foto KSK 1: Besonderse sterk vegetatiewe groei opgemerk in ’n Shiraz-blok in die Agulhas-wyndriehoek.

Foto KSK 2: Voorbeeld van ’n gesonde Chenin Blanc-tros in die Agulhas-wyndriehoek. Hierdie kompakte trosse verhoog dikwels die vrotrisiko, wat minimaal was tydens 2025.

Foto KSK 3. Gesonde Shiraz-druiwe met uitstekende kleurontwikkeling, geoes in Maart 2025 in die Elgin-distrik.

VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 20

Made with FlippingBook - Online catalogs