La Rochelle 2021

D I E N S K L U B S

Noodhulp

N o o d h u l p VOOR: Cariena Kleynhans, Sunè Smit, Mieke Siebritz (Voorsitter), me. Monika Burger (Koördineerder), Emma Walters (Ondervoorsitter), Pippa Strydom, Amy Jacobs MIDDEL: Anique Mouton, Maja Thorpe AGTER: Anna Louwrens, Stephanie Du Toit, Cara Pieters, Charlie Engelbrecht, Kristi Vienings, Nicola Rossouw

NOO D H U L P

E k w a s h i e r d i e j a a r b e v o o r r e g o m d i e v o o r s i t t e r v a n d i e n o o d h u l p s p a n t e w e e s . Na al die onsekerheid van 2020 was almal baie opgewonde om in 2021 terug te keer na “normaal”. 2021 was egter byna meer onvoorspelbaar as 2020. Nes ons gedink het alles begin terug keer na normaal en dat sport weer kon aangaan, het Covid weer die sportplanne in die wiele gery. Die jaar het begin met opeenvolgende geskeduleerde wedstryde – veral die nuwe astro het die

noodhulpspan behoorlik besig gehou. Aangesien daar verlede jaar nie gereelde wedstryde was nie was die span baie opgewonde om die kans te kry om weer noodhulpdiens te doen. Ongelukkig het Covid-19 ander planne gehad en alle wedstryde is later die jaar weer skielik gekanselleer. Ondanks die terugslae en onsekerheid het die noodhulpspan, in my oë, steeds ’n baie suksesvolle jaar gehad. Meer as 40 mense het hierdie jaar die noodhulpkursus bygewoon en die vier geleenthede vir bloedskenk het vrugte afgewerp. Nuwe skenkers het met groot opwinding aan die “blood drives” deelgeneem ten einde lewens te red. Die hele span het ook saamgewerk om die siekeboeg by die skool oor te verf en mooi te maak. Alhoewel die jaar nie verloop het soos ons beplan het nie het ons steeds die beste van elke oomblik gemaak en is ek trots op hoe betroubaar die span was. Met elke wedstryd was ons noodhulptassies betyds gepak en julle was baie paraat met die maak van plakkate vir bemarking. Ek kan met trots sê: “Die noodhulpspan was altyd flink, vinnig en absolute staatmakers”. Voorspoed vir die noodhulpspan van 2022. Mag julle ’n jaar vol wedstryde, entoesiasme en spanwerk ervaar. Mieke Siebritz (Voorsitter)

54

Made with FlippingBook Digital Publishing Software