Vinpro Tegniese Oesverslag 2025
sekere produsente se besproeiingsvermoë onder druk geplaas het en tot korreldehidrasie in ongebufferde wingerde gelei het (Foto BK 1) . Ondanks hierdie uitdaging, was die druiwe hoofsaaklik gesond en byna geen Botrytisvrot is aangeteken nie.
“
“Die Pinotage het vanjaar baie mooi ingekom en lyk veral baie belowend.” – Michiel Visser, Senior Wynmaker, Botha Kelder
Produksietendense In die Breedekloof-distrik het parstyd soos normaal teen die begin van Februarie ’n aanvang geneem, met die Sauvignon Blanc-druiwe wat eerste ingeneem is. Beide Chenin Blanc en Pinotage was ’n week later as normaal gereed vir die parskuipe. Die middel en laat kultivars is op hul normale datums gepars. In vergelyking met die 2024-oesjaar is die opbrengste in 2025 hoër, met die uitsondering van Chenin Blanc wat effe kleiner opbrengste as in 2024 gelewer het omdat daar minder trosse per loot was. Chardonnay en Pinotage se produksie is hierdie oesjaar noemenswaardig hoër as die vorige jaar, vernaam omdat dié kultivars swaar onder ryp deurgeloop het en swak produksie in 2024 gelewer het. Pinotage- en Sauvignon Blanc-druiwe het goed en vinnig optimale suikervlakke bereik, maar die later kultivars se rypwording was tydsaam.
Druif- en wyngehalte
Druifontledings van Chenin Blanc, Sauvignon Blanc en Chardonnay was bevredigend, met indrukwekkende primêre geure. Van die Colombar
druiwe het effe hoër as normale pH-ontledings opgelewer. Die sap van die vroeë rooi kultivars het goeie kleurontwikkeling getoon. Wat die gemiddeld-presterende wingerdblokke van die middel en later rypwordende rooi kultivars betref, is die kleur effe ligter as in 2024, hoofsaaklik weens klimaattoestande en die herstel van opbrengste tot lewensvatbare produksie. Die jong wyne van die topklas uitsoekblokke het goeie kleur (Foto BK 2) en beloof uitstekende gehalte.
Foto BK 1: Trosse wat korreldehidrasie en inkrimping vertoon, hoofsaaklik weens tydelike ondervoorsiening van besproeiingswater. Breedekloof, Februarie 2025.
VINPRO TEGNIESE OESVERSLAG 2025 16
Made with FlippingBook - Online catalogs